GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Duitse gay mans hou van lesbiërs

Egon en Judy voel veilig en vry in München

So dikwels voel dit vir ons ons loop dinge mis: die Pride March in Jerusalem geskied hierdie jaar op 'n Donderdag as ons nog aan die werk is; die Christopher Street Parade in Amsterdam, Keulen en Berlyn vind toe plaas voor ons daar kon uitkom – en so gaan die lewe voort.

Aan die einde van ons vakansie in Duitsland bly ons 'n paar dae lank in München voor ons huiswaarts keer – terug na die hitte en historiese gebeure in Israel. Ons bly by Oli en Karen, ons vriende oor wie ek vantevore geskryf het. Die eerste aand beplan ons vier saam vir die volgende paar dae.

"Môre," vertel Oli, "is die Hans Sach-straatfees! Dis altyd groot pret!" Lekker bratwors, rolletjies, bier; straatmusiek en stalletjies.

Hans Sach-straat

Groot is ons verrassing die volgende middag toe ons besef dat die straatfees omtrent 70 persent gay is; daar is nie net kosstalletjies en bier te vinde nie, maar ook verskeie punte waar inligting oor gayseks, verhoudings, gesondheid en MIV/VIGS beskikbaar is met beraders wat regstaan vir 'n gesprek. Ons gesels by een en is beïndruk met die gehalte leesmateriaal wat hulle kosteloos beskikbaar stel. Hul webwerf is www.aidshilfe.de.

Die atmosfeer is vriendelik en ons raak maklik aan die gesels. Ons ontdek dat Michelle die cross-dresser eintlik Michael heet. Hy gesels openlik met ons oor sy lewe tuis en in die modebedryf.

Feesvlae

Hy beskryf homself: "Ek is 'n gewone heteroseksuele man wat gelukkig getroud is. Om so aan te trek en die middelpunt van belangstelling te wees gee my wel plesier, maar dis nie 'n dominante deel van my lewe nie. Net 'n bietjie ekshibisionisme! My vrou aanvaar hierdie speletjie van my." (Hy sou nie hou van HAT se verklaring van ekshibisionisme nie, maar dis wel die woord wat hy gebruik het.)

Michelle

Ons ruil epos-adresse uit sodat ek vir hom die foto's kan aanstuur.

By 'n toonbank wat eintlik bier en Jägermeister verkoop, word ons sjampanje aangebied toe ek met 'n Suid-Afrikaner, wat nou in Amsterdam saam met sy partner woon, aan die gesels raak. Hy ontvang die LitNet-omsendbrief, maar het nog nooit die gay-afdeling ontdek nie! Rikus en Nico is toevallig vir die naweek op sakebesoek in München en vergelyk die gay-scene in die stad met dié van Amsterdam. "In Amsterdam is alles meer styf en korrek," meen Nico en maak 'n handgebaar om die dra van 'n das en pak aan te dui. "Hier is alles veel meer oop en ontspanne," stem Rikus saam. Ons beleef dit ook so. Rikus belowe om na die gay-rubriek op LitNet te gaan soek. Van ons kant belowe ons om hulle by hul huisboot in Amsterdam te besoek as ons die volgende keer daar deurreis.

Orals vind ons dat gay couples meer as bereid is om oor hul lewe saam te gesels en maklik stelling inneem vir 'n foto.

Dis duidelik dat die atmosfeer hier mense veilig laat voel: hulle is oop en ontspanne oor wie hulle is sonder om 'n "statement" te probeer maak. Eintlik is Michelle die enigste wat enigsins ekshibisionisties is. Dis duidelik nie 'n "Christopher Street Parade" nie, net die plaaslike straatfees wat per toeval in die hartjie van die gaykwartier van München is.

Gay couples: 'n collage









Ook heteropaartjies kuier saam. Enkelinge loop gemaklik rond en word sommer vinnig by groepe ingesluit. Intussen begin dit sag reën en mense wat nie dáárvoor lus is nie, bly binne en hou die feesgangers met genot deur vensters dop.

'n Meisie kyk uit

Carmen, 'n transseksueel en eienaar van Carmen's Lounge, hou 'n ferm ogie oor haar stalletjie.

Sy poseer graag vir 'n foto, maar het nie tyd vir gesels nie – hulle verkoop bier by die megaliter! So, ons drink maar 'n biertjie tot haar eer. 'n Gay man bied Oli 'n sigaret aan. "In München tree ons gay mans mos met geneentheid teenoor ons lesbians op!" lag hy. Ek het dit al elders baie anders beleef!

Carmen's Lounge

Skielik hoor ek 'n bekende klank. 'n Fluitjie blaas en tromme speel. Hier kom 'n groep aan – almal wit Duitsers – onder leiding van 'n groot swart man wat met entoesiastiese gebare dirigeer. Dit gee my sommer hoendervleis.

Hulle speel met oorgawe en die skare geniet dit baie.

Die mense, die bier, die musiek. Die oop, ontspanne atmosfeer, die gemeenskaplikheid tussen die gay en heterofeesgangers bevestig die indruk wat ons twee jaar gelede van München gekry het: dis 'n veilige stad waar gays en lesbiërs met respek en aanvaarding kan lewe.

Toe die reën te erg raak, gaan ons huis toe. Oli maak heerlik kos. Ons speel "terapie", 'n interessante bordspel waarmee 'n mens nogal jou wederhelfte beter leer ken én ook dinge oor jouself uitvind. So ná elf vra ons gasvrouens skielik of ons lus is om te gaan kyk hoe lyk dit by Carmen's Lounge. "Dis net om die draai!" Vir seker! (En toe ek en Judy later, ná drie die oggend, pootuit huis toe steier, dans die ander twee nog lekker!)

Die tromme

Nou weet ek hoekom al daai mooi manne so mooi is – dans is puik oefening! Wat my die meeste opgeval het die aand was dat, soos by die straatfees, almal met almal gesels. Die vyandigheid wat ek al soms by gay mans teenoor lesbiërs bespeur het, was nêrens te sien nie. Een jong man het sy partner se hoed afgehaal en dit op Judy se kop gesit en 'n rukkie heerlik saam met haar gedans.

Met 'n groot Kubaan het ek 'n diep gesprek oor musiek en met 'n ander een oor Castro en die politiek gehad. Hy vertel oa dat daar baie van sy landgenote in Duitsland na 'n beter lewe kom soek. "Terwyl Castro lewe, is daar geen hoop vir ons nie. Daar's geen werk nie!" vertel hy. Tog meen hy dat gays in Kuba nie spesifiek probleme daar het nie; oorlewing is die orde van die dag vir almal.

Tussen die dansery deur geniet ek dit om die kom en gaan van mense dop te hou: Wie is nou by wie? Hoe wissel dit? Hoe lank vat dit die alleenloper om nie meer alleen te wees nie? Carmen is so 'n glimlaggende, tog streng beherende teenwoordigheid. Dis 'n plek om jou te geniet, maar hier word geen nonsens geduld nie! In Israel, waar oorvol nagklubs en kuierplekke al dikwels teikens vir terroriste en hul bomme was, besoek ons nooit sulke plekke nie. Maar die aand in München kuier ons lekker saam met honderde ander gays en voel in elke opsig veilig. Vir hierdie twee Israeli's is dit 'n heerlike einde aan ons vakansie in Duitsland.


LitNet: 27 September 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.