Dorothea
van Zyl
"Die beginsels wat hier genoem is, kan almal goed gemotiveer word.
Hulle berus op 'n jarelange studie van en liefde vir die letterkunde.
In die lig hiervan kon die Woordfees slegs die volgende besluit: Die
versoek om deelname aan Dan Roodt te weier, word van die hand gewys.
Maar ons hoor graag of ander mense dieselfde dink. Het hierdie soort
beginsels ouderwets geraak? Geld ander norme tans?"
Klik hier vir haar bydrae
Klik
hier vir haar antwoord aan Max du Preez (25/02) |
Jaco
Botha
"Ja, ek weet, Dan irriteer ook die blou kak uit my uit, maar indien
ons hom nie op 'n openbare forum gaan teenstaan nie, gaan sy opinie
gelees word as die opinie van die Afrikaanse gemeenskap - dis sy manier
van werk. Dit kan ons nie toelaat nie - daarvoor het ons alreeds 'n
te lang pad gekom."
Klik hier vir sy bydrae |
Johan
Pienaar
"Vryheid van spraak is ‘n absolute reg. Soos die reg op lewe is dit
‘n reg wat net sinvol is indien dit nie afgewater word nie. Dis net
so sinloos om die reg op vryheid van spraak te temper met ‘n bietjie
sensuur as om die reg op lewe te temper met ‘n bietjie moord."
Klik hier vir sy bydrae |
Chris
Warnes
"What kind of message does this send out about Stellenbosch University?
However adversarial the interview, however unsympathetic the audience,
the point remains that granting Roodt an opportunity to talk about
language and culture at Woordfees graces his points of view with a
legitimacy that they most certainly do not deserve."
Klik hier vir sy bydrae |
Anton
van Niekerk
"Ek glo in akademiese vryheid en die vryheid van spraak. Dan Roodt
is dit beswaarlik werd om daardie belangrike beginsel in die gedrang
mee te bring. Om nou sy uitnodiging te kanselleer, sal boonop swak
maniere wees, en ja, ek glo 'n mens moet goeie maniere hê, ook teenoor
iemand wie se optrede dit nie altyd maklik uitlok nie."
Klik hier vir sy bydrae |
Deborah
Steinmair
"Die soort waansin wat ons in Suid-Afrika beleef, weerspieël die siekte
van die samelewing as ‘n geheel, nie een sektor, ras of geslag nie,
Dan. Een en almal is aandadig. Kuikens word groot en kom huis toe
om nes te maak. Die goedige oom Verwoerd en die landjie wat rustiger
as Switserland was, is ‘n vals wit herinnering."
Klik hier vir haar
bydrae |
Christo
Viljoen
"In hierdie strewe staan debatvoering sentraal: ‘n rasionele, wetenskaplike
beoordeling van alle feite wat op die tafel geplaas word – ook dié
dogmas en teorieë wat lynreg indruis teen jou eie (aanvanklike en
dikwels veranderlike) oortuigings en standpunte. Om beperkings daarop
te plaas om dit aan te hoor, sou beteken dat die kampus vergelyk kan
word met ‘n bek-en-klouseer kwaratynvrye enklawe. En dít is geen universiteit
nie."
Klik hier vir sy bydrae |
Dan
Roodt
"Nietemin sal niemand en niks my van die Woordfees af weghou nie,
al swig prof. Chris Brink nou ook onder die druk om my daar persona
non grata te verklaar en ontbied hy die onluspolisie as ek opdaag.
Nou onlangs is ek met geweld van die galery in die Pretoriase raadsaal
verwyder ..."
Klik hier vir sy bydrae |
Martie
Meiring
"Dis juis omdat die US so openlik die groot debat rondom Bram Fischer
gehanteer het dat respek vir die universiteit gehandhaaf en selfs
uitgebou is. Moenie dat, met watter motiewe ook, iets soos ‘n kulturele
geleentheid soos die Woordfees besoedel word deur te suggereer dat
die universiteit nie die oop debat kan ondersteun nie."
Klik hier vir haar
bydrae |
Joan
Hambidge
"'n Mens sou steeds wou weet: hoe het dit gekom dat die indertydse
aweregse, anargistiese Dan Roodt met sy nul-uitsprake beweeg het na
die aktivistiese, uitdagende taalaktivis met oeroutydse uitsprake
oor die toekoms van Afrikaans en die Afrikaner. Hoe versoen hy hierdie
teenstrydighede in sy denke?"
Klik hier vir haar
bydrae |
Ampie
Coetzee
"Ek wil Dorothea van Zyl gelukwens met haar standpunt. So behoort
letterkundiges – wat al gelees het van die gruwelikste wandade, maar
ook van die hoogtepunte van die mens se denke en handelinge – te reageer
op die Groot Verbod. "
Klik hier vir sy bydrae |
Clinton
V du Plessis
"Ek sou eerder wou sien dat die groep wat Roodt nie by die fees wil
hê nie, sy essay krities moet ontleed, wys waar sy statistieke en
aannames verkeerd is (indien wel), sonder om net op die gemaklike
Roodt-is-‘n-rassis-wa te klim. "
Klik hier vir sy
bydrae |
Andries
"Roof" Bezuidenhout
"‘n Mens kan verstaan hoekom Suid-Afrika ‘n gevaarlike plek is. Dit
het die potensiaal om ‘n wonderlike land te wees, maar dit het ook
die potensiaal om weer langs Bosnië en Rwanda in die geskiedenisboeke
te gaan staan. ‘n Mens moet versigtig wees in só ‘n plek. Ons het
baie wonde wat nog moet genees."
Klik hier vir sy bydrae |
John
Miles
"Daarom is die antwoord van die Woorfees-organiseerders verblydend.
Gelukkig het Dorothea van Zyl nie soos Nadine Gordimer destyds in
die politieke grys gat getrap nie. Uit haar antwoord moet ook afgelei
word dat dit volgende keer nie so maklik sal wees om moontlik “omstrede”
te wees nie."
Klik hier vir sy bydrae |
Max
du Preez
"Ek sou natuurlik verkies dat julle sy uitnodiging terugtrek, maar
daaroor het ek geen seggenskap nie. In elk geval, ek sien Roodt sê
hy gaan opdaag, al is hy nie genooi nie. Dit sal sekerlik net in 'n
tipiese Roodt-sirkus ontaard en hom net meer publisiteit gee. Ek is
baie jammer, maar ek onttrek my hiermee aan die Woordfees."
Klik hier vir sy bydrae
Klik hier vir Max se tweede bydrae |
Amanda
Gouws
"My persoonlike mening oor baie van Dan Roodt se skrywes is dat ons
hopeloos te veel aandag daaraan gee. Ignoreer dit eerder met die minagting
wat dit verdien. Om Roodt soveel ruimte in die media te gee, wakker
myns insiens net sy absurde skrywes verder aan."
Klik hier vir haar
bydrae |
Johrnè
van Huyssteen
"My persoonlike mening oor baie van Dan Roodt se skrywes is dat ons
hopeloos te veel aandag daaraan gee. Ignoreer dit eerder met die minagting
wat dit verdien. Om Roodt soveel ruimte in die media te gee, wakker
myns insiens net sy absurde skrywes verder aan."
Klik hier vir sy bydrae |
Jason
Lloyd
"As hy rassisties is, laat hom wees. As hy haatspraak uiter, laat
dit so wees. Hy is geen faktor nie. Net 'n verveelde man wat die swart
regering wil wegwens. Geen Suid-Afrikaner wat werklik getroud is met
die nuwe orde, sal toelaat dat Roodt hom of haar van stryk bring nie."
Klik hier vir sy bydrae |
Annie Gagiano
"Dorothea van Zyl insists on the “autonomy” and “independence” of the Woordfees and suggests that it foregrounds the interests of “writers” within a society that does not usually (in her view) accord authors a sufficiently “prominent position”. These remarks use expressions in the same unqualified way as the way in which the phrase free speech is being bandied about."
Click here to read her contribution |
Yvonne Malan
"This is not a “Ban Dan” campaign, but a question of “Not in My Name”. Roodt, unlike Van Zyl argues, is not known as an author but as a “taalstryder” of the worst kind, spewing hatred against black South Africans and those who don’t agree with his far-fetched take on reality."
Click here to read her contribution |
Jan-Jan Joubert
"Daarom doen prof Dorothea van Zyl en haar mense by die Woordfees die regte ding om nie in te gee op die drang om sensuur nie, en maak dit mens bly om te sien die Universiteit van Stellenbosch respekteer die fees se besluit. Kom ons hoop Roodt weet wat sy teenwoordigheid van sy gasheer verg, en stel dieselfde ordentlikheid ten toon."
Klik hier vir sy bydrae |
Addisionele bydraes:
Skyn sensuur en die Dan Roodt-debat, Pierre de Vos
Roodt's hate speech, NS Zulu
Korrespondensie tussen Nicol Stassen en Annie Gagiano
Max du Preez: Jammer, suster, jou onderrok hang uit!
Marlene van Niekerk: Waarom ek onttrek
Pieter
Duvenage: Is 'n saaklike debat met Dan Roodt moontlik?
|