|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |
|
|
|
Fase 1:
Hennie Aucamp se eerste verslag
André P Brink se eerste verslag
Lees die tweede weergawe van dié storie.
Lees die finale weergawe van dié storie.
Lig
Jaco Jacobs
Die glimlaggende Caltex-hasie is net betyds voor in die pad, want die Chevvie se naald lek-lek so aan die laaste bietjies rooi.
Grace, ons sal maar ons ding moet doen; daars net drie rand in die glovebox oor. Gracey?
Grace se grys kop lig moeg van haar blommetjiesbors af.
Maar Agnes, ons het dan twee dorpe trug ingegooi ...
Wel, dis al weer sulke tyd. Die ou ding suip petrol, en ons geld is op.
Grace sug. Erfgeld kan ook nie vir ewig swerfgeld wees nie. Ons swerf gn, ons soek, sê Agnes altyd. Maar n gesteel is en bly n onheilige bedryf.
Hiers nog vyf, diep sy skaam n wegsteeknoot uit haar beblomde hals.
Agnes staar beskuldigend na die noot, en skud dan stadig haar kop terwyl sy onder die petrolstasie se afdak intrek.
Agt rand, Gracey, daarmee haal ons met hierdie ou walvis nie eens die volgende plaas nie. Maak hom vol, seblief, order sy die petroljoggie, terwyl sy die handsakkie met die drie blink randstukke opsigtelik uit die paneelkissie haal, nonchalant en met soveel selfvertroue dat jy sal glo sy sien kans vir enige bedrag wat die petrolpomp se rollende swart lettertjies durf uitskop.
Kafee? fluister Agnes terwyl die pomp met n roldreun die Chev volmaak.
Oorkant die pad, fluister Grace hees. Ag, herder tog, Aggie, los dit!
Hou op squeal, ouvrou ... raas Agnes.
Een van hierdie dae, weet Grace, gaan die kar weer so oi-joi-joi as Agnes die sleutel draai, en dan gaan hy weier om met die gewone brul te start en dan gaan hulle in liederlike diep stront wees.
Oumies? hou die petroljoggie die sleutel deur die venster na Agnes uit.
Duisende dankies, koer Agnes met n stem wat meer kraak as wat nodig is. Sy kyk kamma na die syfers op die petrolpomp se vertoonvenstertjie en maak dan haar beursie se knip oop om die regte bedrag uit te haal. Skielik bedink sy haar egter. Ag, ek en die ander oumiesies is vreeslik haastig en so vol skete; jy wil nie dalk gou oor die straat spring en vir ons n pakkie peppermints koop nie? Sy hou twee blink randstukke na die man toe uit. Jy kan die kleingeld sommer hou.
Die petroljoggie huiwer net n oomblik voordat hy wittand glimlag en oor die straat draf.
Sê nou hiers nog mense, Agnes? Grace is regtig bang, sy bewe liggies soos iets wat besig is om uitmekaar te skud.
Twee-uur op n Saterdagmiddag op n morsdooie Karoodorpie, my dier. Hoekom sal hulle nou meer as een petroljoggie betaal?
Sy loer oor Grace se kop om te sien of die petroljoggie al by die kafee oorkant die pad in is, en dan draai sy die sleutel in die aansitter. Grace se asem vang in haar keel vas toe die kar skud-skud en oi-joi-joi-joi, maar dan vat die Chev met n brul en hulle vlieg met n vaart weg.
Eendag gaan hulle ons vang, Agnes, selfs al het ons nie nommerplate nie, kerm Grace bo die gebrul van die motor.
Daai petroljoggie se gewete pla hom so oor daai twee rand dat hy nie n woord sal sê nie, lag Agnes en sit voet in die hoek toe hulle op die grondpad anderkant die dorpie kom.
Telefoonpaal na telefoonpaal, die geratel van die ou kar op die sinkplaatpad, die suisende musiek op die Chev se radio, en die helse hitte en stof laat vir Grace lateraan insluimer. Agnes se vingers trommel n ritme op die stuurwiel uit. Daar is weinig verkeer. Hoogstens n plaasbakkie of twee wat inry dorp toe vir n middag se Boeresport of kuier, of wat dit ook al is wat Karoomense met hul Saterdagmiddae doen. Agnes se oë bly moeg op die pad, maar haar gedagtes sien meer as die vlaktes en bossies raak. Elke plaasopstal langs die pad bied die moontlikheid van stories wat selfs meer ongelooflik is as enige van die voriges, die skelblou lug wat bewe in die hitte is n doek waarteen die onmoontlike in die nagure geskilder kan word.
Grace droom. Haar ooglede flikker soos klein voëltjies in die holtes van haar gesig en haar lippe pruim onhoorbare woordjies. Haar kop het afgesak teen die sitplek en haar geplooide wang trek weg saam met die gekraakte leerbekleedsel asof dit besig is om los te skeur van die res van haar gesig. n Paar los haartjies dans in die wind asof op maat van haar angstige droomgedagtes. Agnes kyk liefdevol na haar ou maat, en vryf moeg oor haar eie oë terwyl sy weer in die rollende pad staar.
Dit is al skemer toe Agnes die Chev onder n koelteboom langs die pad trek. Grace skrik met klein huilgeluidjies wakker, vee die slaap uit haar oë en die spoegies van haar wang af. Agnes strek haarself behaaglik uit en trek haar natgeswete beige rok reg oor die bulte van haar groot liggaam. Sy sluit die motor se kattebak oop en haal n slopie biltong en twee lemoene daaruit terwyl sy onophoudelik kwetter oor wat sy alles langs die pad gesien het. Grace luister stilswyend terwyl sy die stukkies biltong wat Agnes vir haar kerf, kou, en as die biltong op is, begin sy die lemoen met slopgeluidjies uit te suig.
Akkedisse en veldmuise skarrel na hul gate in die laaste bietjie lig van die ondergaande son. Mossies en spreeus kom geselsend aangevlieg en maak hulle tuis in die takke van die boom waaronder die Chev geparkeer staan.
Toe die eerste sterre begin uitflikker teen die blouende skemerte, bêre Agnes die biltongslopie, haal die primusstofie, die ketel, twee bekers, koffie en suiker, n bliktrommeltjie en die komberse uit die kattebak, en slaan dit met n finale doef toe.
In stilte drink hulle koffie toe die water gekook het.
Is dit nog steeds oor die petrol wat jy die stilstuipe het?
Dis nie reg nie.
Nou wat anders moes ek nou doen, Grace? Die Chev kan nie op genade alleen loop nie; hyt petrol ook nodig.
Iewers flapper n groot voël in die donkerte.
Agnes, dalk is dit tyd dat ons huis toe gaan.
Agnes leun oor die voorste sitplek en grawe in die paneelkissie na haar kamera; dan klap sy die Chev se deur toe en plak Grace se komberse aan haar kant van die agtersitplek neer.
Aggie?
Grace tas in die donker en sit haar hand op Agnes se skouer. Agnes ruk weg en skakel die dakliggie aan. Die gloeilampie beur braaf teen die oneindige duisternis van die Karoonag, en dit verwring die twee oumense se gesigte.
Ons kan iets oorkom, Aggie, ons is nie meer vandag se kinders nie. Of die kar kan breek. Of hulle kan ons vang vir petrol steel, of oor ons op die boere se plase met die arbeiders gesels om stories te kry. Jy weet hoe bang is die boere deesdae vir opstokery onder die plaaswerkers. En waar sit ons dan? Grace begin saggies huil. Agnes, by die huis wag ons pensioengeld en ons kinders vir ons. Sê nou ons het niks gesien nie; sê nou ons ry al hierdie duisende kilometers agter niks aan; sê nou alles wat ons bymekaargemaak het, beteken niks, Aggie ..?
Agnes bly lank stil. Sy staar by die venster uit na die sterrenag en onthou helder ligte wat teen die donker agtergrond van die naghemel hul bane streep; spelerig soos vuurvliegies of glimmende engele. Sy onthou bygelowige bruin gesigte wat vertel van katte met menshande wat in die nag kom suiker steel. Stories oor die waterslang met die diamant op die kop. Antjie Somers wat snags met n heesgehuilde stem soos dié van n man skreeu na haar kind. Hondsdol familielede wat vir weke lank snags wolfspore rondom die huis uittrap tot hulle lyke in die veld opgetel word. Waternimfe in rietbosse, tokkelossies in die klowe, spoke waar kinders verdrink het of honde dood is.
Agnes tel die trommeltjie by haar voete op, en skuif die slot oop. Grace keer haar gesig aspris weg asof sy so alles wat binne-in is, kan ontken. Agnes streel oor die inhoud van die trommel: die swart-en-wit fotos van vreemde ligte; die gipsafdrukke van misvormde voetspoortjies; hare, vere en tande wat op die oog af so gewoon lyk, maar waarvan niemand nog die oorsprong kon verklaar nie; die dik aantekeningboek met sy vreemde stories binne die leeromslag. Versigtig tel sy n gebiltongde stukkie vleis uit die hoek van die trommel op, en beskou dit byna liefdevol onder die flou liggie, voor sy dit teen Grace se wang hou.
Grace skram weg, maar dan kyk sy moeg om en neem die verdroogde handjie by Agnes. Ook sy bestudeer die kabouterhandjie: die vyf perfekte vingertjies, kromgetrek soos skaapbostakkies, met skubberige plat naeltjies aan die punte. Sy sug en maak haar oë toe.
Agnes lê nog lank wakker en staar stip na die maanlose donker nag; die kamera swaar op haar skoot. Eendag, eendag ... Daar sal nog eendag die stukkie bewys kom wat niemand kan weerlê of ontken nie.
Teer streel sy oor Grace se mistige haarslierte en kyk hoe die blou weerliggies daaruit opspring.
boontoe
|