GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die John Boswell-reeks III

Aantekeninge by John Boswell se Christianity, Social Tolerance, and Homosexuality

Abel Pienaar



Deel 1: Homoseksualiteit is “onnatuurlik”
Deel 2: ’n Legkaart van onverdraagsaamheid
Deel 3: Van geslag tot geslag – presentisme, Judaïsme en prokreasie

Van geslag tot geslag – presentisme, Judaïsme en prokreasie


Ons geneigdheid om hedendaagse kennis en waardes in die geskiedenis te wil inlees, kan ons maklik daartoe verlei om presentistiese (anachronistiese) afleidings oor die verlede te maak.

Boswell waarsku in sy inleidende hoofstuk hierteen wanneer hy dit het oor die verband tussen vrees en onverdraagsaamheid. Ons kan byvoorbeeld nie die Middeleeuse onverdraagsaamheid teenoor sigeuners aan gesondheidsgevare toeskryf nie, sÍ hy.

    Travelling gypsies may actually have been at some point a hazard to isolated communities if they carried infections and diseases to which local residents had no immunity, but it would be injudicious to assume that it was this threat that resulted in antipathy toward them, particularly when it can be shown that such hostility antedates by centuries any realization of the communicability of most infections, and when the content of antigypsy rhetoric bears no relation to disease at all (p 8).
Bykans alle vooroordeel word voorgehou as ’n redelike reaksie op die een of ander bedreiging of gevaar. Dis egter vandag moeilik vir ons om ons in te dink dat byvoorbeeld hekse of geldskieters enige werklike bedreiging vir Middeleeuse samelewings kon ingehou het. Hoe kon intelligente mense so angsvallig oor sulke onsinnige aantygings geraak het dat hulle dit nodig geag het om hekse brandstapel toe te stuur?

Ons kan dan maklik die afleiding maak dat stellings oor “bedreigings” doelbewuste wanvoorstellings was om kwaadwillige optrede te probeer goedpraat. Maar sů ’n afleiding is volgens Boswell nie alleen onwaar nie, dit maak ook dat ons belangrike historiese werklikhede - soos die verband tussen vrees en onverdraagsaamheid - miskyk.

Hiermee word die moontlikheid natuurlik nie uitgesluit nie dat daar ook diegene was wat die wesenlike vrese van die samelewing met politieke of ander bymotiewe aangestook het. Dit is byvoorbeeld interessant om te let op die ooreenkomste tussen wanvoorstellings wat onderskeidelik teen Jode en gay mense gebruik is. In albei gevalle is hulle as diere voorgestel wat daarop uit was om die kinders van die meerderheid leed aan te doen.

’n Voorstelling van Jode wat ’n Christenkind, Simon van Trente, “vermoor” deur sy bloed te tap vir die maak van ongesuurde brode tydens die Pasga. Let op die geldsakke en die ronde onderskeidingstekens wat Jode verplig was om op hul klere vas te werk.

Houtsnee-afdruk uit Hartmann Schedel se Nuremberg-kroniek, Buch der Chroniken (1493), gedruk deur Anton Koberger. (Kenyon College)

Joodse en gay-lotgevalle
Die ooreenkomste tussen Joodse en gay-onderdrukking hou nie by lasterlike propaganda in die Middeleeue op nie. Die lotgevalle van Jode en gay mense het deurgaans in die Europese geskiedenis - vanaf vroeŽ Christelike veroordelings tot met uitwissing in die Nazi-konsentrasiekampe - merkwaardig nou ooreengestem.

Dieselfde state wat godsdiensvryheid onderdruk het, het seksuele anderssoortigheid ook ontmoedig; dieselfde groepe wat Jode met wortel en tak wou uitroei, het ook gay mense propeer uitwis; en in dieselfde tydperke waarin Jode geen bestaansreg gegun is nie, het onverdraagsaamheid teenoor gay mense ook in felheid toegeneem.

Maar daar is ook verskille tussen Jode en gay mense, veral ten opsigte van die rol wat hul onderskeie gemeenskappe vervul.

JudaÔsme word bewustelik van ouer na kind oorgedra, en saam met etiese voorskrifte word ook bestaanservaring oorgelewer. Eeue se onderdrukking en teistering het oorlewingskundigheid in Joodse gemeenskappe opgebou - raad oor hoe om vyandige meerderhede te paai, hoe om toegewings te beding en hoe om konflik te ontwyk; wenke oor wanneer dit raadsaam is om ’n lae profiel te handhaaf en wanneer openbare gebare van welwillendheid gerade is; en kundigheid oor hoe om sake met politieke teenstanders te doen.

Gay mense word gewoonlik nie in gay gesinne grootgemaak nie. Hulle word indiwidueel vervolg, sonder die voordeel van ’n tradisie wat van geslag tot geslag oorgedra word, en dikwels ook sonder die emosionele bystand van vriende en familie. Gay mense het wel die voordeel dat hulle in erg onderdrukkende omstandighede “onsigbaar” kan raak, want die private aard van seksuele omgang maak hul afwyking van die norm minder opvallend. Onsigbaarheid hou egter ook nadele in, omdat dit groter isolasie meebring en die groep se bedingingsmag aansienlik verswak.

Hierteenoor bied JudaÔsme aan sy aanhangers ten minste die troos van solidariteit in die aangesig van onderdrukking. Jode is in Europa wel in ghetto’s van die samelewing afgesonder, maar die ghetto’s het hulle ook op mekaar aangewese gemaak. In tye van afsondering het Joodse gesinslewe gefloreer en indiwidue het nie net ’n gevoel van samehorigheid in die hede ontwikkel nie, maar ook een van vereenselwiging met ’n eeue-oue, tradisieryke verlede.

Dit is nie met gay mense die geval nie. Wanneer omstandighede sodanig verbeter dat hulle weer sigbare subkulture kan vorm, is daar geen tradisie om op terug te val nie. Soos Boswell dit stel:

    When good times return, there is no mechanism to encourage steps to prevent a recurrence of oppression: no gay grandparents who remember the pogroms, no gay exile literature to remind the living of the fate of the dead, no liturgical commemorations of times of crisis and suffering. Relatively few gay people today are aware of the great variety of positions in which time has placed their kind, and in previous societies almost none seem to have had such awareness (pp 16, 17).
Kom die vraag by my op: hoeveel hedendaagse gay mense heg hoegenaamd enige waarde aan sulke skakels met die verlede?

Wees vrugbaar en vermeerder
Maar om na die sogenaamde bedreigings wat gay mense vir die samelewing inhou, terug te keer: Wesenlike vrese vir bedreigings lÍ vandag nog ten grondslag van onverdraagsaamheid teenoor gay mense. Van die haatdraendste teenstanders van gayregte koester amper sekerlik heimlike vrese omtrent hul eie seksuele gerigtheid.

Een van hierdie vermeende bedreigings wat Boswell in sy inleidende hoofstuk bespreek, is die bewering dat gemeenskappe wat gay mense verdra, sal uitsterf, omdat niemand kinders in die lewe sou bring as almal gay moes wees nie. (Ek het self nog nie hierdie bewering teŽgekom nie, maar Boswel se weerlegging daarvan bring nietemin interessante inligting aan die lig.)

Die stelling dat homoseksuele gedrag samelewings kan laat uitsterf, berus op die vergesogte aanname dat alle mense uitsluitlik homoseksueel sal raak as hulle die geleentheid daartoe kry.

Boswell wys daarop dat geen hedendaagse teorieŽ oor die etiologie (ontstaan) van homoseksualiteit aanvoer dat maatskaplike verdraagsaamheid die voorkoms daarvan beÔnvloed nie. Ook suiwer biologiese teorieŽ aanvaar deur die bank dat homoseksualiteit ’n minderheidsvoorkeur sal bly, selfs onder die gunstigste omstandighede.

Kortom:

    To assume that any characteristic which increases under favorable conditions will in the course of time eliminate all competing characteristics, is bad biology and bad history (p 8).
Bowendien is seksuele aangetrokkenheid volgens Boswell nie ’n voorvereiste of selfs ’n oorwegende faktor vir suksesvolle menslike voortplanting nie, ons intuÔsie ten spyt. Geen afdoende rede bestaan dus vir die aanname dat homoseksuele begeerte prokreasie by indiwidue of in samelewings verminder nie. Dit is slegs in gemeenskappe soos ons moderne industriŽle samelewings wat daar van mense verwag word om hul seksuele bedrywighede uitsluitlik op ’n permanente, wettig-getroude huweliksmaat te rig. In ander gemeenskappe - soos waarskynlik in die meeste geletterde premoderne samelewings - word voortplanting nie noodwendig met erotiese aangetrokkenheid verbind nie. Mense trou en bring kinders voort om hul status te verhoog, om ekonomiese voordele te bekom, om bande tussen families te bestendig, of sommer oor hulle graag kinders wil hÍ.

In moderne industriŽle gemeenskappe sou ’n mens dus verwag dat daar na verhouding minder gay as straight mense in die huwelik sal tree en kinders sal voortbring - maar hierdie tipe samelewing was nie altyd die norm nie. En selfs in moderne gemeenskappe is daar ’n aansienlike aantal gay mense, moontlik selfs ’n meerderheid, wat wel trou en kinders het.

Boswell betwis dus die algemene opvatting dat heteroseksuele en homoseksuele gedrag onversoenbaar is - trouens, sy navorsing dui op die teendeel. Die meeste Middeleeuse gay mense (afgesien van geestelikes) oor wie hy in sy boek skryf, was wel getroud en het kinders gehad.

Daar word dikwels meer aandag bestee aan opspraakwekkende feite omtrent mense as aan die doodgewone aspekte van hul bestaan. Sokrates se verhouding met Alkibiades geniet groter aandag as sy verhouding met sy vrou en kinders. Edward II se liefde vir sy vier kinders word nouliks genoem in tekste wat sy toewyding aan Piers Gaveston uitvoerig bespreek. En veel minder mense weet dat Oscar Wilde getroud was en kinders gehad het as dat hy gay was en lord Alfred Douglas as minnaar gehad het.

Sokrates
(469–399 vC)

Griekse wysgeer en onderwyshervormer
Edward II
(1284–1327)

Engelse monarg, 1307-27
Oscar Wilde
(1854–1900)

Ierse dramaturg en skrywer

In ’n sekere sin is die eensydige aandag verstaanbaar - hierdie historiese figure se erotiese belangstelling was ongetwyfeld grootliks of ten volle op mense van hul eie geslag gerig. Maar die feit bly staan dat hulle wel getrou het en kinders gehad het. En ’n beheptheid met die opspraakwekkende aspekte van hul lewens behoort nie aanleiding te gee tot vergesogte teorieŽ oor gay mense se kamtige onvermoŽ om voort te plant nie.

Dis verblydend om te weet dat baie gay mense, lustig al dan nie, meedoen om die bevolking te laat aanwas. Maar as jy my vra, kom die laaste sÍ oor gay prokreasie Martha Shelley toe, met haar vernietigende weerwoord aan die onverdraagsames: “You’ll never get rid of us, because we reproduce ourselves out of your bodies!”

LitNet: 20 Februarie 2004

  • REDAKSIONEEL

    Stuur gerus jou reaksie op hierdie reeks en ander Gay@Litnet-bydraes dadelik na my by dbbotha@mweb.co.za vir plasing in ons meningsrubriek.

    Danie Botha


    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.