|
Jaco Barnardhet die grade BCom (Regte) en LLB albei met lof verwerf aan die Universiteit van Pretoria. As lid van die junior akademiese personeel doseer hy gedurende sy studentejare kursusse in die Departemente Regsfilosofie, Privaatreg en Handelsreg, tree op as eksterne nasiener vir die Universiteit van Vista en doen ad hoc-navorsing aan die Sentrum vir Menseregte by UP. In sy finale jaar word hy aangewys as die beste student in die LLB en ontvang hiervoor die Grotiusmedalje van die Pretoriase Balie en die Gauteng Regsraad se prys vir die beste regstudent aan 'n universiteit in die Gauteng-streek.Ná universiteit dien hy as kandidaatprokureur by die firma Werksmans Inc en voltooi die Prokureursorde se toelatingseksamens in 2003. In 2004 word hy aangestel as lektor aan die Universiteit van Kaapstad, waar hy tans hoofsaaklik doseer in die Departement Kommersiële Reg. Hy voltooi vanjaar 'n doktorsgraad in regsfilosofie.
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |