|  Hennie 
      Aucamp is op 20 Januarie 1934 in Dortrecht, Noordoos-Kaapland gebore. 
      Hy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch, waar 
      hy die volgende kwalifikasies behaal: BA, SOD, MA en DEd. Hy het ook in 
      België en New York studeer. Aucamp 
      was tot sy uittrede in 1994 aan die Universiteit van Stellenbosch 
      verbonde.  Toekennings op skryfgebied sluit onder andere die volgende 
        pryse in: Tafelberg-prys (1970); WA Hofmeyr-prys 
        (saam met Chris Barnard, 1974); ATKV-toneelprys (1980); 
        Hertzogprys (1982); Fleur du Cap-prys 
        vir die beste inheemse toneelteks van die jaar (1987); Recht Malan-prys 
        (1997).  
        Aucamp verwerf bekendheid as akademikus, 
        dramaturg, kaberet- en kortverhaalskrywer, 
        en digter. Hy lewer deur die jare ‘n magdom bydraes 
        op hierdie onderskeie gebiede. 
       Vroeër vanjaar het die boek ‘n Skrywer 
        by sonsopkoms by African Sun Media verskyn, ter viering 
        van Aucamp se sewentigste verjaarsdag.  |