|  Elsabé 
      Antoinette Murray Steytler (Elsa Joubert) is op 19 Oktober 
      1922 in die Paarl gebore. Sy behaal ‘n BA en ‘n SOD (Sekondêre 
      Onderwysdiploma) aan die Universiteit van Stellenbosch, 
      sowel as ‘n Meestersgraad in Afrikaans-Nederlandse letterkunde aan 
      die Universiteit van Kaapstad. Sy was eers onderwyseres, 
      toe ‘n joernalis by Huisgenoot, en later 
      voltydse skrywer.  Die swerfjare van Poppie Nongena 
        het reeds in 13 verskillende tale verskyn en is in 2002 aangewys as een 
        van die 100 beste romans uit Afrika gedurende die 20ste eeu. Die roman 
        het drie toekennings ontvang: die WA Hofmeyr-, die 
        Louis Luyt- en die CNA-prys. Ook is 
        die Winifred Holtby-prys van die British Royal Society 
        in 1981 aan haar toegeken en het sy 'n Fellow van die Society 
        geword. 
       Sy is as skrywer internasionaal bekend en haar bydraes 
        tot die Suid-Afrikaanse letterkunde is met die belangrikste literêre 
        toekennings bekroon: 
       Ons wag op die kaptein — Eugène 
        Marais-prysBonga — CNA-prys
 Die reise van Isobelle — WA Hofmeyr-prys, Hertzog-prys
 |