|
LitDorings span vir n wyle uit. Maar Sonja kom terug! Voetvoos verslae van literêre webreise
Welkom by LitDorings n maandelikse verslag van verwikkelinge in die boekhoeke van die webwêreld. Soos die ontdekkingsreisigers van ouds sal ek vreesloos rondswerf en later voetvoos en gehawend verslag kom doen oor begaanbare poorte na die elektroniese vastelande. Ek sal die waters toets en doodloopstrate identifiseer, dan kaarte optrek en wenke deel. Deur te kliek op die skakels op hierdie blad, kan jy saamreis sonder om in dieselfde strikke te trap as die verkenner en sonder die ontberings van webwerwe wat nog onder konstruksie is, spookadresse of die tirannie van kuberk(w)akke. Die skakels op hierdie blad is bielies, staatmakers, dorings. Skop jou skoene uit, voel die mat teen jou sagte voetsole, en volg die gids! |
||
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |