SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Ek gaan Woordfees toe, al ontbied Chris Brink die onluspolisie

Dan Roodt

is 'n skrywer en aktivis van Dainfern.

Ek moet sê dat die huidige sogenaamde "debat" oor my deelname aan die Woordfees net bevestig wat ons lankal reeds vermoed: dat sommige Stellenbosse akademici die kluts kwyt geraak het. As hulle nie die twintigste-eeuse tradisie van kommunistiese diktatuur waarin 100 miljoen mense gesterf het, op 'n perverse manier verheerlik deur aan Bram Fischer 'n postume eredoktorsgraad toe te ken nie, dan beskuldig hulle ander links en regs van fascisme, rassisme en haatspraak.

Dis 'n gekkespul soos ons laas in hierdie land gesien het toe Jannie Kruger nog hoof van die sensuurraad in die sewentigerjare was. Ek herinner my aan 'n hofsaak waar die tydskrif Scope verbied is omdat die blad glo vroulike skaamhare vertoon het wat deur 'n bikini sigbaar was. Advokaat Johan Kriegler, Scope se regsverteenwoordiger, het aan die regter gesê: "U edele, ek het my bes probeer en selfs van 'n vergrootglas gebruik gemaak, maar ek kan nie die skaamhare sien wat mnr Kruger sien nie."

Ek dink enige redelike persoon wat my stuk "Adapt and die" gelees het, sal dieselfde kan sê. Al ondersoek mens dit met 'n vergrootglas, is daar niks daarin wat neerkom op rassistiese stereotipering of rassisme nie, wat dit ook al mag beteken. Wel verwys ek na die verskille in misdaadgeneigdheid onder die manlike lede van verskillende bevolkingsgroepe, maar hoe kan so iets sonder meer as "rassisme" beskou word? In SA Crime Quarterly nr 7 van Maart 2004, lei 'n navorser van die Universiteit van KwaZulu-Natal, JDS Thomson, sy artikel so in:

South Africa has one of the highest murder rates of all the countries that record crime statistics.

Understanding such high levels of violence should begin with an investigation of who the victims and perpetrators are, and how the homicides are committed - not only now but also in the past. An historical analysis reveals that the coloured population has, as long as accurate records are available, had the highest murder rate of all race groups in the country.

Na aanleiding van dié stuk navorsing het Heindrich Wyngaard 'n artikel met dieselfde trant in Rapport gepubliseer. Is Thomson of Wyngaard van "rassisme" en "haatspraak" beskuldig? Nie sover ek weet nie.

Mnr Jaco Botha skryf:

Daar is in my gemoed geen twyfel meer dat Dan Roodt 'n oortuigde rassis is nie - daarvan spreek sy stuk "Adapt and die" duidelik. (Gee vir my die regte stelle data, en ek sal bewys dat Adolf Hitler 'n vriend van die Jode was.)

Die logiese teenstrydigheid in hierdie twee sinne is opvallend; hy wil immers deur "die regte stelle data" bewys dat Hitler 'n vriend van die Jode was. Botha se absurde projek om te bewys dat Hitler 'n vriend van die Jode was (enige leser van Mein Kampf sal tog die teenoorgestelde kan aantoon) is ewe absurd as die gedoe rondom my deelname aan die Woordfees.

Miskien moet Botha verduidelik wat presies hy onder 'n "oortuigde rassis" verstaan. Is Wyngaard en Thomson insgelyks "oortuigde rassiste" omdat hulle gewys het op die buitensporig hoë moordsyfer onder die kleurlingbevolking?

Myns insiens kan rassis hier op drie maniere geïnterpreteer word:

  1. Die term rassis is semanties leeg. Om iemand 'n rassis te noem, kom dus op dieselfde neer as om hom van Bokononisme te beskuldig. Laasgenoemde is 'n fiktiewe godsdiens wat deur die Amerikaanse skrywer Kurt Vonnegut in sy boek Cat's Cradle beskryf word. Die motto voor in die boek lui soos volg:
    "Niks in dié boek is waar nie.

    "Leef volgens die foma wat jou dapper en goedhartig en gesond en gelukkig maak." -    Die Boeke van Bokonon. I: 5."

    Waarby die betekenis van die woord foma in 'n voetnoot verduidelik word: "Skadelose onwaarhede".

    Dit mag dus wees dat ons die begrip rassis, omdat dit "nie waar is nie", as 'n vorm van "foma" of "skadelose onwaarheid" moet beskou.
  2. Aan die ander kant mag diegene wat as "rassiste" getipeer word, skrywers van buitengewone talent of insig wees wat oor die Afrika-problematiek skryf. Twee Nobelpryswenners wat in onlangse tye van rassisme beskuldig is omdat hulle sekere verskynsels in Afrika of Suid-Afrika op 'n openhartige en eerlike manier uitgebeeld het, is VS Naipaul en JM Coetzee, onderskeidelik in hul romans A bend in the river en Disgrace. Skrywers van niefiksie wat die afgelope tyd op 'n soortgelyke manier oor die Afrika-werklikheid berig het, en wat hulself insgelyks die aanklag van rassisme op die hals gehaal het, is Paul Theroux (Dark Star Safari), Robert Guest (The Shackled Continent) en Stephen Smith (Negrologie). Smith is hoof van Afrikanuus by Le Monde, die gesaghebbende Franse koerant wat wyd in Europa gelees word. Uitgewery Praag sal binnekort Negrologie - waarom die swart kultus Afrika doodmaak - in Afrikaanse vertaling publiseer.

    Indien sommige mense my verwysings na gevalle van geweldsmisdaad wat deur jong swart mans in Suid-Afrika gepleeg word, as "rassisties" lees, hoe sal dieselfde mense Smith se boek ervaar? Die hele boek wemel van uiters kritiese uitsprake oor Afrika en die swart kultus, oftewel "Negrologie". Indien sekere werklikheidsvreemde puriteine deur my artikel "Adapt and die" geskok word, gaan die sesde hoofstuk van Negrologie hulle waarskynlik die stuipe gee. Dié hoofstuk is getitel "Die paradys van wreedheid" en daarin gaan Smith in op die onlangse geweld in Afrika, waaronder kannibalisme in die Kongo, volksmoord in Rwanda, krygshere in Liberië en dergelike meer. Daar is sprake van die "nuwe barbarisme" en die "anargie" in Afrika, en hy laat hom soos volg uit:

    Waarom tel die dooies in Afrika nie, of so min? Waarom vermy globalisering met 'n groot ompad die gewelddadige dood in Afrika wat so te sê 'n universele verskynsel geword het? En die "nuwe barbarisme"? Het dit nie reeds sedert die einde van die Koue Oorlog sy heerskappy in Afrika gevestig nie? Is dit nie die woord wat gepas is vir die orgie van geweld op 'n kontinent wat gedurig besig is om oorlog te voer, sonder enige fronte en sonder onderskeid tussen soldate en burgerlikes, of tussen militêre operasies en misdade nie? Daar is geen veldslae meer in Afrika nie, net massamoorde, stryde wat so ongelyk is dat dit nie eens gaan om weerstand te oorkom nie, maar om die vyand wat dikwels nie eens gewapen is nie, soos vroue en kinders, uit te wis.

    Die soort vrae wat ek in "Adapt and die" stel, is van presies dieselfde orde. Waarom aanvaar ons dit as normaal dat soveel mense in Suid-Afrika daagliks en weekliks vermoor, verkrag en beroof word? Is dit omdat ons deesdae 'n Afrikaland is en dat wet en orde volgens die Westerse definisie, asook respek vir menselewens, nie meer tel nie?

    Deur my aan te val, gaan hierdie vrae nie weggaan nie, want daar is reeds heelwat internasionale kommentators wat dieselfde kwessies oor Afrika en Suid-Afrika ophaal. Indien hulle almal rassiste is, bly daar naderhand niemand oor wat oor die swart mense van Afrika mag skryf sonder om oombliklik van rassisme beskuldig te word nie. Dis die logika van 'n Mugabe wat sy eie foute op die "kolonialiste en rassiste" projekteer.

  3. Om iemand 'n "rassis" te noem, is 'n gewone belediging. Gegewe die feit dat die meeste mense wat die woord rassis gebruik, nie eens in staat is om dit behoorlik te definieer nie, is ek geneig om nogal waarde aan hierdie interpretasie te heg.

Maar laat ons sien wat die kekkelende visvywe en swaksinnige manlike sikofante wat te bang is om my in die openbaar aan te val, en hulself met agteraf politiekery besig hou, hier op LitNet mee vorendag kan kom. Dit kan alles net baie vermaaklik raak.

Nog 'n vraag: Sweef die gees van wyle Bram Fischer, wat in lewe niks fout kon vind met Josef Stalin nie, deesdae oor die kampus van Stellenbosch sodat kommunistiese sensuur en verdagmakery posgevat het soos laas in Moskou tydens die dertigerjare? Word ek hier aan 'n skouverhoor blootgestel? Sal ek darem 'n klagstaat sien, of bly dit 'n Kafkaeske geval van skuldig te wees aan 'n misdaad waarvan jy self nooit die aard kan vasstel nie?

In die ou Suid-Afrika was ek die enigste skrywer wat suiwer op grond van wat ek geskryf of gepubliseer het, in die hof aangekla en skuldig bevind is, nogal aan "die produksie van ongewenste publikasies". Nou is daar weer eens pogings om my die swye op te lê omdat ek ongemaklike vrae vra oor die "wrede paradys", om saam met Stephen Smith te praat, wat Suid-Afrika deesdae geword het.

Watter skreiende ironie. Veral in die lig van die feit dat diegene wat tans agter kameraad Fischer en kameraad Stalin en al die anachronistiese has been-kamerade van die "Ruwe Suid-Afrika" aanhardloop, destyds maar te gelukkig was om gat te kruip by die Nasionale Party en John Vorster se leë Oude Meester-bottels vir huisgode in hul sitkamers uit te stal.

Nietemin sal niemand en niks my van die Woordfees af weghou nie, al swig prof Chris Brink nou ook onder die druk om my daar persona non grata te verklaar en ontbied hy die onluspolisie as ek opdaag. Nou onlangs is ek met geweld van die galery in die Pretoriase raadsaal verwyder, dus sal dit nie die eerste keer wees dat hierdie behandeling my in die sogenaamde "demokratiese" Suid-Afrika te beurt val nie.



LitNet: 21 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.