Die bod
het gesluit om 11:00 op 21 November 2004. Dankie aan almal wat deelgeneem
het!
Koop 'n stuk geskiedenis
Ons Sestigers – André P Brink, Hennie Aucamp,
Dolf van Niekerk, Chris Barnard, Abraham H de Vries en Elsa Joubert –
is lewende legendes. Die Beweging van Sestig het die Afrikaanse literatuur
'n nuwe era laat betree. Jy kan nou 'n stuk geskiedenis joune maak deur
te bie op handgeskrewe tekste, neergepen deur die Sestigers self. Elke
skrywer is gevra om op duursame papier uittreksels van sy of haar werk
te skrywe – hul geliefkoosde paragrawe. Hierdie werk word dan spesiaal
gemonteer, sodat die koper dit kan raam.
Die opbrengs van hierdie veiling vorm
deel van 'n LitNet-fondsinsamelingsveldtog - sodat ons 'n nog beter
diens aan ons lesers kan bied.
Ondersteun LitNet, huldig ons lewende legendes en stuur jou bod
nou. |
Almal
wat 'n bod instuur kom in aanmerking daarvoor om hierdie Montblanc-pen
ter waarde van R1 800 te wen.
Klik op die prentjie om te sien watter
skrywers al hierdie pen gebruik het om hul bydraes mee te skryf. |
Die bod het gesluit om 11:00 op 21 November
2004. Dankie aan almal wat deelgeneem het!
Hoe gemaak?
Elke skrywer lewer twee afsonderlike en verskillende tekste.
Een teks word individueel opgeveil en jy kan dus daardie teks alleen koop.
Niks verhoed jou egter om op al ses individueel te bie nie! Dieselfde
skrywer se tweede teks word net as deel van die reeks van ses opgeveil.
Hier moet jy dus ses tekste saam koop, en daarmee word jy 'n stel van
ses ryker. Van elke skrywer bestaan daar dus net twee handgeskrewe,
oorspronklike tekste, wat jou stukkie geskiedenis des te meer waardevol
en uniek sal maak!
Wanneer die veiling afgehandel is, sal 'n baie beperkte aantal afdrukke
aan die publiek beskikbaar gestel word. Maar jy kan die eienaar van die
outentieke, oorspronklike handskrif word.
Dus:
A. Een veiling waar bydraes individueel verkoop en op gebie kan word.
B. Een veiling waar die reeks van die ses skrywers se (ander) tekste as
eenheid verkoop word en waarop gebie kan word.
Daar is dus 7 opsies om op te bie.
Opsie
A:
Klik op so 'n blokkie om die stukke
in die reeks te besigtig.
|
Opsie
B:
Klik op so 'n blokkie om die individuele
stukke te besigtig.
|
E-pos
om te bie:
Klik op so 'n blokkie om jou bod
te stuur.
|
|