| Die bod het gesluit om 21h00 op 17/02/05 op R28 789! Bie op die Tagtigers!Ons Tagtigers is lewende legendes. Jy kan nou 'n stuk geskiedenis 
        joune maak deur te bie op handgeskrewe tekste neergepen deur van die Tagtigers. 
        Koos Kombuis, Etienne van Heerden, Deon Opperman, Peter Snyders, Alexander 
        Strachan en Jeanette Ferreira is elk gevra om op duursame papier uittreksels 
        van sy of haar werk te skrywe - hul geliefkoosde paragrawe. Hierdie werk 
        word dan spesiaal gemonteer, sodat die koper dit kan raam. Die Stellenbosch 
        Woordfees het vanjaar op die Tagtigers as tema besluit, wat die soeklig 
        opnuut op hierdie skrywers gaan laat val.
  
       
         
          | Die opbrengs van hierdie veiling vorm 
              deel van 'n LitNet-fondsinsamelingsveldtog - sodat ons 'n nog beter 
              diens aan ons lesers kan bied. 
             Ondersteun LitNet, huldig ons lewende legendes en stuur jou bod 
              nou.  |  Almal 
            wat 'n bod instuur kom in aanmerking daarvoor om hierdie Montblanc-pen 
            ter waarde van R1 800 te wen. Klik op die prentjie om te sien watter skrywers al hierdie pen 
              gebruik het om hul bydraes mee te skryf. |  Die bod sluit om 19:00 op Donderdag 17 
        Februarie 2005. Daarna is daar 'n spervuur-bodfase deur ernstige bieërs, 
        totdat die hoogste bod bereik word. In die finale spervuurfase sal die 
        hoogste bieërs per telefoon/e-pos kontak moet maak met die bodmeester, 
        Ronel Terblanche. In die spervuurfase sal bieërs teen mekaar afgespeel 
        word, todat, na die oordeel van die bodmeester die hoogste bod bereik 
        is. Sy sal dan die bod toeslaan. 
       Hoe gemaak?Elke skrywer lewer twee afsonderlike en verskillende tekste. 
        Een teks word individueel opgeveil en jy kan dus daardie teks alleen koop. 
        Niks verhoed jou egter om op al ses individueel te bie nie! Dieselfde 
        skrywer se tweede teks word net as deel van die reeks van ses opgeveil. 
        Hier moet jy dus ses tekste saam koop, en daarmee word jy 'n stel van 
        ses ryker. 
        Van elke skrywer bestaan daar dus net twee handgeskrewe, oorspronklike 
        tekste, wat jou stukkie geskiedenis des te meer waardevol en uniek sal 
        maak!
 Wanneer die veiling afgehandel is, sal 'n baie beperkte aantal afdrukke 
        aan die publiek beskikbaar gestel word. Maar jy kan die eienaar van die 
        outentieke, oorspronklike handskrif word.
  
       Dus:A. Een veiling waar bydraes individueel verkoop en op gebie kan word.B. Een veiling waar die reeks van die ses skrywers se (ander) tekste as 
      eenheid verkoop word en waarop gebie kan word.
 Daar is dus 7 opsies om op te bie.
 
  
       
         
          | Opsie 
              A:Klik op so 'n blokkie om die stukke 
              in die reeks te besigtig.
               | Opsie 
              B:Klik op so 'n blokkie om die individuele 
              stukke te besigtig.
               | E-pos 
              om te bie:Klik op so 'n blokkie om jou bod 
              te stuur.
               |  | 
  
    | Om te bie, klik op die groen-en-rooi blokkies op die bladsye met 
        die voorbeelde van skrywers se paragrawe. Gee jou e-pos-adres, telefoonnommer 
        en posadres, en die bedrag wat jy bereid is om te betaal. Die suksesvolle 
        bieër sal per e-pos ingelig word. |