SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Tweede verslag - SkryfNet VI

Joan Hambidge

Klik telkens op die digter se naam om die verslag te lees:
Cornelle Carstens
Ingrid Esterhuizen
Andries Samuel
Selwyn Milborrow
Lindy Worth


Andries Samuel

Die twee gedigte is 'n groot verbetering op die eerste pogings en die digter gee blyke van tegniese vooruitgang, veral omdat hy die verse gesnoei het en dus aan een van die belangrikste eise van die digkuns gehoor gee, naamlik "less is more". Met ander woorde: deur min woorde kan jy dikwels meer vertel as met 'n woordryke gedig. My aanvanklike skepsis oor die gebruik van Engelse woorde soos "rush" en "down" is egter besweer. Die woorde speel goed in op mekaar en is eintlik onvertaalbaar.
        Waarom sufsuisend' en teleurstelend'? Is dit ter wille van die metriese patroon?

Lees altyd 'n gedig hardop voor sodat jy die ritmiese en metriese patrone kan hoor. 'n Mens is geneig om dit met jou oog reg te maak. Poësie moet myns insiens ook reg klink.


Cornelle Carstens

Die gedigte is ook 'n enorme verbetering op die eerste pogings. Op 'n baie subtiele manier word egbreuk in die vers "Bevryding" gesuggereer en ook die gebruik van Pompeii ,wat nie alleen lawa, as, stolling impliseer nie, maar ook die onverwagsheid van die ramp. Verder is daar ook die ingeboude implikasie dat daar in Pompeii - as 'n mens dan die muurskilderye glo - ook sprake gewees het van seksuele ongerymdhede.
        Ek wonder of "jou naam / brand rissieblink" nie te swak is binne die tema van verraad nie?
        "Sterfling" se slot is baie mooi. Die gedig is eweneens 'n verbetering op die eerste poging. Kyk net weer na die gebruik van "familiêr": dit val myns insiens uit plek uit. Die steur die leser, want ek dink die woord "bekend" sal beter werk.

Die gebruik van 'n woord wat buite die konteks of sfeer van die res van die gedig val, is altyd steurend. 'n Goeie gedig is soos 'n fyn spinneweb wat netjies inmekaar pas.


Ingrid Esterhuizen

Ook hier is sprake van verbetering. Waak net teen die gebruik van dieselfde woord binne een gedig, veral as dit 'n kort gedig is soos "Keerpunt". Verander "oomblik" na "moment".
       "Blertse branders" is 'n interessante beeld betreffende hierdie binne-blik. Dit voel amper soos 'n migraine-aanval.
       "Ontmoeting" is ook 'n verbetering. Kyk net weer na "en duiwe se skaduwees in vensterbanke". Dit klink lomp; wat van:
            en duiwe
            in vensterbanke
            hul skadu's

       Ek vind "blootgelê" onnodig in die tweede strofe. Die gedig sê dit reeds.
       Maak die volgende aanwysing:
            rondom my die vrede
            in grys en wit en blou
       Die stilte word reeds binne die verband van die gedig gesuggereer.

Suggestie is bykans een van die belangrikste eienskappe van 'n geslaagde gedig. Moet ook nooit 'n woord twee keer in 'n gedig herhaal nie. 'n Mens lees vas daarteen.


Lindy Worth

Ook hier is daar duidelik geskaaf en die gedigte is verbeter. In "alternatiewe roete" voel ek "in besonder" moet verander na "veral". Ook is die Engelse woorde sinvol binne die konteks van die gedig gebruik. "Cruci figere": waak teen die gebruik van 'n uitroepteken in 'n vers en die slot is werklik studentikoos. Daardie soort breuk maak 'n lui indruk. Dit word ook onnodig melodramaties.
       Vir my gevoel is daar te veel prosaïese momente in die gedig. Maak die reëls korter.
       En die volgende:
            "Fluweel, só sag, die lippe se prewel
            om die krulle snoere fynhaaksade"
       klink darem net te verhewe.
       Snoei die gedig terug; laat die woorde minder word. Gee ook aan die toon van die gedig en moenie laat dit so verhewe klink nie.

Waak teen die gebruik van verkapte prosa; 'n gedig moet reëls hê wat bondig en vaartbelyn is.


Selwyn Milborrow

Goeie vooruitgang is hier gemaak. Ek dink "hang" word baie goed uitgebuit binne die konteks van die gedig. Die "wit in die poësie" word hier baie goed geaktiveer. 'n Mens kan uiteraard self invul wat in daardie brief staan - soos by Vermeer se lesende meisie - en die digter laat pragtige suggesties vir sy speurende leser. "om huis toe te gaan" wen myns insiens aan betekenis, omdat die digter vir ons verduidelik presies waarom hy Aachen gebruik en dat die gedig ook opgedra word aan Diana Ferrus se pa. Hierdie voetnoot is baie interessant, want die gedig word verder geaktualiseer met Ferrus se gedigte en haar lieflike gedig oor Saartjie Baartman.

'n Vers se reikwydte en betekenisvelde kan verruim word deur 'n voetnoot. Dit bewys dan hoe verse op mekaar inspeel.



Klik hier vir algemene wenke
Klik hier vir Joan Hambidge se eerste verslag
Klik hier vir Daniel Hugo se eerste verslag
Klik hier vir Daniel Hugo se tweede verslag
Klik hier om die gedigte te lees


LitNet: 29 Julie 2005

Wil jy reageer op SkryfNet VI? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / terug


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.