|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |
|
|
|
Terugvoer deur George Weideman
Tweede verslag
Algemene kommentaar
Grys het duisend kleure deur Manie Groenewald
Laaste besoek aan Perdekuil deur T F Naudι
Vlug deur Hilde Nel
Anderkant die draad deur Janie Smit
Offerblomme vir n heks deur Nanette van Rooyen
Wanneer hierdie leser veranderinge aanbeveel, is dit maar een mening tussen baie. Mense lees tekste asof hulleself daaraan skryf, met hul lewens, met hul verwagtinge en drome. Die skrywer moet op die ou end (na die tweede keer, of dalk die twintigste keer!) self besluit hoe (en of) dit werk. My kommentaar is dus nie veel meer as kantaantekeninge nie. Tog het dit my opgeval dat die skrywers in n mindere of meerdere mate wel deeglik na sekere formulerings en klein eenhede (n begin, n slot) gekyk en aanpassings gemaak het wat in die meeste gevalle beter werk. Dit is egter ook so dat n mens met die herskryf van n verhaal iets kan byvoeg of aanlas wat liefs moes gebly het; en dan is dit beter om terug te keer na die oorspronklike.
boontoe
Dit bly vir my n waagmoedige verhaal wat net wag op die finale afronding die laaste kwashaal, by wyse van spreke!
Die verandering van die titel (vanaf die enigsins stellige Grys het duisend kleure na die huidige) is n wins; dit plaas die leser van meet af in die newelagtige wêreld van die teks. Dit sluit ook besonder sterk aan by dit wat Jakus in die hof sê, en hoe hy sy eie liggaamlikheid (waarin Caria sn nou feitlik opgelos is) aan die einde sien.
Die oorgrote meerderheid kleiner veranderings en snitte is ook te verwelkom. Die spelling van bepaalde woorde bv. die nabootsing van die voëlgeluide is egter nie deurgaans konsekwent nie; so ook nie die gebruik van aanhalingstekens nie.
Ek sou andermaal wou vra of die skrywer seker gemaak het oor die optrede van die meisie (versover dit werklik nog ter sake is); ter wille van die verhaal se geloofwaardigheid is dit uiters belangrik. Ek vra dit veral in die lig van die herskryf van die verhaalslot, wat dalk tog nog aandag van die snoeiskêr verg. n Voorbeeld: Caria het met die sienslag ... na hom oopgemaak en haar hand na hom uitgesteek om oor sy wang te streel. Klop dit? En is na hom oopgemaak die juiste woordkeuse? Dalk kan die skrywer terugdink aan die geheimsinnige blou moerasvoëls en by hulle n beeld gaan haal wat meer sê as wat hierdie gewilde beskrywing sê? Aan die ander kant: As sy bloot (verkeerdelik) as outisties gediagnoseer is, maak haar optrede seker nie sóveel saak nie haar will o the wisp-aard, haar fairy-en aardmoeder-hoedanighede.
n Verdere voorbeeld (hierdie keer van skrywersinmenging): In die paragraaf n Roering ... word gesê dat Caria se ouers sit en wag dat reg moet geskied. Is so n vertolking (deur die verteller-karakter) regverdigbaar? Is iets subtielers nie nodig nie sê die eerste deel van die sin (Strak sit hulle in afwagting) nie genoeg nie?
Dit is n verhaal met soveel gevoeligheid dat die skrywer ook besondere aandag aan die taalaanbod móét gee.
Dis juis wat dalk ook tog nog aan die andersins grootliks sterker slot pla: Kyk of dit nie beter werk as die slotsin geskrap word nie. Maar dis net n suggestie; die verhaal het steeds n soort magiese, betowerende kwaliteit.
boontoe
Na herskrywing (snoeiwerk) is die teks nou gestroopter en laat dit die leser minder maklik op dwaalspore beland. So is die slot nou n kulminasie van elemente wat met die perd-simbool byeengehou word; dit het inderdaad die kwaliteit van n Van Melle bereik.
Die teks bied n mooi beskrywing van n plaas soos wat dit destyds was en soos wat dit in die hede deur die verteller ervaar word. Die landskapsbeelding is egter nie net daar ter wille van die nostalgiese nie; dit vorm ook n kontras met die gemoedstemming van die verteller. Daar is egter nie sprake van n storie nie; miskien moet n mens die gegewe bloot aanvaar as n soort statiese belewenis; n satori, byna; n meditasieteks waarin persoonlike pyn (die Onbekende) teenoor die nostalgiese (die Bekende) afgespeel word.
Wil die teks dan geen verhaal wees nie? Dit, lyk my, moet ek toegee: die verhaal is bloot metafoor: metafoor vir afskeid-neem, vir n rit die onbekende in (waarvoor die hings dan ook juis soos by G A Watermeyer om sy lewensdriftigheid as voertuig gekies word.)
Die verkorte titel los nou een van die probleme wat ek in my eerste kommentaar genoem het, op die nuwe, suggestieryke titel word inderdaad aan die slot n doodskuil.
n Klein duwweltjie: Die sterk aanvangsparagraaf bevat die frase n soort aanbidding (was), n piëteit soos van plaaswerkers. Die sin maak vir my steeds nie sin nie. Dalk veral omdat dit na Perdekuil as skuiling verwys? Iets klop nie by hierdie beeld en hierdie styl nie.
boontoe
Vlug deur Hilde Nel
Steeds n avontuurverhaal met baie potensiaal, maar die teks is nog nie klaargeskryf nie.
Vir my lê die kern-uitdaging met hierdie storie nog altyd op die vlak van oortuigende karakterisering en aanvaarbare intrigeskepping. Ek wil steeds nie aanvaar dat die vrou so naïef sal optree so halsoorkop betrokke sal raak by die man as wat hier gebeur nie. Waarom nie? Omdat ek as leser nie genoegsaam daarop voorberei word nie. Waarop word ek nie voorberei nie? (a) Dat sy sódanig tot die man aangetrokke raak dat sy sonder enige huiwering of teensinnigheid summier saam met hom eet (ná die gruwelgebeure by die dam), en (b) dat hy synde n keiharde huursoldaat te wees (selfs al sê hy hy is nie n moordenaar nie) so emosioneel op haar reageer. Sy teerheid wanneer hy vir haar die trui as kussing aanbied, kom bv. te maklik (paragraaf begin met Sy rus met haar kop ...).
Indien n mens aanvanklik iets meer oor haar en oor haar kennis van (en houding teenoor) die rebelle te wete kom, mag haar inklinasie tot die Rambo-kêrel verstaanbaarder word. Dieselfde geld onse Rambo: Kan hy nie méér ambivalent geteken word nie? Soos dit hier geskryf is, gee dit te veel toe aan die tydskrifleser, die massaleser. (Met die tydskrifverhaal per se is niks verkeerd nie; maar met toegewings aan lesers wel.)
Gewilde (maar sinlose) woorde (bv onverwags, paniekerig, pikswart nag, in stilte, lippe opmekaar gepers ens.) val in dieselfde klas: Dis toegewings aan n veronderstelde leser. Die beswaar geld ook onnodige herhalings van dieselfde woorde/ frases. Dit geld ook bystellings, veral dié van die om te ...-tipe. Vgl. die paragraaf wat begin met Asseblief, laat my gaan! ... suggereer Sy byt op haar onderlip nie genoeg nie? Moet die res daarby?
Dis duidelik steeds duidelik! dat die skrywer oor n besondere vermoë beskik om dié soort verhaal (wat met n vaart móét verloop) teen die regte tempo te laat vloei. Maak egter seker dat daar (dalk ook tydens die herskryfproses) nie gate in die verhaalgang ontstaan nie. So bv. hoor ons op een plek dat die meisie tydens die rit probeer slaap; n entjie later dat sy wakker skrik. Het sy dan werklik aan die slaap geraak? Of is die bedoeling dalk nie heeltemal dieselfde as wat wakker skrik suggereer nie?
n Ander geval is die paragraaf wat begin met Maar sy is telkens gewaarsku ... kyk na die sy-jy-ons: dit mag die leser onnodig verwar. Fyn skaafwerk aan taal en styl is hier nog essensieel.
Die teks is steeds n uiters relevante avontuurverhaal, veral as n mens tydgenootlike gebeure benoorde Suid-Afrika (maar ook elders in die wêreld) in gedagte hou. Die verhaal verdien m.i. groter selftug.
boontoe
Steeds n knap, strak verhaal oor die have-nots, oor klein-menslike begeertes.
Die skrywer het wel die snoeiskêr ingelê maar hierdie boeiende storie het nog n hele paar waterlote wat weggesny moet word omdat hulle die verhaalgang onnodig vertraag. Dit is selfs moontlik dat n paar van die karakters moet waai (oftewel: dat daar veel minder oor hul gesê moet word; hulle is op stuk van sake tog net randfigure buite die kryt waar hierdie stryd-tussen-bure (en grootwordproses by die vertellertjie) voltrek word.
Kyk ook streng na ruimtebeskrywing: n enkele veeg is dalk beter as n paar ywerig getekende besonderhede. Daar is reeds oorgenoeg aanduidings dat die skrywer met selfdissipline skryf; en die verhaal verdien n sterk hand. Dis egter n pluspunt dat die hoofkarakter n titseltjie simpatieker teenoor haar pa se duiwe staan as voorheen.
Voorbeelde van waar snoeiwerk nog nodig is of waar dit nie effektief was nie: n Geval van n paragraaf wat dalk tóg nie soveel bydra as wat n mens aanvanklik gedink het nie, is die verwysing na Lady Di en haar kasteel. (Paragraaf: Ek hou die meeste van ...). Ek bedoel nie dat die Di-verwysings moet weg nie; ek dink net hul eis te veel ruimte op; hul kan subtieler optree, soos wissels op n spoorlyn. Dan is daar weer die paragraaf wat begin met Ek het gewonder ... werk die oorgang hier goed? (Kyk na die hy in die voorafgaande paragraaf en dan weer hier.) Soms lei snipper-en-plakwerk tot lesersverwarring!
Die skrywer het (op my aanbeveling?) van spoorweg ontslae geraak. Nou staan daar (in par. 7) stasie. Maar pas iets soos railways of die SAR (die ouer verhaalwêreld in ag genome) nie beter nie? Vgl. die (steeds) netjiese gebruik van geboard en rally in die volgende sinne. (Terloops: Is dit condies cristals of Condys crystals? Dit hinder my darem nie regtig nie; dit pas by die verteller.)
Veel belangriker (of noodlottiger) is waar n persoon uit karakter praat of optree. Om meer spesifiek te wees as in my eerste kommentaar: Kan n mens van Piet verwag om van mooi rooi tepeltjies te praat? Ek glo nie. Is die sin nie bloot oorbodig nie?
n Verandering wat m.i. ook nie werk nie (al is dit korrekter), is waar die dogtertjie sê haar pa praat binnesmonds die vorige binne in sy mond pas beter by die kind-verteller en is terselfdertyd beskrywender.
boontoe
Steeds bied hierdie verhaal n aangrypende en gedurfde blik op kinderverkragting; steeds is die skrywer se hantering van die gemoedsbelewing van die jong kind die kind se onbegrip subtiel en onthutsend. As inisiasieverhaal of dan: verhaal waarin onskuld tot vrees-like kennis kom is dit een van die mees geslaagde tekste oor hierdie onderwerp in Afrikaans.
Dis bepaald n wins dat die titel nou verkort is; die vir n heks het die leser onnodig op n dwaalspoor gebring. (Dalk gebeur dit dié afdwalery tog nog in die teks self: Die vrou word as heks geteken, maar dit voel nie asof die tekening die kind sn is nie!). Dis juis een van die groot winste van hierdie verhaal: dat die gruwelike geskiedenis deur die oë van die jong adolessent (?) self geteken word: vraend, onbegrypend, soekend, in terme van n kinder-verwysingsveld (die hondjies).
Hier het heelwat herskryfwerk plaasgevind; dis duidelik dat die skrywer al voorheen die ongenaakbare paadjie met die snoeiskêr geloop het. So is die aanvang bv. sterker.
Die sin Net oom Paul het bly neuk ... lui een van die kern-lastighede in die teks in. Dis nou na herskryf duideliker wat oom Paul se rol is. Maar is alles pluis met die (voortgesette) relasie ma-kind-oom Paul? Die ma se reaksie wys dat sy weet maar kom dit nie by die kind op om oor haar wete (haar gebrek aan optrede) te wonder nie? Ek bedoel ook dit: Die mense word kennelik nie as totaal common voorgestel nie; en tog verwag n mens dat Ma regtig haar moer gaan strip maar sonder om dit uit te spel wat sy eintlik vir oom Paul wil sê!
Maar oppas: Daarby kom die moontlikheid dat daar nou na die herskryf te veel oor sekere dinge gesê word. So bv. is die parallel kind-hond nou óórduidelik (veral as die nare oom Paul sy vet vingers ook in die hond se sye indruk). Ek sou nie die onderbeklemtoning van die eerste Skryfnet-poging vir oorbeklemtning wou verruil nie; dis n verhaal wat n mens die hele tyd op die kant van n afgrond langs laat loop. Die naam Koggelkloof het nou Verliesfontein geword. Karel Schoeman sn kom by n mens op. Daar is seker ander moontlikhede! Verliesfontein is te presieus.
Die slot druk die kind se verwarde gemoed knap uit.
Klein hinderlikheidjies: In die paragraaf wat begin met Miesie het n handvol blare ... word die werkwoord draai twee maal gebruik. In die alleenstaande paragraaf Toe was dit vir n lang tyd stokstil pas dit en stokstil m.i. nie saam nie. Kyk n bietjie daarna.
Sou dit nie realistieser (of geloofwaardiger) wees as daar tydens die aborsie ook pyn gesuggereer word nie? Of sou so n kind in haar nie-verstaan dan glad geen pyn ervaar nie?
boontoe
|