Gian Groen is deel van die nuwe generasie liriekskrywers in Afrikaans.
Hy kry sy eerste plastiek Strat-replika op ouderdom twee. Hy word groot met Pa wat Charles Jacobie afrip op sy kitaar, 'n ma wat 'n Hammond-orrel-junkie is, en 'n platespeler wat net Elvis Presley-tunes ken. Op die ouderdom van elf leer sy pa hom 3 akkoorde (D, G, A) op die kitaar en "Suikerbossie" was na dag een onder die knie. Musiek pomp warm in die jong man se are en die liedjies word die een na die ander geskryf.
Gian Groen het sy sangloopbaan begin as hoofsanger van die groep Spinnekop, maar sing deesdae meer op sy eie. Gian het bekendheid verwerf in die algemene musiekpubliek toe Laurika Rauch sy liedjie “Vier seisoene kind” as die titelsnit vir haar CD Vier seisoene kind (2002) opgeneem het. Gian se nuwe CD, lied van die engele, waarop "Bietjie Blou"is, word binnekort vrygestel. |