|
Riglyne vir voorlegging van gedigteDanie MaraisStuur asseblief elke gedig in 'n afsonderlike word.doc aangeheg aan die e-pos en nie as deel van die e-pos-teks nie. Met ander woorde, byvoorbeeld vyf word.docs vir vyf gedigte. Moet asseblief nie clip-art of ander beelde aanheg tensy dit deel van die gedig vorm nie. Bevestig asseblief jou kontakbesonderhede in die e-pos wat die gedigte vergesel. Dit is nie altyd duidelik na watter e-pos-adres ons moet antwoord nie. Maak asseblief duidelik of jy reeds voorheen gedigte op PoësieNet gepubliseer het. Sommige algemene name en vanne veroorsaak soms verwarring. Wees asseblief bereid om twee tot drie weke op 'n antwoord te wag. Ek lees alle voorleggings dadelik, maar lees dit graag na 'n week weer deeglik voordat ek 'n besluit neem. 'n Vinnige, spontane reaksie is nie altyd die regte een nie.
|
||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |