|
Hulde aan Johan van Rooyen is treffendMenings van lesersPHILIP DE VOS is naas sy sang, poësie en kinderboeke ook bekend vir sy fotografie. Sy foto's van skrywers is veral bekend. Na aanleiding van Johann de Lange se "Die ongedanste dans" waarin hy wyle Johan van Rooyen huldig, stuur Philip de Vos die bostaande foto van Johan (links) en Hennie Aucamp. (Sien ook Hennie se huldigingsgedig.) Die foto is in 2002 geneem. EBEN VENTER, skrywer van onder meer Foxtrot van die vleiseters, Ek stamel ek sterwe en Begeerte, het via ons vir Johann de Lange laat weet: "Aangrypend en melancholies jou stuk oor Johan van Rooyen, Johann." En HERMAN DE PREEZ skryf: Ek ken vir Johan & Riek van ongeveer 10 jaar gelede, maar het kontak verloor. Riek het my weer gedurende Desember verlede jaar opgespoor (genadiglik, anders was ek van hulle teelys af!). LitNet: 10 September 2004 NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |