SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskoolArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Eerste verslag deur Rachelle Greeff
Eerste verslag deur Henning Pieterse
Tweede verslag deur Rachelle Greeff
Tweede verslag deur Henning Pieterse

Lees die tweede weergawe van dié storie
Lees die finale weergawe van dié storie

( .) in f8

Pierre du Toit

Heel links voor staan SY
wie van die lente hou en veral van lemoenbloeisels wat ruik soos haar ouma se toilet freshener en sy haat ongeskikte mense op die snelweg. Sy kan dit nie verhelp om wasem teen die trein se ruit te blaas op koue wintersoggende nie, en sy mis haar skeel oom Dam en dom antie Alet en daardie massiewe donderwolke soos dié wat voor jou hang op die grootpad en jy sommer die musiek afdraai en stadiger ry. Net agter haar staan HY
wie lief is vir rugby, sy ma en sy meisie, lensiesop, sonsondergange vanaf klipkoppies en hy kap altyd te veel fynhout want dit help om hom te laat dink. Hy haat haastige winkelassistente en mis alternatiewe Afrikaanse chicks wat met geboë koppe swaai-draai in groepies van drie terwyl Valiant tunes maak in ’n agterplaas êrens in die oopte. Hy staan effens nader aan HAAR
wie gereeld sommer alleen uitgaan en haarself geniet en dan miskien te veel drink. Sy gee vaal mannetjies by die werk onnodiglik baie probleme omdat sy kan en sy kan nie genoeg kry van volroom-vanillaroomys nie en sy mis kaalgat plaasdam witboud swem en groot kremetarte soos dié anderkant Vivo daar waar die son jou neuk. Skuins voor haar staan HY
wie slegs volkome langs die see kan ontspan en klim ook rots. Hy is bang mense vind uit dat hy nog nooit seks gehad het nie, in elk geval nie in die volle sin van die woord nie en hy mis ou Datsun-bakkies en staalplaat-Mazdas en eentonners en double cabs en Isuzu-diesels en die agterkap laat sak en sit en ’n stok vashou en strepe trek in die grondpad en afspring in die ry en nerwe en bloed. Langs hom staan HY
wat met sy scooter die plek plat ry en hy kan, nes ’n hiperaktiewe kleuter, nie stil sit vir ’n oomblik nie. Hy jaag graag resies teen afleweringsmanne en neem dan buitensporige gevaarlike kanse en soek tekstuur in als. Hy mis kommunes en veral vrottes en armes en enigiets-ganers waar elkeen wat daar bly of vry of hang se bietjie kennis en verstand en vernuf in die groot poel van sulke dinge gegooi word en daar staan ’n groot cowboy met ’n tarentaalveer in sy hoedband en roer die sop en mens proe-proe en hap soos die kurpers in Vaal. Op sy beurt met ’n geringe spasie tussenin staan HY
wat hou van lekker lelik sing in die stort. Hy skrik gereeld as sy toaster die brood uitskiet, maar kompenseer deur hard te gym in die aande ná werk. Mense wat sonder gevoel vloek irriteer hom en hy mis doringbome, maar nie dié wat jou vang waar jy agterop die bak vir ’n oomblik konsentrasie verloor nie, dié waaronder leeus lê as hulle nie bokke jaag nie. Net agter hom staan SY
wie allergies is vir katte en daarvan hou om bier uit die bottel te drink. Sy mis rooi sonsondergange en volgepropte vollas en trekkers in linie vêr weg op ’n mielieland so groot soos ’n voorstad met ’n stofwolk wat jy myle kan sien en groot tandwegsink, geel geelperskes en taaigeit in die nek en vingers en voorarms van al die sous en sap en dis blerrie lekker en sy staan langs die bóóm en as twee nie genoeg is nie dan eet sy drie en agter haar gebalanseer op die punte van haar tone staan SY
wat haar frustrasie verlos deur hardop in die wind in te skel as die weer opsteek op die strand en sy laat haar metgesel ongemaklik voel omdat sy altyd vergeet om sag te praat in kunsmuseums. Sy het eenkeer ’n lover se sportmotor gespuitverf as straf vir sy ontroue en sy mis plaasboere met harde stemme en kakieklere met sterk selfgeloof en ’n God wat nie kak vat nie. Langs haar staan HY
wat nog steeds skelm rook en vas glo sy ma vermoed nie. Hy hou daarvan om vêr ente pad te bestuur met die venster oop, wind in die hare, musiek wat blêr. Sy hero is Kerkorrel en is dus ook nie ’n BMW-mens nie. Hy kam sy hare vorentoe vandat hy sewe is al, maar Vrydagaande as hy die naweek inwy, eksperimenteer hy met style. Hy mis ou 70’s Peugeot-stasiewa’s, toegelaai onder groente of meubels of sinkplaat op die dakrakke veral die oranjes êrens op die N1 noord; gelap en gesweis maar altyd moedig terwyl hy luister na HAAR
wie te veel gesels. Oral, maar sy is darem slim anders as haar boetie so mense gee nie om nie. Ou swart-en-wit flieks is haar beste Sondagaand-tydverdryf en sy verlang terug na skool, eintlik vry agter die pawiljoene. Sy haat vragmotors en sou graag die BP op die hoek wou opblaas. Sy mis die nederige selfrespek van minder gegoede gesinne op droë uit die weg uit dorpies wat in die winter die lelikste plekke op aarde is min wetende dat HY
een was al is hy vandag bedees, maar beland gereeld in die moeilikheid weens sy uitbundige liefde vir rumoer. Hy haat misreën en mis instapyskaste op die platteland waar die koue jou tref soos ’n lekker skinny-dip wanneer jy lafenis soek teen daardie son wat brand en die horison laat dans en blink poele maak doer op die teerpad. Langs hom staan HY
wat ooms mis wat ná kerk, met dekades terug se mode dasse, stadig terugloop kar toe en die Rapport-voorblad lees met twee slae omgevoude hempsmoue terwyl ’n klos kindertjies aan hulle hang en soebat vir nog swiets wat so lekker lyk in die Griek se glasbottels onder die toonbank en hy staan voor HAAR
wat sonbesies langs die Natalkus en voetebrand op die sand mis en skuins agter hom glimlag SY
wat dit mis as die dominee sê broeders en susters van die gemeente, en teenaan hom staan SY
wat maplotters mis, al is dit nie altyd maklik om nie neer te kyk nie, en die ou karre en tyres en hoenders en rolle ogiesdraad en brakke en snotterige kindertjies en goeie harte ten spyte van die bokswyn. Agter haar staan HY
wat Sondagoggend-gesang deur sy motorvenster mis as hy op pad terug is van gisteraand se lawwegeite en links voor hom staan SY
wat Putco-busse op stofpaaie in Venda mis wat haar laat dit voel of sy diep in Afrika is, en sy word gevolg deur HOM
wat induik onder watervalle in die Oos-Transvaal se strome en opkyk boontoe met warm oë mis,
en sosaties,
en windpompe,
en al die pa’s,
en ma’s,
en die roepe van die visarende, al is dit net op TV-advertensies,
en en hulle almal kyk vir die

voëltjie
in die hand van
die klipkoning die amptelike fotograaf
en Hy sê — sê kaas (gespel liefde)
maar hulle dink — statistieke, ongevalle, sekuriteit, lojaliteit en braaivleis terwyl hy die spoed verstel vir langer blootstelling en hoop daar’s genoeg grein. Môre is, wie weet, dalk net ’n mik-en-drukdag.

Dan verander hy die hoek, gee ’n tree agteruit en maak plek vir nog een wat inval links voor en HY

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.