GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die John Boswell-reeks II

Aantekeninge by John Boswell se Christianity, Social Tolerance, and Homosexuality

Abel Pienaar



Deel 1: Homoseksualiteit is “onnatuurlik”
Deel 2: ’n Legkaart van onverdraagsaamheid
Deel 3: Van geslag tot geslag – presentisme, Judaïsme en prokreasie

’n Legkaart van onverdraagsaamheid


Boswell se sosiohistoriese navorsing oor die lotgevalle van gays in die Middeleeue is eintlik ook ’n ondersoek na maatskaplike onverdraagsaamheid in die algemeen.

Hoe ontstaan onverdraagsaamheid as ’n geskiedkundige verskynsel? Hoe werk dit as ’n historiese krag? Hoekom is daar in sommige tydperke openbare aanvaarding van variasies of eienaardighede in mense se voorkoms, lewenstyl, persoonlikheid of geloof - en in ander tye weer genadelose onderdrukking? Waarom word sekere groepe in bepaalde tydperke uitgesonder en ander ni?

Boswell onderskei verdraagsaamheid van goedkeuring. Om ’n verskeidenheid van lewenstyle of gelowe in ’n samelewing te aanvaar of te “verdra”, beteken nie noodwendig dat die meeste lede van so ’n samelewing andersoortige minderhede se lewenstyl of geloof hoef goed te keur nie. Tewens, die kerntoets vir maatskaplike verdraagsaamheid is juis die aanvaarding van lewenskeuses of optrede wat jy nie goedkeur nie - jy kan immers kwalik op verdraagsaamheid aanspraak maak as jy net di dinge aanvaar waarmee jy saamstem.

So terloops, miskien bied dit ook vir ons wat as gay mense op die samelewing se verdraagsaamheid aanspraak maak, stof tot nadenke. Ons mag met regmatige afkeer vervul word deur, byvoorbeeld, mense wat ons lewenstyl van kansels af veroordeel. En ons mag dit met mag en mening s ook, solank ons ook hul reg respekteer om ewe duidelik dinge te s waarmee ons verskil.

Ons moet miskien versigtig wees om nie al te haastig aantygings van haatspraak te maak as iemand bloot s ek aanvaar jou as gay mens, maar nie jou “sonde” nie. Ons kan ook maar verdraagsaam genoeg wees om mense agter die bekrompe siele raak te sien. Om hulle te aanvaar, maar nie hul verstoktheid nie. En om ons van persoonlike aanvalle op hulle te weerhou.

Gevallestudie - waarom juis gays?

Maar om na Boswell se oogmerke met Christianity, Social Tolerance, and Homosexuality terug te keer, hy verduidelik dit in die inleidende hoofstuk s:

This study is offered as a contribution to better understanding of both the social history of Europe in the Middle Ages and intolerance as a historical force, in the form of an investigation of their interaction in a single case. (p.4)

Die “single case” is natuurlik in di geval gay mense.

’n Diepgaande ondersoek wat hom op n groep se wedervaringe in die onverdraagsame klimaat van Middeleeuse samelewings toespits, hou uiteraard ook nadele in, soos Boswell geredelik toegee.

This approach has the egregious disadvantage of producing, in effect, an elaborate description of a single piece of an unassembled puzzle, but given the extreme difficulty of even identifying, much less assembling, all the other pieces, it appears to be the most constructive effort possible at present. (p. 5)

Boswell noem ook voordele op wat gay mense vir sy doel die beste voorbeeld maak vir ’n studie oor onverdraagsaamheid, en wat dus ’n meer toepaslike studieveld bied as ander groepe wat in Middeleeuse Europa onderdrukking moes verduur.

Van die nadele wat ander groepe volgens Boswell inhou - en wat nie vir Middeleeuse gay mense geld nie - is:

  • Jode, Moslems - nie oral in Europa eweredig tussen die res van die bevolking versprei nie
  • ketters, hekse - nie in alle typerke in die Middeleeue van noemenswaardige getalsterkte nie
  • melaatses, kranksinniges - onverdraagsaamheid teenoor hulle sou met mediese behandeling verwar kon word
  • dowes, vroue (in sekere gemeenskappe) - onverdraagsaamheid sou met beskermende toesig verwar kon word.

    Verwarring tussen godsdiens en vooroordeel

    ’n Bykomende oorweging vir Boswell se keuse van gay mense as ’n gevallestudie vir onverdraagsaamheid is dat vooroordeel teenoor gays - selfs vandag nog - vry algemeen met godsdienstige oortuigings verwar word.

    Dit is nie meer die geval met ander groepe wat in die Middeleeue onskynlik op grond van Christelike geloofsoortuigings vervolg is nie. Dit is dus moeiliker om, in die geval van hierdie ander groepe, die verwarring tussen godsdiens en vooroordeel oortuigend aan te toon. En ’n duidelike begrip van hierdie verwarring is van kardinale belang om baie vorme van onverdraagsaamheid te verstaan.

    As voorbeeld noem Boswell Christene se behandeling van Joodse minderhede. Dit is vandag net so ’n sterk geloofsoortuiging by Christene dat Jode nie vir hul godsdienstige oortuigings vervolg behoort te word nie, as wat dit in die Middeleeue was dat Jode, desnoods met geweld, tot die Christelike geloof bekeer moes word.

    In ’n tyd dat ’n vooroordeel en ’n godsdienstige oortuiging deur bykans die hele samelewing verwar word, is die vereenselwiging van die twee verskynsels so volstrek dat mense kwalik daartussen kan onderskei. In die veertiende eeu, byvoorbeeld, kon baie min Christene onderskei tussen vooroordeel teen Jode en die Christelike bekeringsopdrag.

    Later, wanneer f die vooroordeel f die godsdienstige oortuiging genoegsaam getaan het, vind mense dit weer moeilik om te verstaan hoe enigiemand met gesonde verstand ooit die twee verskynsels kon verwar het. Die skeiding tussen vooroordeel teen Jode en die Christelike bekeringsopdrag is vandag bykans volstrek - in so ’n mate dat hedendaagse Christene die opregtheid betwyfel van Middeleeuse Christene wat Jode met geweld wou bekeer!

    Net in ’n oorgangstyd tussen volstrekte vereenselwiging en volstrekte skeiding van vooroordeel en geloof is dit betreklik maklik om die verwarring tussen die twee verskynsels oortuigend aan te toon.

    In die Westerse leefwreld bevind ons ons vandag juis in so ’n oorgangstydperk wat verdraagsaamheid teenoor gay mense betref. Gay mense word oor die algemeen nog aan beperkende wetgewing, wyd verspreide openbare teenkanting en maatskaplike diskriminasie onderwerp, onskynlik op gesag van godsdienstige voorskrifte. Maar hierdie onverdraagsaamheid word ook wyd bevraagteken.

    Hierteenoor sal pogings om aan te toon dat geloofsoortuigings in die verlede verwar is met vooroordele teenoor swartmense, geldskieters, Jode of geskeide mense vandag reeds as ietwat vergesog of selfs irrelevant voorkom.

    Godsdiens as dekmantel

    Dit gebeur al te maklik dat godsdienstige oortuigings as ’n dekmantel vir vooroordeel dien, veral onder die aanhangers van openbaringsgelowe wat nie die menslike rede as die hoogste kriterium vir hul oordele aanvaar nie en ook nie juis ’n ho premie stel op verdraagsaamheid in hul omgang met mense nie.

    Is die navolging van godsdienstige voorskrifte wat, byvoorbeeld, Joodse of gay-gebruike veroordeel op sigself al ’n aanduiding van vooroordeel by die aanhangers van so ’n godsdiens? Soos ek Boswell verstaan, nie noodwendig nie. Maar as gelowiges die aanklag van vooroordeel wil vryspring, moet hulle skriftuurlike voorskrifte ewewigtig en sonder aansiens des persoons toepas.

    As Christene die Bybel gebruik om die optrede van onderdrukkers te regverdig, maar dit byna deurgaans oor die hoof sien wanneer die onderdrukkers ander, ewe belangrike voorskrifte in dieselfde Bybel oortree, is daar dalk ’n slang in die Paradys. Hoe beoordeel ’n mens, byvoorbeeld, Christelike reverdigings van laat-Middeleeuse state wat gay mense brandstapel toe gestuur het, maar sekswerkers gelisensieer het?

    En as gelowiges Bybelse voorskrifte hardvogtig en tot op die letter van die wet toepas wanneer dit op ’n veragte minderheid betrekking het, maar vergelykbare voorskrifte wat op die meerderheid betrekking het, verslap of herinterpreteer, is daar klaarblyklik iets anders as godsdienstige oortuiging op die spel.

    Dieselfde Bybel wat as gesag aangevoer word vir die veroordeling van homoseksuele praktyke, veroordeel skynheiligheid op groter gesag - Jesus s’n - en in baie skerper taal. Maar geen Westerse gemeenskappe het sosiale taboes teen skynheiligheid ingestel nie; hulle het skynheiliges nie as “onnatuurlik” gebrandmerk nie; hulle het skynheiliges nie as ’n onderdrukte minderheid uitgesonder nie; hulle het ook nie wette uitgevaardig wat die sonde van skynheiligheid met kastrasie of die dood strafbaar gemaak het nie.

    In dieselfde lysie wat mense op grond van homoseksuele praktyke van die koninkryk van die God uitsluit (I Kor. 6: 9-10), word gierigaards byvoorbeeld ook die koninkryk onts. Tog het geen Middeleeuse state mense vir gierigheid brandstapel toe gestuur nie.

    Tot sover Boswell se bespreking. My vrae in die kantlyn by die voorafgaande paragraaf: Hoor ons vandag in Suid-Afrika Christelike predikers ewe hard en duidelik oor gierigheid praat as oor homoseksuele praktyke? Of is daar in ’n land met een van die grootste gapings ter wreld tussen rykes en armes eenvoudig net nie meer gierigaards oor nie? En het materialisme vandag inderdaad so seldsaam geraak dat selfs die woorde daarvoor (gierigheid, hebsug, inhaligheid, vrekkigheid) ietwat argaes begin aandoen?


    REDAKSIONEEL

    Stuur gerus jou reaksie op hierdie reeks en ander Gay@Litnet-bydraes dadelik na my by dbbotha@mweb.co.za vir plasing in ons meningsrubriek.

    Danie Botha

    15 Januarie 2004

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.