|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |
|
|
|
Fase 3:
Petra Müller se eerste verslag
George Weideman se eerste verslag
Petra Müller se tweede verslag
George Weideman se tweede verslag
Lees die eerste weergawe van dié storie.
Lees die tweede weergawe van dié storie.
Perdekuil
Tom Naudé
Dit was na sy ernstige siekbed dat die drang by hom gegroei het om weer plaas toe te gaan. Na al die jare wou hy ontvlug na n skuiling van sy jeug toe Perdekuil n soort aanbidding was, n piëteit soos van plaaswerkers wat in die ryp-koue langs die kraalmuur hurk met hul hande oor n misvuurtjie uitgestrek.
Sy herinnering van daardie tyd is deurtrek met die reuk van dié dwalende rook.
Met skoolvakansies was daar die treinrit suid tot by n klein stasie waar melkkanne opklink uit die groot stilte wanneer die trein tot stilstand kom; dan volg die rit plaas toe in die kapkar, met vooraan Oom Jan se twee spogperde Felix en Forester; en die vooruitsig om daardie aand in n verebed te slaap, en te luister na die gekraai van hoenderhane wat weerklink uit die donker.
Haar lewe lank het sy ma gehunker na die Vrystaat met sy vlaktes, van waar sy gekom het. Nooit n stadsmens nie, het sy uit haar noodgedwonge verstedeliking uitgereik na broer Jannie se plaas en die behoefte oorgedra aan haar seun, asof sy dit aan hom verskuldig was.
En toe hy die dag daar aankom, met die aanraking van die dood nog aan sy lyf, was dit asof die lig te skerp was vir sy oë die werklikheid, skielik, van n klipkraal, bloekombome en n skuur wat staan soos n bevestiging dat sy herinneringe van die plaas nie drome of versinsels van die verbeelding was nie. Ook die opstal is duidelik herkenbaar agter die onheil van n hoë omheining en diefwerings voor die vensters.
Binne in die huis is daar kolle van herinnering soos die kraakvloergang met n kapstok waaraan lang karwatse hang, spookbeelde van n eetkamer met n groot tafel waar daar saans boeke gevat is by die lig van n lamp, en n eenvoudige voorkamer se koel donker beskeidenheid wat nou verdring word deur sonlig en n vlug keramiekeende teen die muur.
Op die stoep saam met sy neef, n groot man met groot hande en n hoed wat te skuins vorentoe op sy kop sit, kyk hy uit op n toneel wat soos n prentjie is uit die verlede: die boord en die populierbos langs die spruit waar n otter geboer het.
En die katjiepiering staan nog in sy beskutte hoek langs die stoeptrappe. Dit is verstok en teruggesnoei en dit blom nie meer so welig nie, sê sy neef. Geplant deur sy ouma dra dit egter nog jaarliks die wasblomme met die walmende geur wat soos n siklus van herinnering is aan die vroue-voorgeslag.
Die volgende oggend stap hy op die werf rond. Die rypdood grasperk en die kaal vrugtebome in die boord, alles glinster van die verlede in die winterson.
Naby die beeshek staan die ry bloekombome met hul stamme diep geanker in die grond. Uit hul hoë takke, buite bereik van n windbuks, weerklink steeds die geroep van rooioog tortelduiwe met sy klank van Afrika.
Hier was die ronde sinkdam waar Piet vir Bonaparte, die hings, gebring het om te suip. Na die eerste teug lig die pragdier sy kop vinnig op, laat die water silwer oor die oppervlak spat, en spits sy ore na die verte asof hy iets daar bespeur.
Dan volg hy n byna onsigbare paadjie wat lei na die ou klipmuurstal wat soos n tempel was vir sy aanbidding. Wanneer jy die deur oopmaak trap die perde rond op stommelende hoewe en kyk na jou met blink oë uit die skemerte. En Piet met roskam, borsel, skaapvelletjie en sekel, was n soort priester gehul in n wierook van salpeter en hooi.
Nou fladder daar bont duiwe uit by n deur wat los aan sy skarniere hang.
In die laat namiddag word n perd vir hom opgesaal. Dis sy neef se ryperd, n goedgeaarde merrie sonder streke en met baie Arabier in haar kyk die kop en die oë. En Piet herleef wanneer sy seun, Kleinpiet, die perd vir hom bring en breed glimlag, asof hy bewus is van n kringloop wat hom afspeel.
Sy neef staan besorgd en toekyk: Ou neef, is jy sterk genoeg om te ry?
Ja, ek is soos n jockey die dokters doen nie meer X-strale op my nie, hulle hou my sommer teen die lig ...
Hy het lanklaas perd gery. Aan die begin die onsekerheid en wantroue. Maar geleidelik kom daar aansluiting deur die teuels in sy hande, die aanraking van dy en knie; en toe sy oorgaan na n trippeldraf tel hy wiegend in die stiebeuels haar ritme op. Dan gee hy skiet na n gladde galop wat hom nog stewiger koppel aan haar krag. En sy tengerigheid word gevoed soos deur n opwelling van sy jeug, n beswering van die dood.
Ruiter en perd word klein oor die deinende vlakte. Die sneeubedekte Malutis lê na regs op die horison, en agter hulle in die verte lê Perdekuil met sy bloekoms om hom geskaar.
Sy perd stap nou met die ritmiese grasie van haar ras kopspelend en met n beteuelde uitgelatenheid. En op daardie oomblik, in die laat wintermiddag met n son wat vinnig sak en met n ysigheid uit die rigting van die berge, is daar by hom geen vrees meer vir die dood nie net n brandende nostalgie vir die lewe.
boontoe
|