PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Lofotensang

Hans Pienaar

Lofoteneilande, Noorweë, 2005

Marcel Duchamps se vrou is geen portret
en nog nie naak, hoogstens ’n found object
skommelend op die Hurtigruten. ’n Blonde
beeltenis soos ragfyn koord en ongeskonde
poppedele giroskopelend aan die balustrade.

Behoort sy haar te ontklee? Vir dié op reis
in die posboot is so iets dalk hoog op prys
te stel. Of is dit genoeg, die sensuele skimp
in die toergids? Hier waar die seemyle krimp
as jy hul meet en pas op die arktiese kaarte.

en alles tog kan skipbreuk ly in mitiese kolke
en verwarrende taferele opgetower uit wolke
ione. Drome beloftes ook van die onmoontlike
word. Elkeen se verlangens op sy persoonlike
silwerdoek gewerp soos miljoene spikkels ys.

En so word daar niks gevra, niks geëis. Eers
wanneer die posboot land, en sneeu kners
onder jou stewel kom die besef dalk volg
jy in uitgetrapte spore, al is hul verborg
in eeue reën en mis en lae van die grys.

Warm lywe sou kon wag op jou. Soos aangeteken
en deur kapteins in donkerdag kajuite omgereken
tot sobere verslae: Water klem alles in sy kors
maar in knusse hutte word die melkwit bors
verruim ook vir die see se werpsel vreemdelinge.

Stapels pelse glinster in die olielig, jou hande
glip daarvan af, gly soos skis oor verre lande
van die verbeelding, nattighede lei jou vingers
oor versteekte dye, en valleie waar indringers
gul geheet word soos ’n kerk vol bekeerlinge.

’n Bootsklok lui. Jy moet terug. In ’n dubbeldoor-
venster vang die rye esels jou oog. ’n Hele stoor
vol doeke geskilder in soveel style soos woorde
vir sneeu. Van berge en bleek lugte uit ’n noorde
sonder hoop. Eentonigheid is die ewige mode

en die verbeelding se anker in die lofotensloof.
Ontdekkers in hul sewemaandegrotte verdoof
deur die lug se kokaïen. Sonder die meedoënlose
gewag op ontberinge deur die eiland se uitverkose
oorlewendes, word sinnelikheid bitter soos gebede.

Die posboot gly weer uit die hawe. Motore dreun,
staal en balk wring en verdring die liefdeskreun
waarmee brug en boeg teen wind en deining beur.
Teken in die kantlyn aan (opvolgskets): Na die sleur
van nog ’n dag in vredige veiligheid gesuspendeer

en net in droë drome naak, bestyg sy weer
reling vir reling die leë dekke van genade.




LitNet: 14 Februarie 2006

Het jy hierdie gedig geniet? Lewer kommentaar aan webvoet@litnet.co.za, of stuur jou eie gedigte aan Danie Marais. Klik hier vir PoësieNet-riglyne.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.