Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Mei 1999

“The condition of native is a nervous condition”

Met hierdie woorde van Jean-Paul Sartre lei die Zimbabwiese skrywer Tsitsi Dangarembga haar boek Nervous Conditions in. Oor Dangarembga lees ek graag nadat ’n onlangse besoek aan Zimbabwe my belangstelling in die land se skrywers geprikkel het.

Volg in my voetspore en mik met die muis na die Central Oregon Community College se volledige studie-aantekeninge oor Dangarembga. Daar is selfs ’n skakel na ’n webblad waar jy meer kan lees oor “sadza”, een van die karakters se gunstelingkos!

As jy nog wil weet, besoek Emory University se blad oor Dangarembga.

’n Goeie vertrekpunt vir leeswerk oor die Zimbabwiese letterkunde op die Net is dr. Rino Zhuwarar van die Universiteit van Zimbabwe se reeks essays wat spesifiek bedoel is om lesers aan die letterkunde van Zimbabwe bekend te stel.

Die klein Zimbabwiese uitgewer Baobab Books se tuisblad het ’n indeks van Zimbabwiese skrywers en boektitels.

Die skrywer Doris Lessing het in Zimbabwe grootgeword — die dogter van ’n Brit wat na Suid-Rhodesië gelok is met beloftes dat hy ’n fortuin sou maak as graanboer. Sy het in Salisbury skoolgegaan, later daar as telefoniste gewerk en daar met twee mans getrou.

Lees meer oor Lessing se kinderjare in Zimbabwe op die uitstekende tuisblad. Daar is onderhoude met haar en inligting oor Under my Skin, die eerste deel van haar outobiografie wat spesifiek gaan oor die jare in Afrika.

Soos dit maar gaan met die Internet lei een ding alte maklik tot die ander. Die gesnuffel op webblaaie oor Zimbabwiese skrywers sal dus waarskynlik uitkring na leeswerk oor skrywers uit ander dele van Afrika.

Agtergrond

African Writers and their Literature is ’n waardevolle wegspringplek met ’n hele konstellasie verwysings en skakels na verwante webblaaie. Probeer ook die Commonwealth Literature Library vir ’n lang leeslys oor Afrika-letterkunde.

Besoek ook Africa Online se skrywersblad vir ’n alfabetiese indeks van Afrika-skrywers en hul boektitels. En by Classic Novels of Black Africa is ’n gids tot die boeke wat jy nog moet lees.

Essays

Azfar Hussain se essay Modern African Literature: An Introduction plaas jou dadelik in die prentjie en Emory University se Introduction to Postcolonial Studies is ’n baie verteerbare verduideliking van die akademiese klimaat waarbinne Afrika-skrywers gelees moet word.

Skrywers

Enigiemand wat die Web fynkam vir inligting oor Afrika-skrywers sal afkom op George Landow van Brown University se blad oor postkoloniale literatuur. Mis hom gerus: na ’n lang gewag word jy keer op keer gefrustreer met ’n dooie skakel. Die kool is die sous nie werd nie. Probeer eerder African writers — Voices of change. Nog ’n paar plekke om Afrika-skrywers op te spoor is World Literature in English en ABC Author Profiles

Van die drie skrywers uit Afrika wat al die Nobelprys vir Letterkunde gewen het, is die Egiptiese roman- en kortverhaalskrywer Naguib Mahfouz waarskynlik aan Suid-Afrikaanse boekwurms bra onbekend (die ander twee is natuurlik Wole Soyinka van Nigerië en Nadine Gordimer). Loer na ’n kort biografie oor Mahfouz of gaan na die Nobelprys-blad oor hom. Daar is ook ’n interessante essay oor Mahfouz met ’n foto van hom en ’n uittreksel uit sy boek Respected Sir

Moenie die rekenaar afskakel voor jy gaan snuffel het op die Ben Okri-blad nie. Verdiep jou gerus in die biografie van die Nigeriese skrywer, die volledige bibliografie en bespreking van The Famished Road, maar wees gewaarsku: die skakels na ander webblaaie oor Okri en die beloofde multimedia-beelde wat jy hier vind, is doodloopstrate.

Bessie Head wag sigaret-in-die-mond op al haar kuberbewonderaars.

Uittreksel

Uittreksels uit die werk van Afrika-skrywers op die Internet is hoendertande. Troos jouself met ’n uittreksel uit die Nigeriër Amos Tutuola se The Palm-Wine.

Hierdie swerwer se knapsak is leeg. Groete tot volgende keer!

boontoe