 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
 |
 |
 |
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |
|
|
 |

Hector P
(Soweto 1976)
Liriek: Amanda Strydom
Musiek: Amanda Strydom / Didi Kriel
Ek was neëntien jaar oud toe Hector gesterf het
Hy was dertien jaar oud met 'n koeël deur sy lyf
Dit was koud in ons voorhuis - op die sestiende Junie
En die wind het geruk aan die vlag by die hek
En my pa het gesê "draai tog jou serp om"
Uit die sitkamer voor ons nuwe TV
En dis toe wat ek sien hoe jy val langs jou suster
En my ma sê "kom eet die bobotie word koud"
Koor:
Hector Peterson -
Kind met die glimlag
Kind van die struggle
Kind van ons grond
Ek was neëntien jaar oud toe ek sien wat hier aangaan
Hy was dertien jaar oud en het lankal geweet
En my pa skud sy kop vir Soweto se kinders
Wat mars teen die taal wat hy jare lank praat
Koor:
Hector Peterson -
Kind met die glimlag
Kind van die struggle
Kind van ons grond
Ek was neëntien jaar oud en Hector skaars dertien
Ek was veilig verskans teen die skreeuende waarheid
In die naam van die Heer en die swakheid van vaders
Wat niks aan die sirkus van waansin wou doen
Koor:
Hector Peterson -
Kind met die glimlag
Kind van die struggle
Kind van ons grond
Dis weer sestien Junie en ek sien Hector se foto
Op voorblaaie dwarsoor die land
Hy lê so stil in die arms van Nbuyisa Mukhubu
Sy vlerke geknip sodat ander kan vlieg
Koor:
Hector Peterson -
Kind met die glimlag
Kind van die struggle
Kind van ons grond
Hector Peterson -
Kind van die struggle
Kind van ons grond
Kind met die glimlag wat
Grynslag geword het - dis rooi om jou mond
Dis rooi om jou mond dis rooi
LitNet: 15 Junie 2006
Wil jy reageer op hierdie artikel?
Opinies/essays kan gestuur word na redaksie@vryepoortstasie.co.za,
of jy kan op SêNet reageer deur 'n brief te stuur aan webvoet@litnet.co.za.
to the top / boontoe
|
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
|