GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Hennie Aucamp

Die resonante snaar

in herinnering: I.D. du Plessis

Is daar 'n plek nou in die omtes van die hart
waar jy jou fraai gebedemat kan sprei
en passievol jou vreemde liefde kan bely
en onbevrees die skenders van die skoonheid tart?

Jy't diékant toe gedwing, maar steeds omfloers,
die jasjmak van welvoeglikheid oor jou gesig -
het iemand ooit dié doek brutaal gelig,
en jou winduit gesoen, wilskragtig en boers?

Waarskynlik wel, maar dit verswyg jou vers -
tog het jy oorgesein, en dit was al genoeg:
ons hád 'n beeld - Olimpies - vir ons boeg:
en druipnat in jou hand die offerkers.

Nog roep in die Bo-Kaap die muezzin -
al is jy weg, en vele liefdes sedertdien.


Borswering

in herinnering: Johan van Rooyen

Wanneer ek skryf, spook jou "fermanend woort"
by my: "Die lui woord moet eruit";
ek probeer 'n ander, een met spanning, meer geluid,
potent, onvermydelik, presies soos dit hoort.

Ag, talm in die coulisse, slaan hok, regisseer:
jou sintuig vir waardes en ware talent
het die kunste beskerm soos 'n suurstoftent -
nou wankel dié wêreld: te min kán beheer.

'n Paar suiwer verse en natuurlik jou raad
en vroeër jou tydskrif, 'n stylfenomeen -
dít is ons erfenis; en nou is jy heen,
na Droogeputs dalk, jou Karoo-toeverlaat

waar jy dwaal tussen hutte, die korbeelsoort van toet,
en raak aan die klip, bewus dat jy groet.


Die oomblik van waarheid

in herinnering: Jan Schutte

Skrywer, akteur en radiogees,
sanger ook, met 'n warm bariton -
wat jy wou, dit sou jy kon:
jy was 'n Sondagskind gewees.

Jou ironie het jou bepaal.
Jy was die sprankelaar die aand op die terras
by St Michel, met hoofse wyn in elke glas:
toe kom verby, asof dié stoet dit nooit sal haal,

'n groepie kreupel vroutjies, diep in oumensjurke weggemoffel,
op pad na die kerk, in skuifelgang
soos één organisme: en skielik was jy bang;
vergete die kaas, die olywe, die knoffel.

Die klok vir die Mis het klaaglik bly teem
en die vonkelende dag sy goudlig ontneem.


"Slaan vir my 'n masker"

in herinnering: Ernst van Heerden

Jy kon, gewikster as wie, kamoefleer,
wellewendheid later jou tweede gesig
toe jy jou teen die pyn moes rig
en beweeglikheid na jou gees transponeer

waar flitse van vryheid tot verse verdig.
Het jy in jou tyd van verhuising gedink
aan ander gestremdes, toe jou eie vlam slink?
Aan Wittgenstein beslis, met sý maskergesig,

regop voor 'n klavier, een arm bloot mou,
maar sy linkerhand elegant gesprei
oor die klawers: ook hý het hom bevry
en, gesteun deur orkeste, sy baan volgehou.

Jare na jou dood eers mog ek dit lees:
daardie onklaar brief: astrak van jou vrees.


Die ruiter in die nag

in herinnering: Johannes Meintjes

Het Johannes en I.D. dié storie versin?
Daar jaag op 'n aand van 'n sekere maand
'n spiernaakte ruiter, swoel en verwaand,
met Waalstraat langs, in die Skotse Kloof in

en onder hom voel hy, reg in sy mik,
soos die roering van wind in soepel koring
'n trillende huid; en hy gooi 'n horing.
Die perd donder voort. Die man snak en ruk.

Wat sy oë gesien het, het Johannes gesweer,
het hy doek toe gevat, nog dieselfde nag:
die wit perd se boude, die man se geslag,
en 'n maan en moskee, virulent ingekleur.

Sprokies - by I.D. - was dikwels substraat;
maar Johannes het hom op verbeelding verlaat.



LitNet: 24 Junie 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.