SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Elke vrou het ’n geheim

Nicolene Prinsloo

Die weer is aan die opsteek. Bet wou net met die agterdeurtrappies afgaan toe ’n donker wolk ’n wye skaduwee oor die tuin gooi. Die lug bokant haar dreun. Haar oŽ dwaal teen die massa wolke. ’n Vliegtuig draai skeef in die lug en verdwyn in die wolke. Sy vou met klemmende hande haar oopknooptrui oor haar bors. ’n Wind ruk iewers los in die tuin en vee koud oor haar gesig. Sy draai vinnig om en druk die deur teen die bultende wind agter haar toe.

Nou sal sy binne moet bly. VandŠg moet sy deur haar pa se nagelate dokumente gaan. Sy het dit nou lank genoeg uitgestel. Sy skakel die ketel aan en haal ingedagte ’n koppie en piering uit die kas. Sy tel ’n teelepel koffie en twee teelepels suiker in die koppie af. Vou albei hande om die ketel. Voel hoe dit stadig onder haar palms warm word. Toe die ketel begin kook ruk sy vinnig haar hande weg. Dan draai sy om en haal ’n glas uit die kas teen die oorkantste muur. Sy trek ’n oop bottel wyn uit die yskas en maak die glas tot by die rand vol. Toe dit wil begin oorloop buig sy oor die glas en slurp die bokantste lagie op.

Bet hoor hoe die eerste druppels reŽn op die sinkdak in stukke breek. Gewoonlik gaan staan sy op die stoep om te kyk hoe die reŽn ’n mantel oor die tuin sprei. Sy hou van die reuk van die nat aarde wat in haar neus optrek. Maar skielik is sy nie lus daarvoor nie. Die wind is buitendien te koud en dit is aan die donker word.

Sy het in elke geval dinge wat moet klaarkom. Bet stap proe-proe met die wyn kamer toe. Sy maak haar kas vir die soveelste keer oop. En wil dit weer vir die weer toemaak. Maar dan haal sy tog die outydse blik tussen haar onderklere uit. Sy bekyk die vervaalde illustrasie op die plat blik. ’n Boer, met sy rug na een of ander soort landery, hou ’n beker naby sy vlesige lippe. Baanbrekerkoffie - vir baanbrekerboere staan in gekrulde letters op die blik geverf. Bet glimlag vir die naÔewe prentjie.

Voor haar bed is ’n skaapvel op die vloer uitgesprei. Sy wou dit eers weggee, maar het geweet dat sy dit later sal berou. Dit - en die blik met dokumente - is al wat van haar pa oorgebly het. Die verpleegster by die tehuis het haar die blik en die skaapvel oorhandig die dag na die begrafnisdiens. Haar pa het maande lank verlam bo-op die skaapvel gelÍ.

“Dit help vir die bedsere,” het die verpleegster gesÍ toe sy daaroor vra.

Bet gaan sit kruisbeen op die skaapvel. Sy vat ’n diep sluk van die wyn en sit die glas dan versigtig langs haar op die houtvloer neer. Die skaapvel is dik en sag onder haar. Daar klou nou nog ’n effense ontsmettingsreuk daaraan vas. Die blik sit Bet voor haar neer. Sy kyk weer na die prentjie van die boer en sy koffie op die blik.

Sy moet albei hande gebruik om die effens geroeste deksel oop te kry. Sy tel die eerste stuk papier op. Dis ’n pensioenarisstrokie. R860 staan onderaan die strokie. Sy lig die tweede stukkie papier uit die blik. Bo-aan die papier staan in netjies gedrukte letters: Suid-Afrikaanse SpoorweŽ. South African Railways. Dan onder dit: SAS. SAR. Salarisstrokie. Payslip. Netto salaris. Net Salary: R75,00. Aftrekkings. Deductions: R12,75. Belasting. Tax: R7,20. Pensioen. Pension: R6,80. Die onderste deel van die papier is afgeskeur.

Sy sit die papier langs haar op die skaapvel neer. Daar is ook ’n kleurfoto van haar pa. Hy staan met gevoude arms in die deur van ’n treinenjin. Sy skat hom laat dertigs. Hy het ’n oorpak aan en ’n pet op sy kop. Sy sal die foto laat raam en dit op haar bedkassie sit.

Bet krap tussen die ander papiere in die blik rond. Daar is ’n ou water-en-elekrisiteitsrekening. ’n Skoolfoto van haar en haar broer. Haar hare is lank en hoog in ’n poniestert vasgebind. Daar is ’n skaam glimlag om haar lippe. Haar broer lag haasbek vir die kamera. Sy das sit skeef en sy kortgesnyde hare staan regop. Miskien moet sy hom bel. Hulle kan dalk Írens gaan koffie drink.

Bet lig ’n dokument wat in die helfte gevou is uit die blik. Haar geboortesertifikaat. So dis waar dit die hele tyd was! Bet vra nou reeds jare daarna, maar haar pa het altyd gesÍ dat hy nie weet waar dit is nie. Dat dit seker maar saam met al sy ander goed verkoop en verlore gegaan het. Bet se volle naam is op die geboortesertifikaat in netjiese drukskrif geskryf. “Date of birth,” lees Bet, “16 June 1964.” Bet kyk weer na die datum. Is dit moontlik dat dit ’n fout kon wees? Haar geboortedatum is dan tog 3 Augustus 1966? Bet draai die papier om om te sien of daar nie dalk iets anders daarop geskryf is nie. Daar is niks. Sy hou die papier op haar skoot.

Sy begin vinnig deur die ander papiere in die blik soek. Nog pensioenarisstrokies, betalingstrokies, ’n paar skoolfoto’s. Skoolrapporte en atletieksertifikate. Bet se vingers stop toe sy ’n ou troufoto in haar hande neem. Haar pa staan regop in ’n donker pak klere. In die lapel van sy baadjie is ’n wit roos. Hy kyk reguit vir die kamera. Die bruid se hand is op sy elmboog. Sy is lank en skraal en dra ’n fyn kantrok met ’n sleep wat om haar enkels drapeer is. Die bruid het donker hare wat in ’n dik bos in haar nek hang. Solank as wat sy kan onthou was haar ma se hare grys. Die bruid se gesig is effens van die kamera weggedraai. Sy kyk na iets of iemand duskant die kamera.

Bet lig weer haar geboortesertifikaat van haar skoot op. Sy kyk weer na die foto van haar ma en pa op hul troudag. Lank ondersoek sy die bruid se gesig, soek iets bekends. Bet se asem begin teen haar bors klop. Die reŽn teen die dak het skielik stil geword. Maar sy kan hoor hoe druppels water teen die blare afgly en in plasse op die grond neerval. Haar kop voel duiselig en vaag. Die bruid in die foto is nie haar ma nie.



LitNet: 01 April 2005

Wil jy reageer op SkryfNet V? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.