VryepoortArchive
  Versorg deur: Kabous Meiring, Johan Pienaar en Susan Samuel
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vryepoort@LitNet

Vryepoortstasie


Projek
Afrika Afrikaan

Projekskets: AFRIKA AFRIKAAN vrywilligersprojek


Kapittel
Datums

16 Junie - Jeugdag


Vlampunte

'n Generasie wat nie compromise nie

Lauren Thys
Brightest Young Minds

Dit is fassinerend hoe disconnected ’n groot deel van ons jeug is. As ek nóú vir baie van my vriende vra of hulle Jeugdag gevier het deur iets te doen wat anders is as om die Comrades te kyk, dan kyk hulle my aan met verwarde gesigte, want “dis mos nie óns dag nie!”

Tog moet ek liefs van my moral high ground afklim: ek het self dwarsdeur my hoërskoolloopbaan geglo dat Jeugdag iets is vir die mense van Soweto wat nie in Afrikaans wou klas hê nie. En natuurlik het ek net geïrriteerd geraak met daai magdom Jeugdag-programme op SABC2 waar almal kompeteer om te sien wie die meeste clichés kan rondgooi oor die “youth of today”. (Pleinweg gestel: ’n jaarlikse oefening afgesaag genoeg om my te laat braak.)

En dan begin ons mekaar weer verkeerd verstaan, want die Soweto-outjie glo dat die Durbanville-outjie nie omgee nie, terwyl die Durbanville-outjie eintlik net ignorant is – hy verstaan nie waaroor al die fuss gaan nie.

Voorheen was die oorheersende opinie net: Ek het niks verkeerd gedoen nie, hoekom moet ek omgee? Maar in 2006 is baie van ons nou mooi groot en begin ons meer dink oor al dié dinge, en deesdae is die ín vraag onder die jong intellektueles: Moet ek skuldig voel? Of: moet ek skuldig voel omdat ek nie skuldig voel nie?

’n Baie belangrike punt om op dié stadium van kennis te dra: diegene wat nie skuldig voel nie, of wat wonder of hulle moet skuldig voel, is nie net meer een kleur nie. Waar dit voorheen ’n wit/swart-ding was, is dit nou ’n ekonomiese ding. Mense se betrokkenheid by sosiale issues hang, in my nederige opinie, baie nou saam met hul lewenstandaard. As jy nog in dieselfde hopelose omstandighede bly as jou ouers dertig jaar gelede (toe hulle gestruggle het), dien dit natuurlik vir jou as daaglikse herinnering om ’n aktiewe rol te bly speel, om te verseker dat die verlede hom nie herhaal nie.

In dié lig gesien: Kan ons dan regtig verbaas wees as ’n toenemende aantal jong mense disconnected is? Wanneer oom Trevor-hulle daagliks die lof van die groeiende ekonomie en swart middelklas besing, kry mens die idee dat al hoe meer mense begin deel in die ekonomiese vleispotte van Suid-Afrika en dat vandag se kindertjies al hoe minder gekonfronteer word met die omstandighede waarin hul ouers grootgeword het.
 
Ek kry die gevoel dat niemand lus is om ’n geskiedenis te vier of deel wat hulle nie eens reg verstaan nie, grootliks omdat hulle nie deel daarvan was nie en hulle nie met die onaangename gevolge daarvan opgeskeep sit nie.

So wat nou gemaak? Is ons jeug regtig so ongevoelig en selfsugtig? Beteken dit dat hulle nie omgee nie? Moet ek tog nou maar skuldig voel as ek nie na die FNB Soccer Stadium toe wil gaan op Jeugdag nie?

Ek dink egter die groot sondaar is die clichés van die struggle-verlede. Die probleem hiermee is dat dít slegs aanklank vind by ’n sekere groep, hoofsaaklik die ouer generasie. Dit is nie dat die jongeres nie wíl praat oor, of weet van, die verlede nie; hulle wil dit bloot op húl terme doen, waar niemand uitgesluit word oor hul van nie minstens drie opeenvolgende konsonante bevat nie, of oor hulle nie van die Kaapse Vlakte af kom nie.

Daar is ’n groeiende behoefte onder jongmense om gesprekke te voer met ander jongmense. Nie met mense wat besluit hoe die geskiedenis moet lyk, en belangriker nog, hoe hulle daaroor moet voel of dit moet herdenk/vier nie.
En dis die groot onderskeidende faktor wat ek sien vir die volgende tien jaar: ons lyk dalk nou disconnected, maar eintlik vorm ons net ons eie geskiedenis op ons eie terme. Dis nie dat ons nie Jeugdag wil vier per se nie; ons wil dit bloot op ’n ander manier vier.

Iets wat my opgewonde maak hieroor, is die vasbeslotenheid om nie te kompromitteer wat dít betref nie. Vandag se jong mense laat hulself eenvoudig nie in ’n blik druk nie.

Natuurlik kan ek nie belowe dat ’n 100 persent-reënboognasie teen 2016 by die FNB Soccer Stadium gaan saamkom om liedjies te sing nie. Ek weet egter wel dat 2016 se jeug baie minder omgee oor hoe hulle móét voel (volgens die polities korrekte barometer) en nie skaam gaan wees om dit te erken nie. Dis ’n generasie wat, soos toenemend nou te siene is, nie bang is om te sê dat hulle wel voel, maar op ’n ander manier nie.




LitNet: 8 Augustus 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Opinies/essays kan gestuur word na redaksie@vryepoortstasie.co.za, of jy kan op SêNet reageer deur 'n brief te stuur aan webvoet@litnet.co.za.

to the top / boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.