GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die John Boswell-reeks I

Aantekeninge by John Boswell se Christianity, Social Tolerance, and Homosexuality deur Abel Pienaar

J Boswell
© 1980 Newsweek, Inc.
Newsweek-foto deur
Robert R McElroy

John Eastburn Boswell (1947-1994) is seker die bekendste geskiedkundige wat tot nog toe oor gay sosiale geskiedenis navorsing gedoen het. Hy was van 1982 tot 1992 professor in Geskiedenis aan die Universiteit van Yale in die VSA, en van 1990 tot 1992 ook departementshoof. In 1987 was hy ook medeverantwoordelik vir die totstandkoming van die Lesbian and Gay Studies Centre by Yale. Hy is aan komplikasies van VIGS oorlede.

Boswell het in 1980 wye bekendheid ťn berugtheid verwerf met die publikasie van sy omstrede boek Christianity, Social Tolerance, and Homosexuality: Gay People in Western Europe from the Beginning of the Christian Era to the Fourteenth Century (The University of Chicago Press). Die boek is in 1981 met die American Book Award for History bekroon en die bekende Franse filosoof, Michel Foucault, het daaroor geskryf: “A truly groundbreaking work. Boswell reveals unexplored phenomena with an unfailing erudition.”

Die sentrale tese van die boek is dat godsdiens — in hierdie geval Christelike leerstellings — niť die oorsaak van onverdraagsaamheid teenoor gays is nie. Waar onverdraagsaamheid om ander redes in samelewings ontstaan, word godsdiens wel aangewend om reeds bestaande afkere te regverdig, byvoorbeeld deur die Bybel en ander godsdienstige geskrifte anders as voorheen te interpreteer. (Die idee is nie so vergesog nie — dieselfde patroon het hom hier te lande voorgedoen met skriftuurlike regverdigings van apartheid.)

Om hierdie stelling te staaf, steun Boswell op baanbrekersnavorsing van ’n verstommende omvang en diepte. Newsweek se resensent Jean Strouse het hom in 1980 sů daaroor uitgelaat:

The historical breadth of Boswell’s research (from the Greeks to Aquinas) and the variety of sources consulted (legal, literary, theological, artistic, and scientific) make this one of the most extensive treatments of any single aspect of Western social history. The product of ten years of research and analysis of records in a dozen languages, this book opens up a new area of historical inquiry and helps elucidate the origins and operations of intolerance as a social force.

Ander publikasies deur John Boswell sluit in:

  • Royal Treasure: Muslim Communities Under the Crown of Aragon in the Fourteenth Century (1977)
  • Rediscovering Gay History: Archetypes of Gay Love in Christian History (1982)
  • The Kindness of Strangers: The Abandonment of Children in Western Europe from Late Antiquity to the Renaissance (1988)
  • Forms of Desire: Sexual Orientation and the Social Constructionist Controversy (1992)
  • The Marriage of Likeness: Same-Sex Union in Premodern Europe (1994).

    Diegene wat die boek in sy geheel wil lees, kan dit gerus aanskaf. Dit is by aanlyn-boekhandelaars beskikbaar teen ongeveer VSAS$15 per eksemplaar, en tweedehands teen ongeveer VSA$5 (November 2003).

    Abel PienaarABEL PIENAAR (1956) het in die Transkei grootgeword, waarna hy filosofie en teologie op Stellenbosch gestudeer het. Sedert 1980 woon hy in Kaapstad waar hy 15 jaar lank ’n kripvreter was.

    Deesdae is hy ’n tegniese skrywer. Sy belangstelling in tale, die letterkunde, (sub)kulture en stelsels sluit hierby aan. Hy glo dat begrip tussen mense of groepe baiekeer platval oor ons almal maar sukkel om inligting eenvoudig genoeg oorgedra te kry.

    Sy verhouding oor die kleurgrens heen met Barry Cloete kom al van 1978 af aan.

    Foto: Jo-Ansie van Wyk

    Homoseksualiteit is “onnatuurlik”

    John Boswell bespreek in sy inleidende hoofstuk van Christianity, Social Tolerance, and Homosexuality moontlike verklarings vir die onverdraagsaamheid wat Christelike gemeenskappe in die Weste teenoor gay mense openbaar. Mense regverdig soms hul teenkanting teen gays as ’n redelike reaksie op die “bedreigings” wat homoseksualiteit vir die samelewing inhou.

    Een van hierdie bedreigings, so word aangevoer, is dat homoseksualiteit “onnatuurlik” is.

    Steek daar waarheid hierin? Om dit te bepaal, moet ons eers vasstel wat presies mense met “onnatuurlik” bedoel. Want die begrip word los en vas gebruik in verskillende betekenisse wat verband hou met hoe ’n mens die begrip natuur verstaan. Boswell onderskei tussen ’n paar betekenisse wat algemeen aan die begrip natuur geheg word. Vir maklike verwysing gee ek dit hier in tabelformaat weer:

    Betekenisse van die begrip natuur

    “Realistiese” betekenisse hou verband met die waarneembare werklikheid of waarnemings daarvan

    (1) Natuur = die aard of wese van iets
    (bv dit druis teen my natuur in)
    Onnatuurlik = ongewoon of ontipies
    (bv dis onnatuurlik vir hom om so vroeg op te staan)
    (2) Natuur = die wetenskaplik waarneembare werklikheid as geheel
    (bv die dood is deel van die natuur of die wette van die natuur)
    Onnatuurlik = bonatuurlik of nie wetenskaplik verklaarbaar nie
    (bv spoke of wonderwerke)
    (3) Natuur = ongerepte natuur (teenoor kultuur of vorme van menslike ingryping)
    (bv kunsmatige diamante is minder in aanvraag as natuurlike diamante)
    Onnatuurlik = mensgemaak, kunsmatig of wat eie aan mense is, dus nie dierlik nie
    (bv dis onnatuurlik om vir trofeŽ te jag, eerder as vir oorlewing)

    “Idealistiese” betekenisse hou verband met wat “goed” of “reg” is of wat op die duur “ten goede meewerk”

  • die (ideale) “natuur” is altyd en noodwendig “goed”
  • die ideale natuur stem oŽnskynlik nou ooreen met die realistiese natuur, maar weerspieŽl eintlik kulturele waardes of persoonlike voorkeure en oortuigings
  • natuurlik = “goed” of “reg”
  • onnatuurlik = “sleg” of “onaanvaarbaar”, ongeag of dit in die werklikheid voorkom of nie, en of dit mensgemaak is of nie
  • verskynsels wat as ideologies vreemd of persoonlik afstootlik ervaar word, is “onnatuurlik”, want ’n “goeie” natuur kan nooit iets “slegs” voortbring nie

  • “Realistiese” betekenisse
    Boswell bespreek twee opvattings wat aangevoer word ter ondersteuning van die standpunt dat homoseksualiteit in die realistiese sin van die woord “onnatuurlik” is.

    1. Homoseksuele gedrag is onnatuurlik omdat dit nie reproduktief (op voortplanting gerig) is nie.

    Boswell wys hierdie opvatting af as ’n moontlike oorsaak van onverdraagsaamheid teenoor gays. Dit verklaar nie die heftige teenkanting van gemeenskappe in vorige eeue toe die Christendom ’n hoŽ premie op die selibaat gestel het nie; ook nie die afkeer by moderne gemeenskappe wat masturbasie as ’n “natuurlike” seksuele aktiwiteit beskou nie.

    Die selibaat en masturbasie het presies dieselfde reproduktiewe implikasies (om nie te sÍ uitvloeisels nie!) as homoseksuele verkeer. Die beswaar is dus klaarblyklik ’n latere regverdiging vir ’n reeds bestaande afkeer, en nie ’n verklaring vir die ontstaan van onverdraagsaamheid nie.

    2. Homoseksuele gedrag is “onnatuurlik” omdat dit nie in die diereryk voorkom nie.

    Hierdie bewering is bloot nie waar nie. Boswell verwys na wetenskaplike studies wat staaf dat homoseksuele gedrag, ook in die vorm van langdurige paarvorming, by talle dierespesies voorkom, sowel in die vrye natuur as in gevangenskap.

    Maar selfs al sou dit waar wees dat homoseksuele gedrag nie onder diere voorkom nie, voer Boswell aan, sou so ’n standpunt onhoudbaar wees, omdat dit impliseer dat gedrag wat slegs by mense voorkom, nie “natuurlik” is nie.

    Baie diersoorte openbaar gedrag wat eie aan hul spesie is, maar niemand veroordeel dit as “onnatuurlik” nie. Spesie-spesifieke gedrag help bioloŽ juis om spesies te klassifiseer en van mekaar te onderskei. Waarom is unieke gedrag vir ander dierespesies “natuurlik” maar nie vir die menslike spesie nie?

    Trouens, talle gedragspatrone wat in beskaafde gemeenskappe hoog aangeslaan word, is uniek aan mense en word juis daarom gerespekteer. Niemand beweer dat dit “natuurlik” is om jou teen geletterdheid te verset net omdat dit nie onder diere voorkom nie!

    “Idealistiese” betekenisse
    Idealistiese opvattings van die natuur het ’n lang aanloop in die Christelike tradisie. In die eerste paar eeue nŠ Christus het idealistiese werklikheidsbeskouings as die grondslag vir etiese uitsprake gedien. Die opvatting dat nieprokreatiewe seksualiteit “onnatuurlik” is, het in hierdie tyd ontstaan en wye aanhang geniet.

    Die idealistiese benadering het later in onguns geraak. Maar in die dertiende eeu het die Skolastici dit laat herleef en boonop verhef tot die heersende beginsel vir alle vakgebiede — van die natuurwetenskappe tot die Christelike dogmatiek. (Dink maar aan die stryd oor die aarde se status as middelpunt van die heelal.)

    In die moderne wetenskap is hierdie benadering bykans totaal gediskrediteer. Die meeste opgevoede mense hou vandag ook nie meer idealistiese werklikheidsbeskouings daarop na nie. Tog behou begrippe soos onnatuurlik en teennatuurlik hul beledigende trefkrag.

    Mense koppel onnadenkend hierdie begrippe aan ’n wetenskaplike verwysingsraamwerk en verbeel hulle dat homoseksuele gedrag teen die “natuur” van moderne wetenskaplikes indruis, terwyl die “idealistiese natuur” van outydse filosowe in der waarheid ter sprake is.

    Etiese stelsels wat op idealistiese werklikheidsbeskouings berus, het in die verlede mense belet om te skeer, potplante te kweek, kledingstukke te kleur, gereeld te bad, geboortebeperking te beoefen, ensovoorts. Maar dieselfde mense wat vandag nie eens meer daaraan dink dat hierdie gebruike “onnatuurlik” is nie, probeer steeds om hul persoonlike afkeer teenoor gays met argumente oor “onnatuurlikheid” te rasionaliseer.

    Skeltaal
    As homoseksualiteit dan nie in die realistiese sin van die woord “onnatuurlik” is nie, moet ons ons nie deur idealistiese gebruikswyses van die woord laat flous nie.

    Soos Boswell dit stel:

    Not surprisingly, adherents of “ideal” concepts of nature frequently characterize as “unnatural” sexual behavior to which they object on religious or personal grounds. What is surprising, is the extent to which those who completely reject “ideal” nature are nonetheless affected by such derogation. This confusion Ö is particularly well illustrated in the case of attitudes toward gay people (p 13, my nadruk).

    Mense — gay en straight — moet die “onnatuurlike” etiket begin sien vir wat dit werklik is: ’n niksseggende skelwoord of ’n skynregverdiging vir vooroordeel, soortgelyk aan “agterlik”, “Eurosentries” of “onamerikaans”. Gestroop van sy emosionele lading beteken “Dis onnatuurlik” eintlik maar net “Ek dink dis sleg.”

    So what’s new?

    Deel 1: Homoseksualiteit is “onnatuurlik”
    Deel 2: ’n Legkaart van onverdraagsaamheid
    Deel 3: Van geslag tot geslag – presentisme, Judaïsme en prokreasie

    8 Desember 2003

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.