|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |
|
|
|
Die meeste resensies van Pieter Fourie se Ek, Anna van Wyk, onder briljante regie van Marthinus Basson, wat vroeër vanjaar op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) geopen het, het gefokus op die feit dat die stuk (polities) al gedateerd is. Basson het egter daarin geslaag om n belangriker faset van die drama te beklemtoon, naamlik wat dit buite n bepaalde politieke konteks oor die werkinge van mag te sê het. Pieter Duvenage, mede-aanbieder van Spookstasie en filosoof verbonde aan die Universiteit van die Noorde, probeer om met hierdie essay die openbare debat oor hierdie drama verder te stimuleer. Dit is die verwerking van n bespreking oor die drama wat hy vroeër vanjaar tydens die jaarlikse produksiebesprekingsreeks van die KKNK, Die Karookafee, gelei het. Ná speelvakke by die KKNK, Pretoria se Staatsteater en Durban se Playhouse, word die drama nog opgevoer in Bloemfontein se André Huguenet-teater, (12-21 Augustus) en in Kaapstad se Nico (26 Augustus 4 September).
Die vergestaltings van mag
Pieter Duvenhage
Wanneer Anna n sambreel in die eerste bedryf oopmaak, word n belangrike sleutel van dié drama verskaf. Die sambreel wat die reën en die son moet keer, bestaan nie meer nie. Net die geraamte, die draadwerk van die sambreel, bly oor soos die karkasse (of vlerke) wat in die agtergrond op kaste geïnstalleer is. Anna beskik nie oor die sekerhede van die dominee se geestelike of die dokter se tegnies-wetenskaplike wêreld nie, waar alles oënskynlik uitgeweer kan word. En hierdie onsekerheid of magteloosheid, so n gepaste omskrywing van ons tyd, sirkuleer regdeur die drama.
Een vlak waarop die onsekerheid geïnterpreteer kan word, is om na die geskiedenis van die drama te kyk. Behalwe dat dit n selfbewuste poging was om die konvensies van die teks en teater uit te daag, was dit ook in n bepaalde tydsgewrig geskryf die donker tagtigerjare van n toenemend totalitêre oorlogsekonomie. In dié opsig het die politieke implikasies van die drama min verduideliking nodig. Nou, byna vyftien jaar later, in n ander tydsgewrig (post-1994 met die oppervlak-tendens van politieke onderdrukking uit die weg geruim), en in die bekwame en briljante hande van Marthinus Basson, verkry die teks weer n nuwe lewe. Hierdeur word die drama aan n nuwe gehoor en aan nuwe omstandighede blootgestel. Dit is terselfdertyd n kragtige voorbeeld dat die kunswerk nie outonoom kan bestaan nie. Basson se verhoog-interpretasie van Fourie se teks is terselfdertyd n verdere intensifisering van die mags- en manipuleringstrategieë wat tot beskikking van die regisseur staan. Dit is veral hierdie aspek, naamlik mag in sy opsigtelike en verbloemde vergestaltings, wat na my mening n verdere belangrike sleutel tot die drama verskaf. Dit gaan oor die Fascis in ons elkeen (man, vrou, wetenskaplike, geestelike, geslagtelike, vryheidsvegter, nasionalis), maar ook die Fascisme wat in die teks skuilhou.
Dit is juis vanweë die magsrelasies wat in die teks geleë is dat Pieter Fourie alle vorme van struktuur, vorm en konstruksie so meedoënloos uitdaag. n Mens kan hierdie strategie dekonstruksie noem (wat anders as totale verwoesting is). As Fourie dit in sy dramateks doen, dan kry mens die gevoel dat Marthinus Basson dit in sy regie nog verder verhewig. Daar is tye dat die gehoor by Oudtshoorn gevoel het dat die teks besig is om aan sy kante los te torring, dat die drama besig is om vanaf die verhoog in alle rigtings te sypel. Beslis nie n ervaring wat tot gemak stem nie, beide vir spelers en gehoor, maar ook nie die ervaring wat ons kan ontkom indien ons denkend in hierdie droewige land wil lewe nie. Net die sambreel se geraamte bly oor ...
Een van die ooglopende vergestaltings van mag waarop die drama kommentaar lewer, is Afrikaner-nasionalisme. Anna heet nie verniet Van Wyk nie. Het ons nie vanaf die vroegste tye in hierdie land, hierdie wit land, kaarte geteken, grensdrade gespan en die distrikte in wyke verdeel nie? Het Sarie Marais nie juis in die wyk van die Mooirivier gewoon nie, dié Mooirivier wat later by Eugène Marais die Donkerstroom word nie? En het ons nie nog steeds die benaming van wyke in kerkgemeentes in die land nie? Maar Anna is nie net n wyk in hierdie sin nie; sy is ook vrou wat wil wyk (vlug) van patriargie in al sy gestaltes. Ben Kruger (in die rol van Pierre Terblanche en die dominee) beeld hierdie vorm van mag treffend uit. n Mens wil amper voel dit word te sterk uitgebeeld nou in die tyd van regstellende aksie en die byna uitgestorwe WAM (wit Afrikaanse man) in die staatsdiens. Maar: word die partye waarvoor Afrikaners stem, die banke waar hulle bank, die skole en universiteite wat hulle bywoon en die makelaarsfirmas waar hulle met aandele speel, nie steeds deur manlike (patriargale) simbole oorheers nie? Een van die ambivalente dimensies van die gesiglose stem in die drama is juis om hiervan blyke te gee.
n Ander vorm van mag wat in die drama behandel word, is kolonialisme en post-kolonialisme. Die tweede bedryf van die drama staan in die teken van hoe die ander nog grotendeels deur die Afrikaner gehanteer is. So is bruinman/kleurling albei woorde wat n mens beskryf, etiketteer en objektiveer. Uiters beeldend en ontstellend vertoon Marthinus Basson die ander as doopfonthouer en arbeider. Uiteindelik is daar die wrede toneel waar Pierre Terblanche sy arbeiders wegdrywe en hulle die wyk moet neem tot die ander kant van die pas. Maar, soos Anna, het hulle hande n belangrike metafoor in die drama wat die vuurhoutjie kan trek wat later tot die kollektiewe vlam van die swart vryheidstryd bygedra het.
n Derde dimensie van mag, en hier kan Marthinus Basson se hand duidelik gesien word, is dié van gender- of geslagstereotipering. Dit begin met die verwisseling van manlike en vroulike figure waar jy die teenoorgestelde verwag. Hierdie duiselspel van geslagsidentiteit word treffend versterk deur die kasdeure wat op die verhoog oop- en toeslaan dalk n sinspeling daarop dat dit nie so eenvoudig is om net uit die kas te kom nie. n Ander interessante punt met die oop kasdeure is dat dit die binnekant van die menslike anatomie vertoon. Dit is asof die regisseur wil vra: is ons biologies gedetermineerd soos sommige vertakkinge van die wetenskap wil beweer? Of, word ons identiteit deur sekere konvensies gesosialiseer? Dit is interessant dat hierdie vrae op die Oudtshoorn-program met behulp van die liggaamlike afwyking van epilepsie beskryf was. Dit is egter net die oppervlak. Net soos mens indringende vrae kan vra oor die medies-wetenskaplike aard van epilepsie, net so kan mens ook vra oor die afwyking van homoseksualiteit. Lê dit in die gene of in die sosialisering? Is ons bloot leë bottels wat met n ander inhoud gevul kan word, soos baie wetenskaplikes ons wil wys maak, of is die mens véél meer gekompliseerd en n misterie?
Om op te som: ons het nie net te doen met die politieke en kerklike wyk, die wyking van die vrou of die ander en liggaamlike afwyking nie, maar, volgens my, ook nog n vierde wyk, die binnewyke, of, soos Karel Schoeman dit sou noem, die binneland, van die menslike psige. Dit is hier waar mens slim woorde soos die psigoanalise en onderbewuste kan gebruik, maar uiteindelik is een van die treffendste aspekte van die drama hoe Anna van Wyk (wie sy ook al mag wees, maar briljant vertolk deur Antoinette Kellerman) haar eie Waarheids- en Versoeningskommissie het. Meedoënloos verken sy die hoeke, kante en botsende stemme in haarself, tot sy by n oënskynlike oplossing kom die moord op Pierre Terreblanche1, die heer en meester van die wit aarde. Maar dan kom die skok (met die tweede slottoneel) dat niks, ook nie die bemoeienis met die self, tot n volledige afsluiting kom nie.
Waarmee sit mens dan ná die ervaring van die teks, drama en hierdie interpretasie vol leemtes? Sit mens nie met n geweldige fragmentering van self en samelewing nie? Is daar nog politieke strategieë oor vir minderhede te midde van n gefragmenteerde wêreld? Onwillekeurig wil mens vra: hoe is n politiek van non-identiteit anderkant nasionalisme, geslagstereotipering en n eendimensionele of logosentristiese selfbegrip moontlik? Hoewel n mens wil huiwer by die beantwoording hiervan, is n moontlike opsie om na n politiek te soek wat voortdurend waak teen die Fascis in hom- of haarself. Ook die Fascisme wat moontlik in hierdie interpretasie mag skuil.
1 Terreblanche beteken natuurlik wit aarde in Frans.
boontoe
|