SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Elke vrou het ’n geheim

Nicolene Prinsloo

Niks daarvan kan waar wees nie. Maar Bet weet sy is net in denial. Tog het sy gekom met die hoop dat hy sou praat, haar kon vertel dat niks daarvan waar kan wees nie. Toe Bet vir die laaste keer deur die hospitaaldeure stap, het 'n naarheid aan die binnekant van haar mond ingestoot en sy moes stadig en diep asemhaal om nie in die gladde, stil gange op te gooi nie. Haar voetstappe het op die linoleumvloere gekrap en gegly en in haar ore vibreer. Met die oopstoot van sy kamerdeur was dit asof die hangende stank in die kamer uitkoms gesoek het. Dit het haar omsirkel toe sy die deur oopstoot. Sy het teen die muur gaan staan, weg van die bed af.

Haar pa se slap velle lÍ in voue tussen die lakens. Sy arms steek soos droŽ takke spasties uit sy lyf. Sy mond lÍ oop en slap in sy nek en om sy lippe het die slym reeds wit geword. Bet druk die palm van haar hand styf teen haar mond om die naarheid binne te hou.

Bet was altyd die een wat almal se geheime gehou het. Reeds van skooldae af. Nog nooit iemand in die steek gelaat nie. Reeds toe geweet as sy die bewaarder was, het sy ook die upper hand gehad. Niemand het ooit met haar skoor gesoek nie. Bet, in geheimhouding. Maar hierdie een is anders, dit soek reeds uitkoms. Iemand sal haar moet help dra aan diť een. Miskien as sy dit nie geheim hou nie, is dit nie waar nie. Dis waarom sy moet uitvind of dit alles wel waar is. Bet het gevoel asof sy in iemand anders se vel ingeklim het. Sy kan haarself met haar rug teen die muur sien staan, haar hand steeds styf teen haar mond gedruk en haar oŽ effens toe. Iemand anders.

Miskien is sy reeds te laat. Miskien is hy reeds dood. Of praat skielik drie woorde voor hy sterf: "Nie waar nie." So lank wens sy hom al dood. Sy weet haar ma het hom ook vir baie lank doodgewens, maar iets het haar altyd daarvan weerhou om hom te verlaat. So lank het Bet gewens haar ma moet hom laat staan. Kinderlik gedroom van 'n ander lewe, 'n ander man, sy een arm om haar ma se lyf geslaan. Soms het sy haar ma van die droom vertel. Dan't sy eers gelag, en dan sagter en ernstiger gesÍ, ingeval iemand anders dalk sou hoor: "Better the devil you know."

Die man in die hospitaalbed het eens fris, bruingebrande arms gehad waarop kaal meisies en slange getatoeŽer was. Nou is daar slegs gekrimpte inklyne oor. Saans was sy nog wakker as hy laat huis toe gekom het. Sy het na haar ma se eentonige asemhaling in die kamer langsaan geluister, sy het probeer om haar eie bors daarby te laat inval. En so gelÍ totdat sy hom by die voordeur kon hoor inkom. Sy het stil bly lÍ dat hy nie moes hoor sy is wakker in die kamer langsaan nie, stil bly lÍ tot hy klaar was in die badkamer, sy kon hom in die toilethokkie hoor pie en dan sy gulp opzip. Sy kon ook hoor hoe hy daarna in die kamer uittrek, uit sy broek uit klim en dan 'n kreun uit haar ma soos hy bo-op haar klim en sy wakker word. Soms het sy haar verbeel dat sy haar ma kon hoor snik, maar nou was dit haar eie asemhaling wat in haar ore weerklink het en dan het sy van die inspanning van haar eie asemhaling aan die slaap geraak.

Bet weet nie hoe lank sy so in die kamer bly staan het nie. Miskien het sy vir hom gewag om iets te sÍ. In haar later jare het Bet haar ma baie maal hoor sÍ dat sy nou moeg gedra is, hulle moet dit nou kom wegvat. En elke dag het sy dieper in haar bed weggekrimp. En nou is dit hy, maande al verlam en bedlÍend. Spraakloos. Maar sy mond altyd oop, so asof hy op die punt is om iets te sÍ. Miskien ook maar goed, want hulle het nooit veel vir mekaar te sÍ gehad nie. Haar weeklikse besoeke het in stilte verloop. Sy het gekom net om haar eie gewete te sus, die man is tog haar pa. Altyd seker gemaak hy is gemaklik, selfs vir hom 'n skaapvel gebring waarop hy kon lÍ. Lekkergoed aangedra, en soms die taaiheid met 'n klam lap van sy voorkop weggevee. Maar kon dit nooit regkry om meer as dit te doen nie. Sy het altyd haar horlosie fyn dopgehou en as besoektyd om was, haar handsak bly opgetel en dan die verskoning van besoektyd is verby gebruik om te loop. Selfs toe hy later na 'n gewone saal oorgeplaas is en besoekers enige tyd toegelaat is, hom steeds net een maal per week besoek, altyd op dieselfde tyd, altyd net vir 'n halfuur. Toe die dokter haar vertel dat sy kanse op herstel minimaal was, het sy die huis laat verkoop en omtrent alles wat binne-in was.

Dis hoe sy op die blik afgekom het. Ver agter in die boonste kas weggesteek, die een wat altyd gesluit was. Toe Bet die blik agter in die kas voel, het sy geweet sy vat aan 'n geheim. Sy het ook geweet as sy die blik sou oopmaak, sy iets sou weet waaroor sy later spyt sou wees. Sy het die vervaalde illustrasie op die plat blik bekyk. 'n Boer, met sy rug na een of ander soort landery, hou 'n beker naby sy vlesige lippe. Baanbrekerkoffie - vir baanbrekerboere staan in gekrulde letters op die blik geverf. Lyk nie juis na 'n blik vir geheime nie, het Bet gedink. Daarom het sy die blik eers weke lank bewaar. Eers heel agter in haar laai, onder haar onderklere. Toe heel bo op die boekrak. Toe in die kas tussen die kombuisware wat sy nooit gebruik nie. Maar sy was die hele tyd bewus van die outydse blik met sy prentjie van die boer wat op sy landerye staan en glimlag.

Sy het nie die middag beplan om die blik oop te maak nie. Maar die wolke wat skielik wye skadu's oor die tuin gegooi het, en die wind wat woedend in die tuin begin plunder het, het haar binnetoe forseer. Skielik was sy haastig om dit verby te kry. Maar sy wou ook nie oorhaastig wees nie. Sy het eers die ketel aangesit om koffie te maak, 'n beker uit die kas geneem en toe na die ander kas toe gestap, 'n wynglas uit die kas gehaal en haar glas tot die rand volgemaak. Daarmee is sy met die blik onder haar arm proe-proe kamer toe. Sy het kruisbeen op die skaapvel wat voor haar bed uitgesprei was gaan sit, die wyn langs haar op die vloer en die blik tussen haar knieŽ. Die skaapvel moet sy nog by die hospitaal kry, dis al hoe lank dat die verpleegster haar daarvoor vra vir die bedsere. Bet was skielik nie meer bang vir wat binne-in die blik was nie.

Sy moes albei hande gebruik om die effens geroeste deksel oop te kry. Die eerste stuk papier was 'n salarisstrokie. Bo-aan die papier staan in netjies gedrukte letters: Suid-Afrikaanse SpoorweŽ. South African Railways. Dan onder dit: SAS. SAR. Salarisstrokie. Payslip. Netto salaris. Net Salary: R75,00. Aftrekkings. Deductions: R12,75. Belasting. Tax: R7,20. Pensioen. Pension: R6,80. Die onderste deel van die papier was afgeskeur.

Sy sit die papier langs haar op die skaapvel neer. Daar is ook 'n kleurfoto van haar pa. Hy staan met gevoude arms in die deur van 'n treinenjin. Sy skat hom laat dertigs. Hy het 'n oorpak aan en 'n pet op sy kop. Die son skyn deur die treinwadeur en hy lyk gelukkig. Miskien sal sy eendag die foto laat raam en Írens in die huis ophang. Of vir haar broer gee om as erfstuk te bewaar.

Bet lig 'n dokument wat in die helfte gevou is uit die blik. Haar geboortesertifikaat. So dŪs waar dit die hele tyd was! Bet vra nou reeds jare daarna, maar haar ma het altyd gesÍ hulle het dit in een van die trekke verloor. Bet se volle naam is op die geboortesertifikaat in netjiese drukskrif geskryf. Date of birth, lees Bet, 16 June 1964. Bet kyk weer na die datum. Haar geboortedatum is dan tog 3 Augustus 1966? Is dit moontlik dat dit 'n fout kon wees? Bet draai die papier om om te sien of daar nie dalk iets anders daarop geskryf is nie. Daar is niks. Sy hou die papier op haar skoot.

Sy begin vinnig deur die ander papiere in die blik soek. Nog salarisstrokies, pensionarisstrokies. Skoolfoto's van haar broer, skoolrapporte en atletieksertifikate. Maar niks van haar nie. Bet se vingers stop toe sy 'n ou troufoto in haar hande neem. Haar pa staan regop in 'n donker pak klere. In die lapel van sy baadjie is 'n wit roos. Hy kyk reguit vir die kamera. Die bruid se hand is op sy elmboog. Sy is lank en skraal en dra 'n fyn kantrok met 'n sleep wat om haar enkels gedrapeer is. Die bruid het donker hare wat in 'n dik bos in haar nek hang. So lank as wat sy kan onthou, was haar ma se hare grys. Die bruid se gesig is effens van die kamera weggedraai. Sy kyk na iets of iemand duskant die kamera. Lank ondersoek sy die bruid se gesig, soek iets bekends. Die bruid in die foto is nie haar ma nie.



LitNet: 10 Augustus 2005

  • Klik hier en lees haar eerste weergawe
  • Klik hier en lees haar tweede weergawe
  • Klik hier en lees Herman Wasserman se verslag
  • Klik hier en lees Kirby van der Merwe se verslag

    Wil jy reageer op SkryfNet V? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.