VryepoortArchive
  Versorg deur: Kabous Meiring, Johan Pienaar en Susan Samuel
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vryepoort@LitNet

Vryepoortstasie


Projek
Afrika Afrikaan

Projekskets: AFRIKA AFRIKAAN vrywilligersprojek


Kapittel
Datums

16 Junie - Jeugdag


Vlampunte

Wat moet die jeug weet van vandag se politiek?

Adriaan Basson*

1. Daar woed tans 'n felle stryd om die siel van die ANC.

2. Die ANC is breedweg in twee kampe verdeel: 'n Mbeki-kamp en 'n Zuma-kamp.

3. Die Zuma-kamp bestaan grotendeels uit vakbondleiers, kommuniste, werkers en tradisionaliste.

4. Mbeki se ondersteuners, waaronder die nuwe elite, sakelui en ANC-ministers, hou hul kaarte naby aan die bors en praat nie tans so hard soos die Zuma-kamp nie.

5. Die volgende ANC-president, wat waarskynlik in 2009 by Mbeki as president van die land sal oorneem, word Desember volgende jaar verkies.

6. Mbeki sê hy wil hê 'n vrou moet hom as president opvolg.

7. Adjunkpresident Phumzile Mlambo-Ngcuka het reeds gesê dat sy nie president van die land wil word nie.

8. Zuma se ondersteuners argumenteer dit is Mbeki se manier om steun teen Zuma se kandidatuur te werf.

9. ANC-binnekringers vrees dat die presidensiële opvolgstryd kan oorspoel na die land se veiligheidsmagte.

10. Die voormalige spioenbaas, mnr Billy Masetlha, wat glo opdrag gegee het vir die vervaardiging van vals e-posse om die Mbeki-kamp sleg te laat lyk, is 'n voorbeeld hiervan.

11. In 2004 se algemene verkiesing het daar ongeveer 15,6 miljoen mense uit 'n bevolking van 44 miljoen+ gestem.

12. Die ANC het nasionaal 10,8 miljoen stemme (69,69 persent) gekry, gevolg deur die DA (12,37 persent) en die IVP (6,97 persent).

13. Die kabinet bestaan uit 28 ministers, die president en sy adjunk.

14. Mnr Mosibudi Mangena, leier van Azapo, is die minister van wetenskap en tegnologie en die enigste minister wat nie aan die ANC behoort nie.

15. Die NP/NNP bestaan nie meer nie en baie van sy lede, soos mnr Marthinus van Schalkwyk, het by die ANC aangesluit.

16. Die DA is die enigste opposisieparty wat (met die hulp van kleiner opposisiepartye) in die afgelope munisipale verkiesing 'n metroraad (Kaapstad) kon verower.

17. Burgemeesters van ANC-beheerde metrorade word vanuit Luthuli-huis (die ANC-hoofkantoor) aangewys.

18. Die parlement bestaan uit twee dele: die nasionale vergadering (NA) en die nasionale raad van provinsies (NCOP).

19. Die partye met 5 of meer setels in die NA is: ANC, DA, IVP, VF+, UDM en OD.

20. Mbeki word 64 op 18 Junie 2006.



* Basson (25) is 'n ondersoekende joernalis by Beeld in Johannesburg. Hy kan hier gekontak word.




LitNet: 2 Junie 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

to the top / boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.