SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die Uitgenodigde, die Woordfees en waarom ek onttrek

Marlene van Niekerk

is 'n bekroonde skrywer en dosent in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch.

Ek onttrek van die Woordfees 2005, eerstens omdat ek my nie kan vereenselwig met die politieke sensibiliteite van die organiseerders nie, tweedens uit protes teen die redes en die toon waarmee hulle aanhou om hulle twyfelagtige Uitnodiging te regverdig, en derdens uit ontsteltenis weens die onnadenkendheid waarmee hulle bereid is om na my mening met hulle Uitnodiging die belange van die Departement van Afrikaans en Nederlands op Stellenbosch te kompromitteer.

Toe ek die Woordfeesprogram vir die eerste keer gesien het, was ek erg ontsteld, maar het gedink ek sal verdomp nie padgee voor die intog nie en gewoon deelneem ten einde die ruimte van 'n ander soort skrywerlikheid, 'n ander estetika en ander politieke gevoelighede te help oophou. Dit is vir my verder altyd belangrik om te hoor wat lesers dink van my werk en om, as ek kan, hulle vrae daaroor te probeer beantwoord. Ek wou dan die geleentheid op 12 Maart in die Protea Boekwinkel gebruik om 'n verklaring te lees waarin ek my distansieer van die Uitnodiging, onder andere omdat mense laasgenoemde sou kon assosieer met die Departement Afrikaans en Nederlands waar ek werk.

Ek het met stygende ontsetting die debat wat toe losgebars het, gevolg. Ek het die hele tyd gehoop dat die organiseerders mettertyd ten minste sou begin insien dat hulle 'n oordeelsfout begaan het met die Uitnodiging en verskoning sou aanbied vir die moontlike skade aan kollegiale en universiteitsgemeenskapsverhoudings wat daarmee aangerig sou kon wees.

Ek wil graag op die volgende punte wys:

1. Geen literêre fees is neutraal nie. Om te beweer dat die onderhawige Uitnodiging die Woordfees nóg met 'n linkse nóg met 'n regse visie sou vereenselwig, is meer as naïef ("Geen quietly disinvite nie", Eikestadnuus, 25 Februarie, p 4). Neutraliteit, universaliteit, "blote feite", en dies meer was nog altyd begrippe waarmee kwalike ideologieë hulleself kon verhul. As 'n mens in hierdie tye as die organiseerder van so iets soos 'n hoofsaaklik Afrikaanse Woordfees nie jou politieke vooroordele (in die tegniese filosofiese sin van die woord) ten minste vir 'n deel kan deurskou, erken en duidelik benoem in terme van die lopende diskoers en politieke posisies van die dag nie, kan dit ander mense wat jy nooi, in die verleentheid dompel, soos wat nou duidelik geblyk het. 'n Fees is nooit net 'n vergaarbak van "alles wat daar is" nie. 'n Fees kies sekere deelnemers en sluit ander uit. En deur die deelnemers, die onderwerpe, die aksente wat gelê word, en die algemene teneur, posisioneer die organiseerders hulleself artistiek, intellektueel en polities.

2. Vryheid van spraak is een ding. Om te besluit dat iemand belangrik, goed en lekker sal wees om na jou partytjie uit te nooi is iets heeltemal anders, en 'n mens wys onvermydelik jou kleure daardeur, selfs en juis as jy saam met 'n hele boel ander mense genooi word. Die organiseerders van die Woordfees is nie intellektueel mooi reguit as hulle na die grondwet haak om kritici van die Uitnodiging en van die Uitgenooide stil te maak nie. Hulle probeer daardeur hulle verantwoordelikheid ontloop vir 'n erg twyfelagtige politieke keuse. Ek verwys na die grondwetspesialis Pierre de Vos se uitstekende uitleg op LitNet, waar hy daarop wys dat vryheid van spraak soos ander regte in relatiewe terme gesien moet word en waar hy 'n onderskeid maak tussen ware sensuur en skynsensuur: "Ware sensuur kom voor waar die staat, 'n universiteit, of enige ander organisasie 'n persoon verbied of verhoed om sy of haar mening te lug en in die uiterste geval so 'n persoon in die tronk stop of vermoor om te verseker dat sy of haar sienings nie gelug word nie. Skyn sensuur kom elke dag voor wanneer die staat, koerante, universiteite of ander instellings noodwendig keuses moet maak oor wie se stemme 'n platform gegun moet word" ("Skyn sensuur en die X-debat", LitNet, Briewe, 25 Februarie). Deur so 'n platform te voorsien aan die genooide verklaar jy dat jy sy stem as legitiem beskou en hom aanvaarbaar vind as gespreksgenoot.

3. Om verder te sê dat jy 'n persoon as "belangrike skrywer" nooi terwyl hy sy reputasie hoofsaaklik deur volgehoue ekstremistiese politieke propaganda verdien, is regtig nie oortuigend nie. Om te dink jy kan daardie rolle skei, berus waarskynlik deels op 'n literêr-kritiese oriëntasie wat die outonomie van die literêre teks vooropstel en die teks isoleer van die persoon en die kontekste van byvoorbeeld mag en materiële voorwaardes waarbinne dit geproduseer en ontvang word.

Die "belangrike skrywer" wat deur Woordfeesorganiseerders uitgenooi is, skryf ook die volgende as deel van sy snel uitdyende oeuvre. Die doelstelling van iemand wat só skryf is nie debat nie, hy is besig met 'n geheel andersoortige projek. Só 'n teks sal ook in lyn kan wees met wat hy verder skryf en sê:

Marlene van Niekerk wie se foto in Rapport verskyn het op 14 Maart 2004, lyk baie soos 'n huisvrou van Triomf, die voorstad waarin sy eens gewoon het en 'n boek gepubliseer het. Sy is oordadig opgemaak met rooi lipstif, ruie wenkbroue en 'n asimmetriese haarstyl wat lyk asof dit net met haarsproei in posisie gehou kan word.

(…)

Ek is seker Marlene van Niekerk lag haarself 'n papie oor al die plaasboere wat hul verdiende loon ontvang, wie se skedels verbrysel word, vrouens wat verkrag en doodgemartel word, 'n sesmaande-oue baba wat in plastiek en koerantpapier toegedraai word en aan die brand gesteek word (…) Triomf verteenwoordig 'n literêre pleidooi vir 'n "finale oplossing" teenoor die Afrikaner, vir plaasmoorde en ander vorme van ekstreme geweld teen blanke Afrikaners (…) Dat Marlene van Niekerk se anti-Afrikaanse haatskrif ook na dade smag, kan geen twyfel ly nie.

(Sien die Uitgenodigde se tuisblad vir die opstel getiteld "Marlene van Niekerk se haatskrif", 20 Maart 2004.)

Die assosiasies wat as gevolg van hierdie hele debakel aan die Departement van Afrikaans en Nederlands op Stellenbosch sou kon kleef, sou studente en meer universiteitskollegas as net die paar wat hulle uitgespreek het, kon verwar en ontstem, om nie van moontlike nasionale en internasionale akademiese reperkussies te praat wat hieruit sou kon vloei nie. Dit is erg jammer. Ons kan dit beslis nie bekostig nie.

Ek sal nie aanbeveel dat die Uitgenodigde "ont-nooi" word nie. Natuurlik is hy vry om te sê wat hy wil waar mense hom graag wil hoor. Ek wil net my eie aktiwiteite as skrywer en skryfdosent ontheg van 'n fees wat, asof dit die gewoonste ding op aarde is, ook die skrywer van bogenoemde soort teks 'n formele podium in 'n universiteitslokaal wil gee. Ek wil dit doen ook omdat ek 'n verantwoordelikheid het teenoor die huidige en voornemende skeppendeskryfkunde-studente aan die Departement van Afrikaans en Nederlands om my posisie wat die Uitnodiging betref duidelik te maak.

Naskrif: Dis nie uit bygeloof dat ek vermy het om die Uitgenodigde se naam te skryf nie; ek wil net nie saamwerk met die Woordfees nie. Hulle het hom fluks gehelp in sy veldtog om so vanselfsprekend, so gereeld en so huishoudelik normaal genoem te wil word soos die merknaam Marmite.)



LitNet: 2 Maart 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.