SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskoolArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

NasboekTafelberg-Uitgewers

Hennie AucampTerugvoering deur Hennie Aucamp

Tweede verslag

Slotkommentaar oor al vyf herskrewe verhale
Ons versameling deur Merle Grace
Lig deur Jaco Jacobs
Kranskop deur François Loots
Gisteraand deur Susan Samuel
Die roostuin deur Hanni van den Heever

Slotkommentaar oor al vyf herskrewe verhale

Vroeër of later moet ’n skrywer sy eie arbiter word; self besluit wat weggelaat of ingevoeg moet word om van sy teks ’n sterker mededeling te maak. ’n Skrywer kan maklik te afhanklik raak van buitemenings, en op dié manier onduidelik bly omtrent sy koers en die moontlikhede en begrensinge van sy talent.
    Maar solank ’n skrywer nog probleme het met taalhantering, met doodgewone grammatikale en idiomatiese kwessies, is hy nog nie gereed om sy paadjie selfstandig te bewandel nie. Eers as hy sy medium spontaan en oortuigend hanteer, kan hy hom “amptelik” as skrywer beskou.

boontoe

Ons versameling deur Merle Grace

Dié verhaal is toegewyd hersien, amper te drasties, want die slot is nou bra kripties. Iets in die dialoog van die man wat die kind raakgery het, moet suggereer dat sy doof is. Iets soos: “Ek toet en toet maar sy staan net daar ...”
    Die verkleinwoord van skilpad moet wees: “skilpadjie”.

boontoe

Lig deur Jaco Jacobs

Ook dié verhaal het gebaat by hersiening en stilering, en juis om dié rede val ’n oorblywende “teleskopering” as ’n steurnis op:
    “Oumies?” hou die petroljoggie die sleutel deur die venster na Agnes uit.
    Ek moet beken dat dié verhaal my steeds nie oortuig nie. Dis net te broos om sy lading Afrika-mistiek te dra.

boontoe

Kranskop deur François Loots

Dié verhaal het daadwerklik gebaat by hersiening. Die leser lees hom nie meer so vas teen lomp en foutiewe konstruksies nie, maar hier en daar is daar nog ’n jong jakkalsie wat die wingerd verniel. Dié sin, byvoorbeeld:

    Is ek in ’n verhouding, jaag ek alleenlopers hulle vryheid na; is ek enkeling, wil ek elke tweede vriend ’n minnaar maak, en juis dié moeras van onbetrokke betrokkenheid wil ek ’n paar dae ontsnap.
    Die sin is belangrik, want dit wil iets oorsein omtrent die ek se emosionele onbestendigheid. Stroping en verstewiging is nodig. Ek stel só iets voor:
    Is ek in ’n verhouding, jaag ek alleenlopers na; is ek enkeling, wil ek van elke tweede vriend ’n minnaar maak; en dis juis aan dié moeras van onbetrokke betrokkenheid dat ek ’n paar dae wil ontsnap.
    ’n Teleskopering soos “Kan ek maar sit?” gee ek haar die koeldrank ... ens. is seker ’n glips, maar dit irriteer nietemin.
    O. Henry se raad aan skrywers i.v.m. die skryf van ’n verhaal was: “Let it march”. Bloot al grammatikale slordighede kan die gang van ’n verhaal belemmer, want die leser moet nou begin ontsyfer, en dit ondermyn sy geloof in die betrokke verhaal.
    Die motief van ’n gevangene op vrye voet, oortuig my nog steeds nie; dit het iets van ’n “vals raaisel”. Hier is egter ’n geval van ’n greep wat die skrywer kennelik na aan die hart lê, en dis op slot van sake sý verhaal.

boontoe

Gisteraand deur Susan Samuel

Dié verhaal het baie gebaat by versobering.
    Hier en daar kan nog afgestem word, soos waar die ek se kop met ’n “balletjie” vergelyk word; tog ’n “bal”, sou ek sê.
    In ’n sin soos “... en soos een of ander addiction is dit too hard to contemplate anything else” klink dié mengeltaal idiomaties onsuiwer, en lees jy jou dus teen taal vas, ten koste van die verhaal.
    Ook dink ek dat die sinsverbrokkeling in die slotparagraaf moet toeneem. Die twee slotsinne klink skielik te beredeneerd, te nugter; hef die voorafgaande verbrokkelings op.

boontoe

Die roostuin deur Hannie van den Heever

Dié verhaal het gebaat by stilistiese suiwering; sy kwetsbaarheid lê myns insiens by sy slot. Dis in die slot dat al die emosionele en simboliese moontlikhede van rose en ’n roostuin saamgetrek moet word, en tog gebeur dit nie op artistiek bevredigende wyse nie.
    Een probleem is dat mev. Viljee se rol in die verhaal ambivalent bly. Sy het tog werklik begrip vir ’n gevoelige kind, maar teen die einde word sy “meewarig” genoem. En syself is kennelik gevoelig, want sy probeer die weeskind met skoonheid troos.
    Woorde kan toonversteurders wees, en toonversteuring binne die belangrikste fase van ’n verhaal kan fataal wees. Dit kan wees dat die verteller die terugskouende perspektief op ’n sleutelgebeure wil beklemtoon met woorde soos “implikasie” en “geïntoneer”, maar die slot van Die roostuin verwerp asof vanself alle abstraksies.
    Die toneel in die tuin moet dringend, werklik en onmiddellik voel, een en al sintuiglikheid. As die name van die rose nie genoem word nie, moet minstens hul kleure en geure genoem word. Dan eers sal artistiek gedemonstreer word dat skoonheid kan troos na ’n groot verlies.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.