Chris Heymans is geskool in Politieke Studies en Ekonomie en spesialiseer as n privaat konsultant in institusionele ontwikkeling, openbare bestuur, plaaslike regering en politieke analise. Hy vorm deel van n groep onafhanklike ontwikkelingskonsultante, McIntosch Xaba & Associates (MXA), adviseer regeringsdepartemente, plaaslike owerhede, internasionale donateurs en ontwikkelingsagentskappe en skryf gereelde opiniestukke in die pers. Hy was voorheen beleidsbestuurder by die Ontwikkelingsbank van Suidelike Afrika, waar hy in 1998 stigter-redakteur was van die eerste DBSA Development Report: nou n tweejaarlikse Suid-Afrikaanse publikasie geskoei op die lees van die bekende World Development Report en Human Development Index. Vroeër was hy by die Stedelike Stigting en in die akademie, as dosent by die universiteite van Stellenbosch, Kaapstad, Wes-Kaapland en Rhodes. In 2000 en 2001 was hy redakteur van die Nasionale Tesourie se Intergovernmental Fiscal Review.
|