VryepoortArchive
  Versorg deur: Kabous Meiring, Johan Pienaar en Susan Samuel
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vryepoort@LitNet

Vryepoortstasie


Projek
Afrika Afrikaan

Projekskets: AFRIKA AFRIKAAN vrywilligersprojek


Kapittel
Datums

16 Junie - Jeugdag


Vlampunte

As 'n mens dan nou optimisties MOET wees

Hanno Botha


Baie geluk met die loodsing van Vryepoort! Die eerste paar bydraes het hopelik sommer baie jongmense soos Maria Strydom laat wonder waaroor ons nou eintlik moet omgee (of nie omgee nie). Adriaan Basson se 20-punt "moet weet"-lys van die Suid-Afrikaanse politiek is so reg in die kraal van ons jongmense, wat alewig op soek is na vinnige en maklik verteerbare inligting.

Om deels Maria se vraag te probeer beantwoord oor waaroor ons moet omgee, en deels gesprekvoering te stimuleer, het ek so 'n paar idees oor Suid-Afrika se huidige situasie geskets. Dis met opset optimisties, want so baie van ons jongmense staan juis apaties omdat ons sosiopolitieke omstandighede dikwels met pessimistiese ondertone voorgehou word. Hier dan 'n paar idees om ons suburban dinner parties 'n bietjie meer interessant te maak:

a. Teen Mei vanjaar was meer as 86 persent van alle grondeise reeds afgehandel.

b. Die film Tsotsi palm 'n Oscar in vir die beste internasionale produksie by die jaarlikse Academy Awards-toekennings in Los Angeles.

c. Verlede jaar is 'n nuwe diens deur die regering geloods: die Telefoontolkdiens vir Suid-Afrika (TISSA) word gebruik wanneer 'n lid van die publiek en 'n staatsbeampte sukkel om mekaar te verstaan. Die beampte bel dan vir TISSA, waar hulle deur 'n spesiale konferensiestel via 'n tolk kan kommunikeer.

d. Suid-Afrika se eerste gratis tersiêre inrigting, TSiBA, is verlede jaar met 80 studente begin.

e. R193 miljoen word tans belê in die ontwikkeling van oorgrens- en nasionale parke. Die voordele vir beide die omgewing en toerisme is verreikend.

f. Die Wêreldbank en die International Finance Corporation het Suid-Afrika se vermoë om beleggers te beskerm as agste wêreldwyd geplaas.

g. Suid-Afrika bestee 35 persent van sy huidige Buitelandse Sake-begroting aan Afrika, met 'n verhoogde bydrae tot die Afrika Unie-begroting vanaf omtrent 8 persent tot 15 persent. Buiten ons betrokkenheid by vredespogings in Burundi en Cote d'Ivoire is ons ook aktief betrokke by vredesprosesse in verskeie Afrika-konflikte, insluitende die Demokratiese Republiek van Kongo.

h. Ons MIV+ bevolking word op 12,5 persent geraam. Die voorsiening van antiretrovirale middels is begin, maar nie teen die verwagte pas nie. Ons het ongeveer een miljoen vigswesies, wat wyd geag word as ons mees kritieke maatskaplike probleem. Die goeie nuus is dat omtrent 900 000 van hierdie wesies op een of ander manier versorg word. Die privaatsektor dra ook toenemend by met hul eie ondersteuningsprogramme. Maatskappye soos BMW, Volkswagen Suid-Afrika en AngloGold se pogings word wêreldwyd erken.

i. Omtrent 20 persent van ons land se armes het teen Februarie verlede jaar voordeel getrek uit die regering se behuising-, water-, elektrisiteit- en maatskaplike-toelae-stelsel. As dit ingereken word by Suid-Afrika se GINI-koëffisiënt, sou dit waarskynlik nader aan 0,38 wees as aan die huidige 0,7.

j. Ons polisie-tot-bevolkingsratio is verbeter vanaf 1:500 vyf jaar gelede tot ongeveer 1:310. Die polisiediens in baie ander ontwikkelende lande het 'n veel hoër korrupsiekoers as Suid-Afrika s'n. Ons arrestasie- en skuldigbevindingsvlakke vergelyk ook goed met die meeste ontwikkelde lande s’n.

k. 'n Multimiljard-rand bio-etanol-projek word tans in die Vrystaat ontwikkel. Dit gaan die Suid-Afrikaanse landbousektor 'n massiewe hupstoot gee en Suid-Afrika voorsien van 'n lewensvatbare alternatief vir energieproduksie.

l. Die Uitgebreide Openbare Werke-program (EPWP) het verlede jaar 223 400 bruto werksgeleenthede deur 3 400 projekte landwyd geskep. Van dié wat voordeel getrek het uit hierdie projekte, was 38 persent vroue.

m. Moordsyfers in Suid-Afrika is 38 persent minder as tien jaar gelede. Daar was verlede jaar 86 persent minder bankrowe as tien jaar gelede. Suid-Afrikaanse banke is verlede jaar 58 keer beroof, wat goed vergelyk met die Verenigde Koninkryk se 520!

n. Die gewilde Microsoft Windows XP is sedert April vanjaar in Zoeloe beskikbaar, te danke aan 'n baanbrekersinisiatief wat daarop gemik is om toegang tot tegnologie te verbreed. Die stelsel sal in die komende maande ook in Afrikaans en Tswana beskikbaar gestel word.

o. Die Kresge-stigting, wat bekend is vir hul kapasiteitsbou-toekennings aan niewinsgewende veldtogte in die VSA, het in Desember $10 m vir spesiale inisiatiewe in Suid-Afrika bemaak.

p. Na sy vyfde opeenvolgende oorwinning by die Boston Marathon is Ernst van Dyk verlede week aangewys as Laureus se Sportpersoon van die Jaar.

q. Baie kan gesê word van Suid-Afrika se kontroversiële “wapentransaksie”, maar een positiewe uitkoms was die invloei van R600 m in die Suid-Afrikaanse ekonomie en die skep van minstens 7 000 werksgeleenthede.

Ek sien uit na sommer baie aktiwiteit op hierdie forum.


Groete

Hanno



LitNet: 27 Junie 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Opinies/essays kan gestuur word na redaksie@vryepoortstasie.co.za, of jy kan op SêNet reageer deur 'n brief te stuur aan webvoet@litnet.co.za.

to the top / boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.