SpookNet — rubriek oor aktuele sake
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

SpookNet | Johann Rossouw

Rubrieke

SpookNet

Een van die verblydende ontwikkelinge van die era na 1994 is die opbloei van denke en debat in die openbare Afrikaanse ruimte. Kennelik het die beëindiging van politieke apartheid ook vir dié wat voorheen die magshebbers was ’n nuwe moontlikheid tot gesprek en vars denke tot stand gebring. ’n Opvallende kenmerk van die Afrikaanse geesteslewe in die twintigste eeu was die feitlik totale afwesigheid van filosofie op sigself. Ja, daar was figure soos Marthinus Versfeld, WA de Klerk en Johan Degenaar, in mindere mate selfs NP van Wyk Louw. Maar in groot mate is ons geesteswêreld deur predikante, politici en skrywers gevoed. Miskien beteken die einde van politieke apartheid die begin van ’n meer gewortelde (Suid-)Afrikaanse denktradisie. Navorsing wat Pieter Duvenage oor die afgelope jaar gedoen het, toon dat daar wel sprake was van so ’n tradisie voor 1994, maar die gespreksruimte onder kolonialisme en apartheid was veels te beperk om so ’n tradisie tot sy reg te laat kom. Hoe dit ook al sy, of ons ons vandag aan die begin van ’n nuwe tradisie bevind of nie, kan minstens een ding met sekerheid gesê word, naamlik dat die ou antwoorde op die vraagstukke van ons tyd verby is. Aan die einde van die twintigste eeu is dit duidelik dat die groot ideologieë se tyd almal einde se kant toe staan. Van die drie grotes — Kommunisme, nasionalisme en liberalisme — het laasgenoemde miskien die beste politieke rekord. Maar dit wat nou toenemend in die naam van die neoliberale “vrye mark” gepleeg word, is kwalik besig om ons tot ’n nuwe wêreldorde te lei. Interessant genoeg het al drie ideologieë filosofies grootliks in die negentiende eeu hul beslag gekry. Sedertdien het die wêreld byna onherkenbaar verander. Die rol van die staat, die opkoms van die verbruikersamelewing, die kultuurnywerheid, die aanbreek van die inligtingsera — om maar ’n paar ontwikkelinge te noem — het nie net ons manier van wees onherroeplik ve rander nie, maar ook die denke voor nuwe uitdagings gestel.
    Hoewel hierdie ontwikkelinge nou oral op verskillende maniere vorm aanneem en in die proses eenvoudig te groot en kompleks is om sommer maar net so deurdink te word, kan ons nie terselfdertyd ophou dink nie. Elke ervaring het minstens twee komponente: die gebeurtenis en die nadenke daaroor. Wie nie nagedink het nie, het nie ervaar nie. En die tempo van ons hedendaagse lewe maak dit nog makliker as ooit om te leef sonder om te beleef. Miskien is die aangewese opsie om ’n blaadjie uit Foucault se boek te neem: deurdink die plaaslike, want dit is op stuk van sake ook waar magsverhoudinge hulle ontplooi. Dink hier, dink nou. Probeer tegelyk groter parallelle trek.
    Dit is wat ek in samewerking met ander mense op SpookNet sal probeer doen. SpookNet is ’n uitvloeisel uit Spookstasie, radiosondergrense se weeklikse program oor filosofie en kultuur wat Saterdagaande om 23:00 uitgesaai word. Hier is niks tasbaars en finaal nie, net so min as wat die virtuele ruimte tasbaar en finaal is. Tog kan deursigtige spoke mense in beweging bring.
    Net ’n laaste punt: denke is nie noodwendig polemiek nie. Ek het ’n spook dood aan die idee dat denke noodwendig moet opjaag, skok of kwaad maak. Dit kan dit doen, maar dit hoef nie. Aanhou beweeg en geraas maak, ja, maar eers die beweeg en dan die geraas.
    Kom spook dus gerus saam.

boontoe

Johann Rossouw

Johann Rossouw is redaksielid van die Fragmente: Tydskrif vir Filosofie en Kultuurkritiek, lid van die werkkomitee van die Groep van 63 en sameroeper van die lesingreeks van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Hy is die vertaler van onder meer Pascal Quignard se Elke Oggend van die Wêreld (Protea, 2000). Hy is tans besig met 'n proefskrif oor tegniek en republiek in die Afrikaanse gemeenskap onder leiding van Régis Debray aan die Universiteit van Lyon-III in Frankryk.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.