![]() |
![]() |
![]() ![]() |
![]() |
Versorg deur: Kabous Meiring, Johan Pienaar en Susan Samuel |
|
![]() |
![]()
Potchefstroom KapittelTerugvoer / FeedbackTerugvoer deur Steven BoschNa aanleiding van die kapittel wat op 28 Mei in Potchefstroom gehou is, het ek besef hoe nodig dit is dat meer gesprekke soos hierdie op plaaslike forum plaasvind. Natuurlik is die kwessies wat ons as jongmense raak, breedweg dieselfde, maar vanuit 'n gesprek wat Fokofpolisiekar as sterk vertrekpunt gehad het, is dit duidelik dat die jeug van Potchefstroom (wel, ten minste diegene wat daar was) krities dink oor waardes en wie namens ons daaroor besluit. Die Afrikaanse jongmens van vandag is nie iets wat in boksies gedruk behoort te word nie. Ons is ook nie mense wat daarin wil wees nie. Dit wil voorkom asof ons juis ook in terme van identiteit meer wil kan besluit oor waar ons onsself plaas. Die uiteinde is dat die jongmens van vandag eerder beweeg na 'n plek waar ons gemaklik kan wees, en nie in die bedreigings van ons eie keuses wil beweeg nie. Die groep het dan ook na moontlike kwessies van klas, kultuur en waardes gekyk om daardeur sin te probeer maak uit waar ons vandag in Suid-Afrika staan. Hoewel ons in 'n tyd van breë apatie leef, was die kapittel nooit stil of vervelig nie. Die plaaslike gesprek het juis gewys dat ons meer gereeld moet praat, meer gereeld moet sin praat, maar ook meer na mekaar moet luister. Steven Bosch
LitNet: 8 Junie 2006 Wil jy reageer op hierdie artikel? Opinies/essays kan gestuur word na redaksie@vryepoortstasie.co.za, of jy kan op SêNet reageer deur 'n brief te stuur aan webvoet@litnet.co.za. om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |