|
|
Groen is die limitsGone mad is what they say and sometimes run mad as if mad is a direction, like west; as if mad is a different house you could step into, or a separate country. But when you go mad you dont go any other place, you stay where you are. And somone else comes in.
Die verpleegster druk haar in die stoel vas. Dit lyk of niemand haar vandag gaan keer nie. Sy stoei woes en toe sy uiteindelik sit, kom die dokter in. Ja, Helene, hoe gaan dit vanmore? Geen respons. Die dokter hou aan praat en dit lyk of die vrou niks inneem van wat gesê word nie. Hoekom so kwaai vanoggend? En dan die stiltes waaraan altwee al so gewoond is. Oor kak sê die vrou skielik. Die dokter kyk op. Die pasiënte kla altyd dat sy vloek, maar voor hom het sy nog nooit lelik gepraat nie. Oor wat? Sy dink hoe sy netnou in haar dagboek gaan skryf: Ek is agt toe ek in die buite toilet instap. Na ete mag n mens nie in die koshuis wees nie. Dan moet jy buite speel. Of dit nou helwarm is of sneeu, nie dat dit daar sneeu nie, maar anyway. Dan moet mens na die buitetoilet gaan. Snaaks, ek probeer dink waar die seuns sn was ,maar ek kan glad nie onthou nie. Dis die eerste dag dat ek in die koshuis is. My maag is vol en ek wil piepie. Toe ek binne die geboutjie kom ruik dit vieslik en toe ek in die toilet kyk lê daar groen kak in die bak. Ek was verbaas en het gewonder wat mens moet eet om so gróén te kan bollie, maar toe was dit te laat en moes ek oor alles opgooi. Tot een van die ouer kinders my daar kry en my nie help om daaruit te kom nie, maar eerder n n meneer gaan haal wat my uit die hokkie dra en die matrone roep om my skoon te maak. Sy word terug gestuur na haar kamer. Die vrou sit in haar kamer en drink n slukkie water. Sy kan nie glo die suster moes haar bad en was nie. In haar dagboek skryf die vrou soos elke oggend:Jy is my alles. Jy is my opstaan. Jy is my gaan slaap. Jy is my eet en drink. Jy is binne in my. Elke deel van my. Jy rule my soos geen ander dit kan regkry nie. Jou fokken baksteen bastard. Die volgende oggend lui die klok die vrou wakker. Sy weet nie of sy die klok net in haar verbeelding hoor nie, maar dit lui, stiptelik om kwart voor ses. Sy staan op en trek die eentonige groen rok aan, met skoolskoene. Sy stap badkamer toe met haar badsakkie. Die ding ruik nie meer lekker nie, muf groei blouerig rondom die ritsluiter. Sy borsel haar tande en trek n waslap oor haar hare. Daar is nog slaap in haar oë, maar sy sien dit nie raak nie. Daar lui weer n klok en sy gaan sit op haar bed en slaan die Bybel oop. Sy weet nie wat sy lees nie, maar sy moet lees, anders kom die prefekte en dan moet mens na die hoof toe gaan omdat jy n heiden is. Daar lui weer n klok en die vrou maak alles netjies sodat hulle kan kom kyk dat sy n dame is. Panties op n hopie, bras met ingevoude cups, rokke hang van langste tot kortste. Skoene almal blink en netjies langs mekaar. Toe daar weer n klok lui stap sy af na die eetsaal en staan in n ry. Hande langs haar sye. Wag vir die suggende verpleegster om te sê dat sy maar kan instap. Maltabella pap, brood, vlooimatraskonfyt, warm opgekookte poeiermelk. Na ete gaan skryf die vrou weer in haar dagboek: Toe ek trou het ek en my man regoor n skool gebly. In die oggende vroeg het ek by die tuinhekkie gaan staan om te kyk hoe die kinders skool toe loop. Die koshuiskinders kon mens op n myl ver sien: ongekamde hare, slaap in die oë, asof hulle tasse swaarder is. Sulke klein goetertjies met net ses jaar wat hulle op hulle hande kan tel. Teen Donderdag het hulle erger gelyk. Die dorpskinders was soveel óúer. Die moeders met duur karre. Trek die seuntjie se klere reg, kyk dat hy mooi lyk vir skool. Sommige kinders bring bosse petunias vir hulle juffrouens uit die dorpstuine. Party kinders se mas of pas hou skool en dan stap hulle saam met hulle kinders skool toe. Hou pa se hand vas. Ek haat hulle almal. Dae omgehuil voor die tuinhekkie tot ons moes trek, vier strate af. Die vrou sit heeldag in die son met haar dagboek. Sy teken prentjies daarin en skryf elke nou en dan iets daarin. Sy is bang sy vergeet belangrike goed. As sy terugstap vir middagete trap sy nie op die lyne nie, maar net op die oop blokke sement. Lyne beteken onheil, vrees, slegte goed wat gaan gebeur. Koeke stampkoring, taai skaapvleis, papgekookte boontjies, soet beet verkrag met asyn. Op lyne trap is weke wat langer aanhou, mense wat kwaaier word. Hoe oud is Mevrou nou? Wil die verpleegster weet. Sy weet tog te bloody goed hoe oud ek is. Lees alles op die blou kaart met al jou oortredings. Al jou vrese, al hulle slim idees oor jou. Nege en jy weet dit goed. Moet nou nie lelik wees vandag nie, Mevrou, ek wil net gesels. Teen vieruur op n Woensdag kom haar kleinkind kuier. Sy sit in die son vir haar en wag met haar dagboek en pen op haar skoot. Die borsies begin nou regop staan, dink sy, toe haar kleinkind naderstap. Hallo, Ouma. Ek het vir Ouma kappertjies gebring, Ouma se favourite blomme. Ek het dit self geplant. Die vrou skryf weer in haar dagboek: Ek kan nie glo my eie kleinkind is so slim en vol selfvertroue nie. Toe ek twaalf was, was ek dooierig en verward en godweet, my ma het my fokol van periods vertel. Sy praat van die drama waarin sy speel een van die dae. Haar hande beduie woes. Dit lyk of sy nie eers skaam is oor die klein borsies wat soos vratte op haar lyf begin groei nie. Eerder trots! Ek onthou dat ek wou doodgaan en die goed net wou afsaag. Ek het nie geweet wat met my gebeur nie. Dit was n Woensdag toe ek my eerste periode gehad het. Woensdae kon ons dorp toe gaan. Ek onthou dit so goed. Al die koshuiskinders in n ry. Ons mas het beste klere ingepak vir Woensdae. Op die fotos nou lyk dit soos die slegste klere. Studiesaal: ek met n boek om te lees, wiskundeboek bo-oor vir as die meneer jou dalk sien. n Warm gevoel het daar onder kom sit. Ek het daarna geklap soos na n vlieg. In die badkamer was n donkerrooi blerts. Miskien, het ek later gedink, miskien as ek nie in die koshuis was nie, sou my ma my kon vertel van wat met my gebeur. Maar sy het niks gesê nie. En ek het nie geweet nie. Maar dit wil nie nou onthou word nie. Die ander kinders het geweet. Die volgende oggend lui die klok die vrou wakker. Sy weet nie of sy die klok net in haar verbeelding hoor nie, maar dit lui, stiptelik om kwart voor ses. Sy staan op en trek die eentonige groen rok aan, met skoolskoene. Sy stap badkamer toe met haar badsakkie. Die ding ruik nie meer lekker nie, muf groei blouerig rondom die ritsluiter. Sy borsel haar tande en trek n waslap oor haar hare. Daar is nog slaap in haar oë, maar sy sien dit nie raak nie. Daar lui weer n klok en sy gaan sit op haar bed en slaan die Bybel oop. Sy weet nie wat sy lees nie, maar sy moet lees: ... ek smeek julle en ek roep die ribbokke en takbokke in die veld tot getuie ...*
Daar lui weer n klok en die vrou maak alles netjies sodat hulle kan kom kyk dat sy n dame is. Panties op n hopie, bras met ingevoude cups, rokke hang van langste tot kortste. Skoene almal blink en netjies langs mekaar. Toe daar weer n klok lui stap sy af na die eetsaal en staan in n ry. Hande langs haar sye. Wag vir die suggende verpleegster om te sê dat sy maar kan instap. Weet-bix, brood, rooikonfyt, warm opgekookte poeiermelk. Na ete sit die vrou in die teekamer. Een van die ander inwoners praat met haar, eers kan sy nie hoor nie. Praat iets van gister. Is dit jy wat so groen kak in die toilet? Die vrou rol weg met haar rolstoel. Sweer hulle wil my net onnodig onstel met hule gekak, skryf sy in haar dagboek. Daaronder teken sy n toilet met groen in sierskrif, hangende bokant die bak. Nog ses slapies voor W weer kom kuier, skryf sy aan die teenblad. Die dokter wil graag n reeks sessies met Helene deurwerk. Vir ses dae bly sy net stil tot haar kleinkind kom kuier. Die dokter is al gewoond daaraan. Na haar kleinkind se besoek, skryf sy weer in haar dagboek: Jy is my alles. Jy is my opstaan. Jy is my gaan slaap. Jy is my eet en drink. Jy is binne in my. Elke deel van my. Jy rule my soos geen ander dit kan regkry nie. Jou fokken baksteen bastard. In haar drome sien sy die baksteengebou met die twee dadelbome en die bruin grond, n paar roosbome. Het hulle ooit geblom? Wonder sy in haar droom. Die koshuisvader kom na haar aangestap met sy groot maag. Sy hare blink swart op sy kleinerige koppie. Sy sien hoe hy sy vrou slaan en sy bly stil, sit onder die boom en bly stil. Doostil. Stil. Die volgende oggend lui die klok die vrou wakker. Sy weet nie of sy die klok net in haar verbeelding hoor nie, maar dit lui, stiptelik om kwart voor ses. Sy staan op en trek die eentonige groen rok aan, met skoolskoene. Sy stap badkamer toe met haar badsakkie. Die ding ruik nie meer lekker nie, muf groei blouerig rondom die ritsluiter. Sy borsel haar tande en trek n waslap oor haar hare. Daar is nog slaap in haar oë, maar sy sien dit nie raak nie. Daar lui weer n klok en sy gaan sit op haar bed en slaan die Bybel oop. Sy weet nie wat sy lees nie, maar sy moet lees: ... moenie die liefde wakker maak ...* Daar lui weer n klok en die vrou maak alles netjies sodat hulle kan kom kyk dat sy n dame is. Panties op n hopie, bras met ingevoude cups, rokke hang van langste tot kortste. Skoene almal blink en netjies langs mekaar. Toe daar weer n klok lui stap sy af na die eetsaal en staan in n ry. Hande langs haar sye. Wag vir die suggende verpleegster om te sê dat sy maar kan instap. Mieliepap, brood, blik appelkooskonfyt, warm opgekookte poeiermelk. In die son probeer sy haar droom onthou. Sy stap kamer toe en kry een van die piesangs wat haar kleinkind vir haar gebring het. Sy stap terug son toe, sit op die bankie en skil die piesang. Sy sit dit stadig in haar mond en kou sag. Soos my eerste seks op veertien, skryf sy in haar dagboek. * Hooglied 2:7 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |