PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Wilma Stockenström
is op 7 Augustus 1933 op Napier in die Overberg gebore. Sy studeer drama aan die Universiteit van Stellenbosch, waarna sy vir 'n jaar as radio-omroepster in Kaapstad werk. Sy verhuis in 1954 na Pretoria, waar sy aanvanklik as vertaalster werk en later as aktrise bekendheid verwerf. Met die publikasie van Vir die bysiende leser (1970) vestig sy haar as 'n nuwe poëtiese stem om mee rekening te hou.

Daarna volg Spieël van water (1973), Van vergetelheid en van glans (1976), waarvoor sy die Hertzogprys ontvang, Monsterverse (1984), wat met die CNA-, Louis Luyt- en Ou Mutual-pryse bekroon word, Die heengaanrefrein (1988), Aan die Kaap geskryf (1994), en Spesmase (1999).

Sy lewer eweneens as prosaskrywer werk van hoogstaande gehalte: Uitdraai (1976), Eers Linkie dan Johanna (1979), Die kremetartekspedisie (1981), Kaapse rekwisiete (1987), en Abjater wat so lag (1991), waarvoor sy die WA Hofmeyr-prys en Hertzog-prys ontvang.

Die vertaling van Die kremetartekspedisie in Engels deur JM Coetzee in 1983 stel Stockenström aan 'n internasionale gehoor bekend en vertalings in Frans, Nederlands, Duits, Italiaans en Hebreeus volg. Stockenström word ook gereeld as deelnemer aan internasionale poësievoorlesings genooi.

Benewens drie toneeltekste, waarvan Laaste middagmaal (1978) die belangrikste is, is Wilma ook bekend vir haar teaterwerk en optrede in rolprente en televisieproduksies soos The Guest (1977), Die Perdesmous (1982), Verspeelde lente (1983), Die Storie van Klara Viljee (1992), Friends (1993), en Promised Land (2002).

Wilma Stockenström woon sedert 1993 in Kaapstad en is een van die belangrikste en veelsydigste skrywers in Afrikaans.

  Wilma Stockenström

Hierdie ongebundelde, nuwe verse is voorheen opgeneem in Luc Renders se artikel “Tussen nietigheid en oneindigheid” in die Vlaamse tydskrif Poëziekrant, Jg 27, nr 2 (Maart-April 2003), pp 22-26.

  • Dooiwater
  • Spil soek
  • Suidpunt



    LitNet: 20 Maart 2006

    Het jy hierdie gedig geniet? Lewer kommentaar aan webvoet@litnet.co.za, of stuur jou eie gedigte aan Danie Marais. Klik hier vir PoësieNet-riglyne.

    terug    /     boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.