Hennie
Aucamp is op 20 Januarie 1934 in Dortrecht, Noordoos-Kaapland gebore.
Hy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch, waar
hy die volgende kwalifikasies behaal: BA, SOD, MA en DEd. Hy het ook in
België en New York studeer. Aucamp
was tot sy uittrede in 1994 aan die Universiteit van Stellenbosch
verbonde.
Toekennings op skryfgebied sluit onder andere die volgende
pryse in: Tafelberg-prys (1970); WA Hofmeyr-prys
(saam met Chris Barnard, 1974); ATKV-toneelprys (1980);
Hertzogprys (1982); Fleur du Cap-prys
vir die beste inheemse toneelteks van die jaar (1987); Recht Malan-prys
(1997).
Aucamp verwerf bekendheid as akademikus,
dramaturg, kaberet- en kortverhaalskrywer,
en digter. Hy lewer deur die jare ‘n magdom bydraes
op hierdie onderskeie gebiede.
Vroeër vanjaar het die boek ‘n Skrywer
by sonsopkoms by African Sun Media verskyn, ter viering
van Aucamp se sewentigste verjaarsdag. |