SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Elke vrou het ’n geheim

Nicolene Prinsloo

Niks daarvan kan waar wees nie. Maar Bet weet sy is net in denial. Tog het sy gekom met die hoop dat hy sou praat, haar kon vertel dat niks daarvan waar kan wees nie. Toe Bet vir die laaste keer deur die hospitaaldeure stap, het 'n naarheid aan die binnekant van haar mond ingestoot en sy moes stadig en diep asemhaal om nie in die gladde stil gange op te gooi nie. Soos sy loop, het die klank van haar voetstappe op die linoleumvloere gekrap en gegly en in haar ore vibreer. Toe sy die kamerdeur oopstoot, was dit asof die hangende stank in die kamer uitkoms gesoek het. Dit het haar omsirkel toe sy die deur oopstoot. Sy het teen die muur gaan staan, weg van die bed af.

Haar pa se slap velle lÍ in voue tussen die lakens. Sy arms steek soos droŽ takke spasties uit sy lyf. Sy mond lÍ oop en slap in sy nek en om sy lippe het die slym reeds wit geword. Bet druk die palm van haar hand styf teen haar mond om die naarheid binne te hou.

Bet was altyd die een wat 'n geheim kon hou. Reeds van skooldae af. Sy het nooit iemand in die steek gelaat nie. Almal se geheime veilig gehou. Reeds toe geweet as sy die bewaarder was, het sy ook die upper hand gehad. Niemand het ooit met haar skoor gesoek nie. Bet, in geheimhouding. Maar hierdie geheim is anders, sy weet nie of sy hierdie 'n geheim kan hou nie. Miskien as sy dit nie geheim hou nie, is dit nie waar nie. Dis waarom sy moet uitvind of dit alles wel waar is. Bet het gevoel asof sy in iemand anders se vel ingeklim het. Sy kan haarself eintlik in die hospitaalkamer sien staan, met haar rug teen die muur, haar hand steeds styf teen haar mond gedruk en haar oŽ effens toe. Asof in 'n droom.

Miskien is sy reeds te laat. Miskien is hy reeds dood. Of praat skielik drie woorde voor hy sterf: "Nie waar nie." So lank wens sy hom al dood. Sy weet haar ma het hom vir baie lank doodgewens, want iets het haar altyd daarvan weerhou om hom te verlaat. Bet het baie lank gewens dat haar ma hom moes los. Gedroom van 'n vredeliewende lewe saam met 'n vreemde man en haar ma. As sy haar ma daarvan sou vertel, sou haar ma altyd iets sÍ soos: "Hy weet alles van my af, vir wat sal ek nou 'n lewe saam met iemand anders wou begin. Dis in elk geval beter vir ons hier." Nou weet Bet waarom haar ma dit gesÍ het.

Die man in die hospitaalbed het eens fris bruingebrande arms gehad waarop kaal meisies en slange getatoeŽer was. Nou is daar slegs gekrimpte inklyne oor. Saans was sy nog wakker as hy laat huis toe gekom het. Sy het na haar ma se eentonige asemhaling in die kamer langsaan geluister, dit het haar eie asemhaling oordring. Sy het wakker bly lÍ totdat sy hom by die voordeur kon hoor inkom. Sy het stil bly lÍ dat hy nie moes hoor sy is wakker in die kamer langsaan nie, stil bly lÍ tot hy klaar was in die badkamer, sy kon hom in die toilethokkie hoor pie en dan sy broek optrek. Sy kon ook hoor hoe hy daarna in die kamer uittrek, sy klere opmekaar op die vloer laat val en dan 'n kreun uit haar ma soos hy bo-op haar klim en sy wakker word. Soms het sy haar verbeel dat sy haar ma kon hoor snik as die bed begin ruk, maar nou was dit haar eie asemhaling wat in haar ore weerklink het en dan het sy van die inspanning van haar eie asemhaling aan die slaap geraak.

Bet weet nie hoe lank sy so in die kamer bly staan het nie. Miskien het sy vir hom gewag om iets te sÍ. Haar ma se wens dat hy moes sterf, is nooit verwesenlik nie. Inteendeel, sy is in die ongeluk van haar geheim verlos. En hy, nou reeds maande lank verlam en bedlÍend. Spraakloos. Maar sy mond altyd oop so asof hy op die punt is om iets te sÍ. Miskien ook maar goed, want hulle het nooit veel vir mekaar te sÍ gehad nie. Haar weeklikse besoeke het in stilte verloop. Sy het gekom net om haar eie gewete te sus, die man is tog haar pa. Altyd seker gemaak hy is gemaklik, selfs vir hom 'n skaapvel gebring waarop hy kon lÍ. Lekkergoed aangedra, en soms die taaiheid met 'n klam lap van sy voorkop weggevee. Maar kon dit nooit regkry om meer as dit te doen nie. Sy het altyd haar horlosie fyn dopgehou en as besoektyd om was, haar handsak bly opgetel en dan die verskoning van besoektyd is verby gebruik om te loop.

Selfs toe hy later na 'n gewone saal oorgeplaas is, en besoekers enige tyd toegelaat is, het sy hom steeds net een maal per week besoek, altyd op dieselfde tyd, altyd net vir 'n halfuur. Toe die dokter haar meedeel dat sy kanse op herstel minimaal was, het sy die huis laat verkoop en omtrent alles wat binne-in was.

Dis hoe sy op die blik afgekom het. Ver agter in die boonste kas weggesteek, die een wat altyd gesluit was. Toe Bet die blik agter in die kas voel, het sy geweet dat die blik geheim was. Sy het ook geweet as sy die blik sou oopmaak, sy iets sou weet waaroor sy later spyt sou wees. Daarom het sy die blik eers vir weke lank bewaar. Heel agter in haar laai, onder haar onderklere. Maar sy was die hele tyd van die outydse blik met sy prentjie van die boer wat op sy landerye staan en glimlag bewus.

Sy het nie die middag beplan om die blik oop te maak nie. Maar die wolke wat skielik wye skadu's oor die tuin gegooi het, en die wind wat woedend in die tuin begin plunder het, het haar binnetoe geforseer. Sy wou skielik klaarkom daarmee. Dit uit en gedaan kry. Maar sy wou ook nie oorhaastig wees nie. Bet het eers die ketel aangesit om koffie te maak, 'n beker uit die kas geneem en toe na die ander kas toe gestap, 'n wynglas uit die kas gehaal en haar glas tot die rand volgemaak. Daarmee is sy proe-proe kamer toe. Sy het die laai oopgetrek en die blik versigtig uitgehaal. Sy het kruisbeen op die skaapvel wat voor haar bed uitgesprei was gaan sit, die wyn langs haar op die vloer en die blik tussen haar knieŽ. Die skaapvel moet sy nog by die hospitaal kry, dis al hoe lank dat die verpleegster haar daarvoor vra vir die bedsere. Bet was skielik nie meer bang vir wat in die blik was nie.

Sy moes albei hande gebruik om die effens geroeste deksel oop te kry. Die eerste stuk papier was 'n salarisstrokie. Bo-aan die papier staan in netjies gedrukte letters: Suid-Afrikaanse SpoorweŽ. South African Railways. Dan onder dit: SAS. SAR. Salarisstrokie. Payslip. Netto salaris. Net Salary: R75,00. Aftrekkings. Deductions: R12,75. Belasting. Tax: R7,20. Pensioen. Pension: R6,80. Die onderste deel van die papier was afgeskeur.

Sy sit die papier langs haar op die skaapvel neer. Daar is ook 'n kleurfoto van haar pa. Hy staan met gevoude arms in die deur van 'n treinenjin. Sy skat hom laat dertigs. Hy het 'n oorpak aan en 'n pet op sy kop. Miskien sal sy eendag die foto laat raam en Írens in die huis ophang.

Bet lig 'n dokument wat in die helfte gevou is uit die blik. Haar geboortesertifikaat. So dis waar dit die hele tyd was! Bet vra nou reeds jare daarna, maar haar ma het altyd gesÍ dat sy nie weet waar dit is nie. Bet se volle naam is op die geboortesertifikaat in netjiese drukskrif geskryf. "Date of birth," lees Bet, "16 June 1964." Bet kyk weer na die datum. Haar geboortedatum is tog 3 Augustus 1966? Is dit moontlik dat dit 'n fout kon wees? Bet draai die papier om om te sien of daar nie dalk iets anders daarop geskryf is nie. Daar is niks. Sy hou die papier op haar skoot.

Sy begin vinnig deur die ander papiere in die blik soek. Nog pensioenstrokies, betalingstrokies, 'n paar skoolfoto's. Skoolrapporte en atletieksertifikate. Bet se vingers stop toe sy 'n ou troufoto in haar hande neem. Haar pa staan regop in 'n donker pak klere. In die lapel van sy baadjie is 'n wit roos. Hy kyk reguit vir die kamera. Die bruid se hand is op sy elmboog. Sy is lank en skraal en dra 'n fyn kantrok met 'n sleep wat om haar enkels gedrapeer is. Die bruid het donker hare wat in 'n dik bos in haar nek hang. So lank as wat sy kan onthou, was haar ma se hare grys. Die bruid se gesig is effens van die kamera weggedraai. Sy kyk na iets of iemand duskant die kamera. Lank ondersoek sy die bruid se gesig, soek iets bekends. Die bruid in die foto is nie haar ma nie.



LitNet: 10 Junie 2005

  • Klik hier en lees haar eerste weergawe

    Wil jy reageer op SkryfNet V? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.