PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



N.P. van Wyk Louw word 100

Johann Lodewyk Marais

Hierdie jaar word daar in die kunste veral twee geboortedatums herdenk: dié van die Oostenrykse komponis Wolfgang Amadeus Mozart op 27 Januarie 1756, 250 jaar gelede, en dié van die Nederlandse skilder Rembrandt van Rijn op 15 Julie 1606, 400 jaar gelede. Wêreldwyd word baie aandag aan hierdie twee figure en hulle bydrae gegee.

In die Afrikaanse literatuur is daar veral een prominente figuur wie se geboortedag vanjaar gevier behóórt te word. NP van Wyk Louw is op 11 Junie 1906, 100 jaar gelede, gebore in die "afgesonderde klein Karoodorpie Sutherland, binne die Rôeveldse skaapwêreld waar dit in die winter sneeu", soos DJ Opperman dit stel. In die Afrikaanse literatuur bly Van Wyk Louw die magtigste figuur. Volgens Karel Schoeman is hy "Suid-Afrika se grootste digter en een van die min figure van wêreldformaat wat die land nog opgelewer het".

'n Mens sou verwag dat daar in hierdie stadium reeds heelwat oor die herdenking van Van Wyk Louw bekend sou wees. Toe hy in 1966 sestig geword het, is hy wyd gehuldig. Die SAUK het onderhoude met hom gevoer, twee eredoktorsgrade is aan hom toegeken, en op sy verjaardag is 'n aantal huldigingswerke aan hom oorhandig. In die lig van die baie aandag wat gegee is aan die herdenking van Langenhoven, Totius en Leipoldt tydens hulle eeufeesjare, sou 'n mens inderdaad nou reeds heelwat inisiatiewe en gesprekvoering rondom Van Wyk Louw verwag het.

My navrae het wel inisiatiewe aan die lig gebring. Die Wes-Kaapse Afrikaanse Letterkundevereniging en die Departement Afrikaans van die Universiteit van Johannesburg beoog NP van Wyk Louw-simposiums. In die Wes-Kaap sal die lesings op 9, 10 en 11 Junie by die Universiteit van Stellenbosch se JS Gericke-biblioteek, die Hugenote-gedenkskool op Dal Josafat, die Lord Milner-hotel op Matjiesfontein en die Louw-geboortehuis op Sutherland plaasvind en 'n bustoer insluit. Belangstellendes kan prof Wium van Zyl (wvanzyl@uwc.ac.za) kontak. Op 14 en 15 September word 'n simposium by die Universiteit van Johannesburg aangebied waar die klem veral op Van Wyk Louw se poësie sal val; nuwe toonsettings van Van Wyk Louw se gedigte sal ook uitgevoer word. Belangstellendes kan prof Willie Burger (willieb@uj.ac.za) kontak.

In hierdie stadium weet ek van slegs een huldigingswerk oor Van Wyk Louw wat vanjaar die lig gaan sien. Dit is naamlik 'n versameling van die Van Wyk Louw-gedenklesings wat tussen 1981 en 2005 by die RAU (tans die Universiteit van Johannesburg) aangebied is en wat LAPA-uitgewers gaan publiseer. Die lesings wat gedurende September by die Universiteit van Johannesburg aangebied word, sal wel volgende jaar in 'n spesiale nommer van Tydskrif vir Letterkunde opgeneem word.

By Woordfees 2006 en by die KKNK 2006 kry Van Wyk Louw op enkele uitsonderings na as 't ware net sydelings aandag. Betreklik min mense en instansies het dus voor die tyd beplan om vanjaar iets besonders van die herdenking van Van Wyk Louw se geboorte 100 jaar gelede te maak. 'n Mens hoop darem dat daar later vanjaar by Aardklop (en ander kunstefeeste) meer op die spyskaart sal wees. Kunstefeeste is tog vandag die geleentheid by uitnemendheid om die breë publiek die geleentheid te gee om saam rondom Van Wyk Louw fees te vier. Hopelik is dit ook nie te laat om nog publikasies oor die skrywer te inisieer nie.

Dalk kan die enkele inisiatiewe wel vir iets besonders sorg.




LitNet: 10 Maart 2006

HLewer kommentaar aan webvoet@litnet.co.za, of stuur jou eie gedigte aan Danie Marais. Klik hier vir PoësieNet-riglyne.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.