|    Gert Vlok Nel 
        , die "hartseer troebadoer" van die Afrikaanse musiekbedryf, 
        het al kultusstatus verwerf onder die alternatiewe Afrikaanse gemeenskap. 
        Sy eerste, en tot nou toe enigste, poësiebundel,  Om te lewe 
        is onnatuurlik  (1993), is in 1995 met die Ingrid Jonker-prys 
        bekroon. Hierdie bundel is 'n skets van sy grootwordjare in Beaufort-Wes, 
        waar sy pa 'n spoorwegwerker was. Verskeie gedigte daaruit is ingesluit 
        in die Groot Verseboek en Gerrit Komrij se Die Afrikaanse 
        poësie in 'n duisend enkele gedigte.   Om te lewe is onnatuurlik is opgevolg deur die CD, om beaufort wes se beautiful woorde te vergeet. Hierdie CD bevat 'n versameling van sy enigmaties getoonsette gedigte, waaronder "Beautiful in Beaufort-Wes" en "Rivier". In 1997 het Gert begin opslae maak met sy gelyknamige vertoning die KKNK. Gert het deel van die algemene musiekpubliek se bewussyn 
      geword toe Theuns Jordaan sy "Beautiful in Beaufort-Wes" in 'n 
      verwerkte vorm op sy debuutalbum opgeneem het. |