GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Huisvergadering op Gay@Litnet

Agenda

Mike Prins se vraag
Reëlings oor bydraes
Reaksie op Willie Knoetze se "brander"
Gelukwense aan Jaco Barnard, Egon en Frikkie Erasmus
Oor beskikbaarheid van Suid-Afrikaanse gayboeke; Homeros-saak

Mike Prins van Port Alfred

Ek is 'n gelowige Christen en meelewende kerklidmaat. Ek het ook nie 'n probleem met 'n homoseksuele verhouding tussen twee mense wat mekaar liefhet nie. Maar wat sê jy as mense beweer dat die Bybel homoseks verbied?

DB antwoord: Mike, gewoonlik reageer ek nie persoonlik nie; die gedagte is dat ander dit doen. Ek word "verlei" deur die netjiese formulering van 'n saak wat my ook na aan die hart lê.

Jy som die basiese dilemma van gelowige gays netjies op. Die gelowiges vind baie waarde in die kerklike lewe en sal graag van die teoloë wil verneem dat hulle uitlewing van hulle seksualiteit nie deur God as sonde veroordeel word nie. Wat as daar wel onomstootlik bewys word dat ons sondig? Sal ons dan maar blý glo?

Reaksies op Willie Knoetze

Ons het aantal reaksies ontvang op Willie Knoetze se jongste "Uit die boks: My Tiende" (sien ook "Dit gons oor die jongste bydraes op Gay@Litnet). Meer as een bydraer het die "brander" egter aan my toegedig. Lesers het dalk vinnig my uitnodiging onderaan gesien, of my naam by die inleidende nota, of hulle dink aan my bydrae tot die gay-seminaar.

Ek moet dalk iets sê oor die uitnodiging om reaksie na my te stuur en nie direk aan die bydraer nie: sodoende sal die bydraers nie pespos en haatspraak ontvang nie, en kry ons ook stof vir "Menings". Soms vra lesers die e-pos-adresse van bydraers aan, want hulle wil byvoorbeeld graag 'n vriendskap hernu. Ek stuur dan die navraer se adres aan die bydraer, wat kan besluit of hy of sy wil antwoord.

Soms kry ek briewe waaruit dit nie duidelik is of dit bloot persoonlik vir my bedoel is of vir publikasie nie. Dui asseblief die bedoeling aan. As jy 'n teks wil bespreek, sal ek jou seën as jy ook die skrywersnaam en titel van die betrokke teks noem.

Elgru Burger skryf dan uit Bloemfontein oor Willie Knoetze se "brander":

Voor ek reageer, voel ek dat ek 'n bietjie inligting omtrent myself moet gee (vir statistiese doeleindes!).

Ek is 'n dame van 60 jaar wat so pas met die NG Kerk gebreek het, om verskeie redes, waarvan die belangrikste is dat ek glad nie meer met die dogmas van die kerk kan saamleef nie. Ek glo net in daardie wonderlike (ongeslagtelike) God met 'n passie. Vir my was Jesus slegs 'n besondere profeet wat op die aarde nodig was.

Van my kleintyd af kon ek nog nooit verstaan hoekom daar teen gays gediskrimineer moet word nie en dit is nog steeds vir my onaanvaarbaar. Die kerk is nou met 'n gay-"bashing" besig wat my skaam maak.

Ek vra sommer namens alle heteroseksuele mense om verskoning daarvoor en bid jou die wonderlikste vreugde en ervarings in jou Christenskap toe.

Ek reageer in die algemeen op die hele belaglikheid van die Gaum-kwessie en die kerk se hantering van die aangeleentheid. Net toe ek dink dat ek nou alles gehoor het, lees ek vanoggend die artikel oor pastoor Frans Cronjé wat reken dat demone mense gay maak.

Ek was totaal verstom dat iemand sulke tjol kan verkondig en dit dan nog glo ook!

Ek wil ook die vrouens van Suid-Afrika waarsku dat ons volgende aan die beurt gaan wees en op die brandstapel as hekse verbrand gaan word.

Alle regdenkende mense behoort hul lidmaatskap van sulke kerke in heroorweging te neem.

Hardie:

Danie, ek wil net vir Willie sê: Jy's 'n ster. Ek self sit "vasgevang" te midde van die hele NGK-gaydebat. Ek wens ek kon jou leer ken, en dat daar meer mense soos jy in die lewe was.

Amelia:

Uitstekend! Dis van altyd en altyd af so dat mens nie 'n kerk of 'n gemeente nodig het om jou diepe geestelikheid uit te leef nie. Min mense besef dit. Gelukkig weet jy dit!

Ek is nie gay nie, en het 'n oop hart vir almal, en gooi nie graag klippe nie. Liefde en empatie vir alle mense is al wat nodig is om in vrede te leef.

Vergeet van die klipgooiers en die Fariseërs. Weet net dat God in jou is, en niemand kan Hom (Haar?) daar wegvat nie.

Sterkte en leef voluit.

Wim Vorster:

Hier is twee aanhalings (of dan "personal quotes") van Leslie Jordan, die "klein" gay akteur wat groot opslae maak en onder andere in Will & Grace Beverley Lesley, die doring in die vlees van Karen, speel:

"Someone said there are two classes of gay people in the United States: the fabulous and the fearful. There's nothing really in between. The fabulous, we're on both coasts, but we forget about that huge country out there."

"The problem with all us boys is that we equate God with religion. I still struggle; I do lash out at what I perceive as God, but it's really the bastardization of God by these people who hide behind their church, their book."

Willie Knoetze se "Uit die boks" het my hieraan herinner.

Ander bydraes

Louis Joubert het lof vir Jaco Barnard:

Ek het pas, per toeval, op julle webruimte afgekom en deur 'n paar gedigte gelees. Ek is veral beïndruk deur Jaco Barnard, wat, volgens sy beskrywing, superveelsydig is.

Sy gedigte is 'n vars (en broodnodige) emosionele kyk na die werklikheid van homoseksualiteit in Suid-Afrika met al die bykomende probleme – soos publieke verwerping, ens.

Tien uit tien vir Mnr Barnard – en alle voorspoed met sy vele talente!

Elkie van Zyl oor Egon se nuusbriewe uit Israel:

Soooo lanklaas 'n nuusbrief van Egon!

Daar is soveel exciting dinge wat in Israel gebeur, en altyd so heerlik om van haar eerstehands te hoor.

Motiveer, inspireer, beveel haar. Haar lesende publiek wag met groot verwagting.

Elanri Dreyer oor Frikkie Erasmus se "Dertig jaar se moer":

Stuur asseblief my komplimente aan Frikkie Erasmus. Dit is sekerlik een van die beste gaystories wat ek in 'n lang tyd gelees het. Ek het skoon 'n traan gepink vir die wonderbaarlike manier wat liefde wel seëvier.

Vivian Mathews aan my oor Homeros:

Ek moet vir jou dankie sê vir wat jy al vir ons gays gedoen het. Ek het met soveel genot jou geskrifte gelees en is baie bly dat jy Gay@Litnet versorg. Vandat daar nie meer gayboeke in Afrikaans gepubliseer word nie, is dit al waarop ons kan staatmaak. Ek weet jy was aan die begin betrokke by Homeros. Wat het daar skeefgeloop?

Ek is 'n afgetrede stadsbibliotekaris en koop my byna bankrot aan gayboeke van Amazon.com. Ek wens net dat ons weer gayboeke in Afrikaans kan kry wat kers kan vashou by dié van Amazon.com.

Sterkte met Gay@LitNet.

DB: Vivian, dis 'n verhaal wat lank sal neem om met volle kleur en geur te vertel. Baie faktore het daartoe bygedra dat Tafelberg-Uitgewers besluit het om nie meer voort te gaan met Homeros as 'n afdeling vir Afrikaanse gayboeke nie. Die kort antwoord is dat die boeke nie goed genoeg verkoop het nie; as nisbemarking het dit winsgewys nie gewerk nie. Maar ek wil dadelik daarop wys dat sterk gayletterkunde nog steeds deur Tafelberg en ander uitgewerye oorweeg en gepubliseer sal word soos in die jare voor Homeros.

Ek het probeer om 'n verskeidenheid genres onder die Homeros-embleem uit te gee; ook die ligter verstrooiingswerk byvoorbeeld. Maar resensente het gewoonlik die ligter genres verkeerd ingeskat; sommige bemarkers en boekhandelaars had ook nie raad daarmee nie. Ek het geglo dat daar gereeld publikasies moet verskyn, 'n klomp, sodat kopers kon kies en keur en 'n Afrikaanse gayboekkultuur opgebou kon word. Maar ons moes altyd meeding met die groter, gevestigde "normale" boekvoorsiening en tweede viool speel. Ek is eerder al hoe minder boeke per jaar veroorloof. Ek moes veg teen vooroordele en verskil van menings uit verskeie oorde. 'n Mens behoort ook te vra of die publikasies inderdaad alles gehaltewerk was. Was negatiewe oordele nie dalk gegrond nie? Daarop kan ek maar sê: ja, ek het in elkeen gegló, maar jou uitgewersoordeel is 'n relatiewe saak; sukses is onvoorspelbaar.

Ek verwag dat net die hoë gayletterkunde nog 'n (yl?) kans het om gepubliseer te word – soos die onderskatte Lente in Beijing van Francois Loots wat in die na-Homeros-tyd by Tafelberg verskyn het. By 'n relatief onbekende uitgewery soos Brevitas het Guy Willoughby se heerlike Archangels verskyn. Linda Nell hou ons op die hoogte van ingevoerde en inheemse boeke in haar "Book chat / Boekpraatjies". Haar foto is veronderstel om gedraai te word sodat sy kyk na die titel in die taal waarin sy skryf; tot dusver was daar nog nie een Afrikaanse boek om te bespreek nie.

Daarom is ek inderdaad gelukkig om nou reeds drie jaar lank alle genres vir gay en ander belangstellende lesers op hierdie webruimte te plaas – die roman uitgeslote. Dit vervang nie boeke nie.

Miskien is daar 'n goeie, gawe multimiljoenêr wat in 'n Suid-Afrikaanse gay-uitgewery wil belê en met 'n flinke, toegewyde personeel die gayboekemark werklik die hoogtes in sal laat styg.

Vergadering afgesluit.




LitNet: 11 Oktober 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.