NetFiksie - nuwe fiksieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW Hiemstra Trust



Merle Grace is in 1972 in Johannesburg gebore. Sy studeer B Prim Ed met Kuns aan die Universiteit van Stellenbosch en doen later ’n honneurs in Afrikaans by die Universiteit van Port Elizabeth. Sy glo in “magic” en toeval en haar gunstelingseisoen is herfs. As sy eendag “40 and famous” is, wil sy ’n gemmerkat hê.
  Merle Grace
Nog kortverhale deur Merle Grace:

Ouma en ek

“Life is a circle from childhood to childwood; so it is with everything where power moves”
Black Elk teaching

Ek kan nie glo dat ek dit nie besef het nie. Maar mens hoef dit nie van jouself te verwag as jy vyf jaar oud is nie. Ek het haar seker doodgemaak toe, maar ek kan nie onthou of dit net was van die stemme wat ons altyd gehoor het nie. Ek kan nie onthou nie. Die spoke, monsters, gode, prente in boeke wat asem kry. Soos toe ons weggeloop het.

Ek en Ouma sit in my ma se slaapkamer en maak haar grimeertassie stadig oop. Ouma se hande is plooierig, maar sy het ’n moesie presies waar ek ook een het: tussen die duim en die middelvinger, die vingers wat ons gebruik om die knippies mee oop te haak. Dit lyk of Ouma wegraak toe sy in die spieëltjie van die tassie kyk. Sy neem die lipstick en smeer dit woes oor haar oë. Vir ’n oomblik het ek in my jeugdigheid gedink dat jy verkeerd is, maar toe, dat jy vol grappies is, en ek het sag gegiggel en jou hand geneem. Ouma. Ek het hard begin lag toe jy my ooglede ook vol lipstick smeer. Jy het die oogpotlood geneem en krulle oor jou wange gemaak. Later het jy jou trui opgelig en op jou maag, wat deurskynend en vol plooie is, mannetjies begin teken. Ek wou ook hê. Dis toe dat ma inkom. Ek sal haar gesig nooit vergeet nie.

“Here Ma, mens smeer nie lipstick aan jou óóglede nie!” Ek hoor die histerie in my ma se stem. “Of is dit jy, Zanie?”

“Ons speel net bietjie Ma, ek en Ouma ...”

Ek kon hoor hoe my ma daardie aand in my pa se arms huil. “Sy was so briljant” is al wat ek daardie aand vir ma hoor fluister het. En ek het niks van daardie sin verstaan nie.

“Kom ons loop weg!” het Ouma met stoute oë gesê. Natuurlik was ek lus om saam met Ouma weg te loop. ’n Speletjie vir kinders. En sy was tog my speelmaat. God. Ons het deur die kombuiskaste begin kyk wat ons alles kan saamneem. Rosyne, wortels, ’n stuk brood sonder botter of jam. Toe ons onder die eerste sipresse kom, kon niemand ons meer sien nie. “My boude is te sag om op die klippe te sit,” het Ouma gesê en ek het gelag, want jy het in elk geval gesit. Ons het die pakkie rosyntjies oopgemaak en begin eet. “Is dit so dat Ouma ’n skrywer wou word?” Jou man is dood op die plaas. Kanker. En jy het self geboer. Beter as Oupa, het die mense later gesê. Jy het die grootste geword. Nou ... “Daar was nie tyd nie my kind.”

Ma het seker nie agtergekom dat ons weggeloop het nie, want sy het niks gesê toe ons teen skemer by die huis inkom nie.

Die volgende dag het Ouma uit die boom uitgeval. Ons klim altyd saam boom op Sondae, want dan is Ma en Pa in die kerk. Ek en Ouma kan nie stilsit in die kerk nie, en moet daarom elke Sondag by die huis bly. Ons het al saamgegaan, maar Ouma maak dat ek vreeslik lag in die kerk. By die huis kan ons boomklim en tee drink en Ouma kan haar eie stories vir my vertel. Ma laat net toe dat Ouma vir my stories in boeke lees.

Ouma het uit die boom uitgeval. Sy lê bewusteloos op die gras. Ek skree en weet nie wat om te doen nie. Later gaan haal ek ’n kombers en gooi vir ouma toe, want dit lyk of sy bewe en baie koud kry. Ek gaan bel die bure. Hulle seun is gelukkig by die huis van die universiteit af. Hy kom haal vir Ouma. Ons laai haar in die kar so versigtig soos ons kan. Hy vryf oor my hare en sê alles sal regkom.

Ek staan in die hospitaal met pype in en om my ouma. Sy het die nightie aan waarvan ek ook ’n stel het. Ek hoor ’n stem soos ’n engel en gehoorsaam. Ek kan nie onthou nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.