SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Nou sien ons aan wie se voet die grys skoen sit

John Miles

is 'n Afrikaanse skrywer van wie twee tekste in die apartheidsjare verbied is: 'n roman (Donderdag of Woensdag) om oorwegend godsdienstige redes, en 'n kinderboek (Stanley Bekker en die boikot) vanweë politieke sensitiwiteite.

In "Adapt and Die" probeer Dan Roodt misdaad uitsluitlik op 'n rasgrondslag verklaar. Om 'n verwikkelde verskynsel soos misdaad aan slegs een oorsaak toe te skryf skiet, om die minste te sê, noodwendig te kort. Dit weet elke eerstejaarstudent in die sosiale wetenskappe. Meer as 150 jaar gelede het De Gobineau in die gees van die Europese meerderwaardigheid van sy tyd met 'n soortgelyke rasse-determinisme voorkoppe gemeet om sy teorie te probeer staaf. Roodt se velkleur-determinisme kom geen tree verder nie. Waar De Gobineau 19de-eeuse wetenskap bedryf het en geen politiek nie, slaag 'n anachronistiese Roodt bloot daarin om mense van hulle menswaardigheid te stroop.

Die vraag word gevra of swart mense se menseregte deur sulke stellings bedreig word. Bedreig sommige uitsprake van die ANC Jeugliga my? Word my menseregte bedreig deur stellings in Franz Fanon se Die verworpelinge van die aarde? Die antwoord is: nee. Dat dit as onsensitief ervaar kan word, is wel waar. Nie omdat ons in 'n multikulturele samelewing woon nie - elke samelewing het sensitiewe kwessies waar bepaalde debatte met omsigtigheid hanteer word of selfs taboe is. In die apartheidsjare het ons tot vervelens toe gehoor hoe uniek ons is en dat houdings, standpunte wat in ander (homogene) gemeenskappe prakties haalbaar is, nie by ons kan werk nie. Homogene samelewings het ook hulle sensitiewe kwessies.

Die druk wat die organiseerders van die Woordfees tans ervaar om die uitnodiging aan Dan Roodt om aan 'n literêre debat deel te neem, roep 'n soortgelyke situasie van 1989 op toe daar, veral vanuit die destydse UDF, druk op die organiseerders van die Weekly Mail se sensuur-simposium was om die uitnodiging aan Salmon Rushdie terug te trek vanweë sg anti-Moslem-sentimente in sy pas verskene Satanic Verses. Die druk was suksesvol, maar nie sonder skande nie: in die daaropvolgende debat kon ons van JM Coetzee op kenmerkend skerpsinnige wyse kritiek op sensuur aanhoor tot groot verleentheid van Nadine Gordimer wat onder daardie politieke druk geswig het. Hiermee wil ek nie Rushdie aan Roodt gelykstel nie, maar die beginsel bly dieselfde.

'n Gemeenskap se prioriteitslys van sensitiwiteite en toelaatbare menings word opgestel deur diegene in wie se hande politieke beheer is en hulle handlangers. 'n Universiteit is egter juis die plek waar sensitiewe sake ondersoek en bespreek word. Daarom is die uitnodiging aan Dan Roodt om op die kampus aan 'n literêre debat deel te neem geen verleentheid vir die US nie. Vir 'n gerespekteerde universiteit kan geen idee gevaarlik wees nie. Buitendien verdien Roodt deur sy literêre bydraes 'n plek op die paneel van skrywers. Om vryheid van spraak as gevaarlik te sien, beteken dikwels die begin van die einde van spraakvryheid.

Daarom is die antwoord van die Woordfees-organiseerders verblydend. Gelukkig het Dorothea van Zyl nie soos Nadine Gordimer destyds in die politieke grys gat getrap nie. Uit haar antwoord moet ook afgelei word dat dit volgende keer nie so maklik sal wees om moontlik "omstrede" te wees nie. Mens hoor die grys stewels in gelid die gang afgestap kom, waardige lakeie in die veldtog van kulturele suiwering.

Wat is die verrassing nie groot nie om te lees dat die nuwe kulturele sensureerders uit die korps van die emosionele Fischer-kamp kom, vaandeldraers van "Die Groot Transformasiesprong". Dis dan hoe dit lyk: sensuur in die naam van "rolling transformation".

Nou sien ons aan wie se voet die grys skoen sit.



LitNet: 22 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.