 Chris 
      Barnard is op 15 Julie 1939 op Mataffin in die distrik Nelspruit 
      gebore. Hy behaal ‘n BA aan die Universiteit van Pretoria 
      en word daarna ‘n joernalis. Hy was werksaam by koerante en tydskrifte 
      wat Die Vaderland, Dagbreek & 
      Sondagnuus, Die Brandwag en Huisgenoot 
      insluit. Daarna was hy uitgewer en sedert 1978 betrokke by die filmbedryf 
      as draaiboekskrywer en filmvervaardiger.

       Sy bydrae tot die Afrikaanse letterkunde is monumentaal en word gekenmerk 
        deur veelsydigheid: poësie, romans, 
        novelles, rubrieke, jeugverhale, 
        kortverhale, draaiboeke en radiodramas. 
        Hy het verskeie pryse ontvang en is onder meer twee keer met die gesogte 
        Hertzog-prys bekroon. 
      
Wat rolprente betref is Barnard en sy vrou Katinka Heyns veral bekend 
        vir Die storie van Klara Viljee en Paljas. 
      
 Hy woon langs die Hartbeespoortdam en boer sedert 1994 deeltyds met 
        lemoene en makadamianeute op Thulani.