Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.


Die plan

LitNet stuur twee studente op 'n taaltoer deur ’n paar dele van die land om op voetsoolvlak met sprekers van Afrikaans te gesels. Henry Cloete en Piet le Roux, twee studente van die Universiteit van Stellenbosch, se toer het op Maandag 26 Junie begin. Tien dae lank gaan hulle dele van Suid-Afrika platry en vrae oor die taal vra aan al die Afrikaanspraters wat hulle teëkom – op plase, in kroeë, op straat en selfs in die myne. LitNet sal elke dag ‘n verslag met foto’s van hul reis publiseer.

Die rede

Dertig jaar gelede, Junie 1976, het die geskiedkundige Soweto-opstande teen Afrikaans as onderrigmedium plaasgevind. Afrikaans as taal was niks meer as simbool van onderdrukking nie. In 2006 is die koerante vol van debatte, besprekings en bowenal bakleiery oor Afrikaans.

Buite die klein sfeer van akademici en literati wat hul mooi uitgewerkte opinies in die brieweblaaie uitdruk, is daar 'n magdom Afrikaanssprekendes wat niks met die debat uit te waai het nie. Wat is die simbool van Afrikaans buite die Stellenbosch-kwessie? Wie stel nog daarin belang om Afrikaans te wees en hul kinders in Afrikaans groot te maak? Is dit enigsins 'n opsie?

Wat wil Henry en Piet hierdeur bereik?

“Die waarde lê vir ons as Afrikaanssprekendes daarin om ons mense te herinner dat Afrikaans nie net Stellenbosch is nie, maar bestaan byvoorbeeld waar 'n moeder steeds kilometers te voet aflê om water vir haar gesin te gaan haal; waar sakemanne onderhandel; in winkels en in myngate. Waarom? Ons mense verloor maklik perspektief ... Hierdie tog is nie bedoel om 'n konkrete bydrae tot die taaldebat te lewer nie, maar om op kwalitatiewe wyse te kyk na wat Afrikaans vandag simboliseer.”

Die toer

Van Stellenbosch af beoog Henry en Piet om te reis na die Weskus, Springbok en Garies, Kimberley en Johannesburg, tot in Soweto met sy drie ATKV-takke. Hulle reis daarna na Bloemfontein, die Ooskus en Suid-Kaapland, en terug na Kaapstad.

Lees ook Wie, wat en waar, wil Maties oor Afr weet in Rapport van 25 Junie.

Lees Die Burger se verslag: Maties soek deur land na Afrikaans

Lees meer oor die Taaldebat

 


Henry Cloete
Henry Cloete

Henry is gebore in die herfs van 1984 op Stellenbosch. Hy doen tans sy honneurs in Sielkunde by Maties. Hy is impulsief en speel kitaar.


Piet le Roux
Piet is besig met sy vierde jaar BComm by Maties. Die klasse vind hy leersaam, maar tog soms sleurend wanneer dit bots met opwindende sake soos die Taalbeleid en Afrikaans.


Dag een
Stellenbosch - Koekenaap

Dag twee
Koekenaap - Springbok

Dag drie
Springbok - Kathu

Dag vier
Kathu - Kimberley

Dag vyf
Kimberley - Pretoria

Dag ses
Pretoria–Soweto–Bloemfontein

Dag sewe en ag
Bloemfontein - Beaufort-Wes

Dag nege
Beaufort-Wes - George

Afsluiting
George - Stellenbosch


 



LitNet: 6 Julie 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.