Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

Dag 5: Kimberley - Pretoria

Dit is erg om tegnologies vertraagd te voel in dorpe soos Kuruman en Kimberley. Elke maal moes plekkies van waar ons aflaai en e-pos, nog spesiaal ’n stiffie-drywer in hul rekenaars insit sodat ons van ons laptop kan aflaai. In Kimberley kondig die bordjie buite die IT-plek aan: “Computer Sales. Training. IT-services.”Binnekant die plek is dit ’n ander storie op die rekenaarskerms: “My Netwerk Plekke.” “Internet verkenner.” Die jong man wat die plek bestuur, dra ’n swart leerbaadjie en wit tekkies, en smul aan ’n kerriebroodjie. Is hy die leier van ’n nuwe kulturele revolusie?

“Ek was bored toe ons moes stock take.”

O. Miskien volgende keer.

“Ek is verlief op die kind” van Lochner de Kock en Richard van der Westhuizen weerklink in die klein, tegnologie-belaaide kamer. Dit word opgevolg deur Nicholis Louw se kermende gedoef-doefery en iets van “Jy’s nou hier in my hart”,ensovoorts. Die situasie som iets van Afrikaans gans te akkuraat op, op ’n hartseer soort manier.

Langs die pad tussen Kimberley en Potchefstroom is al wat hoër as drie meter is, die kabelpale en ongeveer twee koppies. En sekerlik ’n paar verveelde plaaswerkers en -tieners.

By Christiana is tandvlekke om die pad. Roet – dit het onlangs nog gebrand.
Soos ons Wolmaransstad nader, lei Pink Floyd ons in met “Us and Them”. Ek weet hoekom – hier, soos amper oral in Suid-Afrika – word Ons-En-Hulle Arm-en-ryk, wat ook al jy wil, ook met kilometers geskei. Ek sien van ver af ’n figuur wat die veld oorsteek op pad middedorp toe; dit lyk of hy mankerig en slinks op iets afsluip. Nader gekom kan ek uitmaak: dit is twee seuns, beide in swart geklee, wat mekaar abba.

Parallaksfoute.

 

  • Potchefstroom – Ons en hulle, strooitjiepapier, Uitkommers  en ’n Lotto-wenner

 

De Wet is ’n  sesdejaar-teologiestudent en voorsitter van die Studenteraad op Potchefstroom. Sy meisie, Janine, was self twee jaar terug ’n SR-lid.

De Wet & Janine“Kyk, 98 persent van ons studente is Afrikaanssprekend. Ons moet niemand ontneem van die taal waarin hy graag wil swot nie – hulle word geakkommodeer, daar word reëlings getref.”

De Wet se meisie se water is lankal op; sy druk-druk met haar strooitjie op die suurlemoen en ys, die ongevraagde rommel. ’n Fronsie verskyn tussen haar netjiese wenkbroue. “Taal is nie ’n ding waarmee mense bond nie, dis ook nie ’n barrier nie. Ons moet mekaar kan verstaan, maar dit kom tog vanself.”

De Wet gesels weer: “Ons taalombudsvrou … ’skuus, ombudsman, maar sy’s ’n vrou … sê ook dat twee persent van die universiteit se begroting in tolk- en taaldienste ingaan. As ons dit in ons land kan doen, sal ons land volledig meertalig kan wees.”

Die meisie kyk nou weer weg. Sy’t die strooitjie laat vaar en bemoei haarself tans met die oor-en-oor frommeling en herfrommeling van die strooitjiepapier. Sy stel dit: “Taalklasse is stupid, want dan sê jy vir hulle hulle moet deel word van jou kultuur. Dit begin by hulle, nie by jou nie. Jy raak eers deel van die groep, dan leer jy Afrikaans praat.”

De Wet vertel van “anderskleuriges” op die SR, en die fantastiese manier waarop hul bestuur dit sien kom en hanteer het. Afrikaanse studente is ook nie polities georiënteerd of ingestel nie; hul wil maar net klaar swot en genoeg kan kuier. Almal is glo gemoedelik op die kampus, en kom  oor die weg. Blankes. Pampoenboere. Kleurlinge en hul “bashes”. Swartes van orals. Ons en Hulle.

Johan, Johannes & SimonEk het ’n gevoel daar’s ander gedagtes oorkant die pad. Die Kaap het my geleer om Engels te praat met karoppassers, maar op Potchefstroom word ek hard en duidelik gewys op my aannames. “Nou laat ons praat,” sê Johannes, ’n Xhosa-sprekende met ’n helse glimlag. Sy taal wissel soos hy homself duideliker wil maak. “Afrikaans is nie jóú taal nie. Dis my taal ook. Hierso in die South African gebore, Afrikaans is ook my taal. Jy moet my net so ’n bietjie beduidelik hier en daar, as ek nie verstaan.” Simon, een van die ander oppassers, sit eenkant en luister. Johannes praat voort: “Dit is die uitkommers, die mense van die ander Afrika-lande, hulle verstaan nie hoe dit is hier nie. I am an African, you are an African. Ons is in South African gebore, jy is my broer. Die colour,” hy wys na sy regtervoorarm met sy linkerhand, “maak nie meer saak nie. Diep in my hart, I know myself. En jy ook.”

Nog ’n oppasser, John, kom nader gedraf nadat die Mercedes-tannie haar fooi betaal het. Hy val half uitasem weg: “Kan jy nie die papers vertel nie, man, hulle’t die toilets toegemaak daar, die municipality, nou al lank terug. Ons werk heeldag hier, ons kan nêrens pis nie, nie sit nie. Kry dit uit by die municipality, please man, skryf dit neer!”

“I want to say something to you,” roep Simon, ewe skielik opgewonde. “I do not like the Afrikaans. In the past, the government, they made us learn the Afrikaans. It was nothing we wanted, it’s what they wanted! If you ask me to do something for you, I will do it. If you tell me to do something, I will not like it, I will hate it!” Hy slaan sy vuis stadig af deur die lug, verby sy knie. “I take Afrikaans as an African language, but because of those days, I do not like it.” Simon spring op en hardloop nader aan ’n student wat sy kar oopsluit.

Johannes skud sy kop en glimlag. “I cannot take his standpoint. I cannot agree. But he told you so, I told you so …” en hy haal sy skouers op. “Maar luister, kan jy nie Maandag terugkom nie, ek het ’n tandpyn nou, man, ek kan nie lekker praat nie. En as my oor ’n wind kry, dan pyn hy ook hier” (hy wys na sy kies).

“En dan hoor jy ook nie lekker nie,” lag John.

“Praat jy met die mense wat Lotto gewen het? Want ek is een!” roep Godfrey soos hy nader kom. Hy kom vinnig die trant van die gesprek agter. “Me, Godfrey, I am the creator of anti-anti-language! ’n Rainbow het sewe kleure, but there’s colours you can’t see. Ja, miskien was Afrikaans in beheer in apartheid, maar Afrikaans is ook De Klerk en Madiba! Dit het verander, nou. Jy moet die Afrikaans nie kanselleer nie, maar nie compulsory maak nie. Nooit compulsory maak nie!”

Simon is terug. Sy oë sê jou dat hy nog baie het om te sê, maar dat hy dit nie sal sê nie.

“Honderd rand vir ’n foto.” Johannes lag. “Hierdie man,” en hy klap aan sy bors, “is duur.”

“Onthou van die toilets, sit dit in die paper! Jy moet foto’s neem daar! Onthou nou!”

Ek hoop ek onthou.

  • Pretoria – Patricia Lewis, Amerikaanse bere en O’Hagans

Die luislang van die N1 of iets lei ons in Die Wilgers se rigting. Elisna, wêreldklas-oudsonopper, neem ons in. Sy stop die aand ’n stuk papier in my hand. “Jammer vir die spelfoute.”

Ek lees: Ek is die nuwe Afrikaaner. Die ou Afrikaaner. Ek is maar net ’n Afrikaaner. Ek is oud genoeg om die ou geskiedenis van my volk te geleer het, maar ook jonk genoeg om dit in perspektief te leer ken. Ek is die jong afrikaaner wat sukkel om in Afrikaans te skryf en spel. Ek is die jong afrikaaner wat my taal vieslik meng en nastreef na die “American Dream” en sushi is my gunsteling dis. Ek is die jong afrikaaner wat klubs toe gaan, dans op rave en vir wie gay ’n onopletbare label is. Ek is die jong Afrikaaner wat kan sokkie saam met ’n karoo boer en vingers vleg met ’n rooinek onder die straat ligte van Victoria straat. Ek is die jong Afrikaaner wat die stem se woorde net halfpad ken, maar tog smag na Langenhoven se volle woorde. Ek is die jong Afrikaaner wat kerk toe gaan. Ek is die jong Afrikaaner wat ten gunste is van seks voor die huwelik. Ek is die jong Afrikaaner wat ten gunste is van seks. Ek is die jong Afrikaaner wat swart vriende het. Ek is die jong Afrikaaner wat sê “Fokof kaffir”. Ek is die jong Afrikaaner wat neerkyk op Afrikaanse pop en Patricia Lewis in haar moer stuur, maar sy sing in Afrikaans en ek in engels. Ek lees my bybel in Afrikaans, maar bid in engels. Ek is die jong Afrikaaner wat als weet van die Franse revolusie en niks weet van die groot Trek.  Ek is die jong Afrikaaner wat rugby kyk maar skree vir die All Blacks. Ek is die jong Afrikaaner wat smag om Hong Kong se liggies te sien, maar ek weet nie hoe glinster die sterre in die Karoo nag nie. Ek is die jong Afrikaaner wat aan n’ beer gevat het in Amerika, maar die wol van n’ hanslammer is vreemd vir my. Ek is die jong Afrikaaner wat die ruek van uitlaat gasse goed herken, maar die ruek van reen op n’ verlaate grond pad, is verlaate aan my. Ek is die jong Afrikaaner wat saam sing op Madonna se woorde. Wie is Chris Chameleon? Ek is die jong Afrikaaner wat geswem het in die Ierse koue see. Waar is Struisbaai, en bestaan daar n’ plek soos Paternoster? Ek is die jong Afrikaaner wat ’n goeie saak onderstuen, maar wat is die KKNK nou weer? Ek is die jong Afrikaaner wat teen jag is en vir diere regte, maar ek sê nie nee vir Koedoe biltong nie. Ek is die jong Afrikaaner wat glo in “world peace”, maar mense van n’ ander kerk moet fokof. Hulle gaan almal hel toe.

Die aand in O’Hagans loer ’n man dooierig in my rigting. “Is jy Afrikaans?”
Ek kan so baie sê. Ek kan so min sê.”

“Ja.”

Groetnis

Henry

Ns: Saterdag is rusdag vir die taaltoer-span (grootheidswaan skop nnnnnou in).

Nns: Iets vir Maandag as werkstres weer toeneem – hoor nou die dag op Kuruman die mooiste Afrikaanse woord vir stres – gemoedsbekakkery. So moenie laat die gemoedsbekakkery jou onderkry nie.


Terug na Taaltoer

LitNet: 3 Julie 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.