NetFiksie - nuwe fiksieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW Hiemstra Trust



Merle Grace is in 1972 in Johannesburg gebore. Sy studeer B Prim Ed met Kuns aan die Universiteit van Stellenbosch en doen later ’n honneurs in Afrikaans by die Universiteit van Port Elizabeth. Sy glo in “magic” en toeval en haar gunstelingseisoen is herfs. As sy eendag “40 and famous” is, wil sy ’n gemmerkat hê.
  Merle Grace
Nog kortverhale deur Merle Grace:

Droom

Die droom het begin in swart en wit. Daar was niemand op straat nie, net ’n ou klok wat in die middel van die hoofstraat staan. Dit het hard begin lui, sonder om iets te beteken. Die uur wat die klok wou aankondig het nie bestaan nie. Daar was nie mense of diere nie. Net huise en mure en klipstrate en teerstrate en winkels wat almal toe was in die middel van die dag.

Die droom het in kleur begin draai toe ’n man en ’n vrou kaal in die middel van die straat kom staan het, langs die ou klok wat steeds lui sonder om klaarheid oor die tyd te bring. Die vrou het die man se hare in ’n poniestert gebind en toe die klok omgeskop. Toe die klok op sy sy lê, het dit meer soos ’n sofa gelyk. Die vrou het die man op die bed gedruk en begin om met hom liefde te maak. Daar was pomelo’s om die sofa geranskik met bloedrooi kersies in die middel daarvan. Die vrou se borste het soos die pomelo’s gelyk en die man het al die kersies uit die pomelo’s uitgesuig met sy tong en dit saggies gekou. Daar was steeds niemand in die strate nie.

Die klok het weer regop gekom toe hulle klaar was en begin lui. Die twee kaal mense het sag gegiggel en mekaar se hare gevryf. Hulle het langs die sypaadjie afgedrentel en net so verdwyn soos hulle gekom het.

Dit het gelyk asof die straat groter word, en die huise, die klipstrate en die teerstrate. Maar dit was net ’n illusie van die son wat nou reg van bo gekom het. In die lug het ’n spreeu gedraai asof hy ’n vals voorbode wil wees. Die spreeu het soos ’n hadida geskreeu en gesirkel soos ’n aasvoël. Hy het op die bopunt van die klok kom sit om sy vere reg te skud. Niemand was daar om te kan sê of dit ’n spreeu, hadida of aasvoël was nie. Die voël het die klok se wysers uitgepik en dit op die grond neergegooi. Die wysers het afvalstukke geword en dit het gestink. Die reuk het oor die hele dorp versprei, maar niemand het by hulle vensters uitgeloer om te sien wat so verskriklik stink nie. Die straat was later vol bloed en bene. Die voël het woes aan die wysers van die klok geruk en dan het alles net erger en groter geword: die bloed, die stank en die verwarring oor die dier se identiteit, want dit was ’n pikswart spreeu.

Toe alles opgeëet was, het die voël met ’n haaa haaa hadida weggevlieg asof daar niks verander het nie. Die klok het weer begin lui, want sy wysers was toe nooit weg nie.

Iemand het in die straat afgekom en die klok omgeskop. Dit het weer in die sofa verander. Die man het op die sofa gaan sit en ’n boek uitgehaal om te lees. Die man het baie vinnig deur die boek gelees. Soms het hy stilgehou by een plek in die boek en met sy potlood die gedeelte onderstreep. Ander kere het hy net sy kop geskud en dit het gelyk asof hy wil begin huil. Aan die einde van die boek het hy net een keer sy vuiste gebal en dit het gelyk asof hy wou vloek. Maar hy het net omgeblaai om verder te lees. Toe hy klaar was met die boek, het hy dit onder die kussing van die sofa gebêre, opgestaan en geloop. Sy lang manel het agter hom aangesleep asof hy iets verloor het. Sy gesig het gehang. Miskien moet hy ’n meer vrolike boek lees.

Die klok het weer regop gekom en begin lui.

Na die drie gebeure, het die droom opgehou.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.