Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Derde Swart Afrikaanse Skrywerssimposium is hier

Klik hier vir die volledige program.

Joel Claassen

Steward van Wyk is hooforganiseerder van die Derde Swart Afrikaanse Skrywersimposium wat vanaf 20 tot 22 Oktober in die biblioteek-ouditorium op die kampus van die UWK sal plaasvind. Joel Claassen van die UK het met hom gesels.

Die Eerste Swart Afrikaanse Skrywersimposium is tussen 26 en 27 April 1985 by die Universiteit van Wes-Kaapland gehou. Onder die sprekers was Jakes Gerwel, Patrick Petersen, Richard Rive, Hein Willemse, Elsa Joubert, Melvin Whitebooi, Peter Snyders en Jeremy Cronin. Verskeie temas is aangeraak, onder andere die gebruik van Kaaps in skryfwerk, swart eksklusiwiteit, verset teen koŲptering en marginalisering, en die rol van skrywers in die stryd teen apartheid.

Die Tweede Swart Afrikaanse Skrywersimposium het tussen 29 September en 1 Oktober 1995 op die dorp Paternoster plaasgevind. Bydraes is onder andere gelewer deur Adam Small, Abraham Phillips, Dawn Boezak, Danie Botha, Clinton du Plessis, Robert Pearce, Sizwe Satyo, Marion Hattingh, Khekheti Makhudu, Pieter Conradie, Patrick Petersen en Charles Malan.

Professor Steward van Wyk (SVW) is 'n dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland en die hooforganiseerder van die Derde Swart Afrikaanse Skrywersimposium wat vanaf 20 tot 22 Oktober in die biblioteek-ouditorium op die kampus van die UWK sal plaasvind. Hy was betrokke by die organisering van die Tweede Swart Afrikaanse Skrywersimposium op Paternoster en 'n mederedakteur van die simposiumverslag wat onder die titel Die reis na Paternoster gepubliseer is. Hy doseer (Suid-) Afrikaanse letterkunde en het 'n spesiale belangstelling in swart Afrikaanse skryfwerk. Hy het 'n aantal artikels hieroor gepubliseer in Stilet en Literator en op LitNet.

Joel Claassen (JC) is 'n deeltydse dosent in die Departement van Afrikaans en Neerlandistiek aan die Universiteit van Kaapstad.

Deelnemers oor die jare

JC: As ek 'n bietjie tong in die kies mag begin, onder watter naam gaan die komende simposium vir swart Afrikaanse skrywers bekend staan, aangesien die benaming van die eerste swart Afrikaanse skrywersimposium vanselfsprekend was, en die tweede simposium met die dorp Paternoster verbind word?

SVW: Ons het nie eintlik aan 'n amptelike naam gedink nie; daar is maar gehou by Die Derde Swart Afrikaanse Skrywersimposium. Daardeur is so 'n bietjie van 'n tradisie bevestig met die eerste simposium wat in 1985 by die Universiteit van Wes-Kaapland gehou is en die tweede simposium wat in 1995 op Paternoster plaasgevind het. Dat ons nou weer na tien jaar 'n simposium hou, het miskien iets te doen met die neiging na "dekadisering" in die Afrikaanse letterkunde - om dinge in dekades in te deel - soos met die literÍre bewegings en strominge, die Dertigers, Sestigers ens. Nietemin is daar 'n tradisie begin waar ons dus elke tien jaar 'n swart Afrikaanse skrywersimposium hou.

JC: Hein Willemse het op die simposium op Paternoster in sy referaat "Die veelbewoŽ vaart na Paternoster of 'n eie perspektief op swart Afrikaanse skryfwerk" aangevoer dat die eerste Swart Afrikaanse Skrywersimposium bygedra het tot die verbreking van "die toe-eiening van Afrikaans deur Afrikaner Nasionalisme". Wat was vir u die belangrikste uitkoms van daardie simposium in 1985?

SVW:
Ek dink 'n mens moet na die konteks van 1985 kyk. Dit was 'n tyd van felle stryd teen die apartheidsbewind. Dit was dus 'n stryd waarin daar kontestasie was van verskillende magte rondom Afrikaans en die Afrikaanse Letterkunde. Ek dink dit situeer die debat wat toe plaasgevind het tydens die eerste simposium. Die mense wat fel teen die huidige bestel van daardie tyd geagiteer het, het juis hulself rondom 'n ander diskoers gaan skaar - 'n diskoers waarin Afrikaans van sy verbintenis met apartheid losgemaak is, bevry moes word van die stigma van verdrukkerstaal, en aangewend kon word as instrument in die bevrydingstryd.

Ek dink die organiseerders wou ook die verskynsel van swart Afrikaanse skryfwerk ter diskussie stel; dit was op daardie stadium 'n redelik onbekende verskynsel, behalwe natuurlik skrywers soos SV Petersen, PJ Philander en Adam Small. In die tyd van daardie eerste simposium in 1985 het daar 'n opbloei gekom onder swart Afrikaanse skrywers met 'n generasie van protesdigters soos Patrick Petersen. So, die simposium was 'n manier om die korpus van swart Afrikaanse skrywers te definieer, en ook om verteenwoordigende temas en vormlike kenmerke uit te lig (onder andere die gebruik van Kaaps en wat die konsep van 'n "swart skrywer" behels). Dit gaan meer daarom dat swart Afrikaanssprekendes in 1985, en in 'n groot mate in 1995, gemarginaliseer gevoel het binne die Afrikaanse literÍre kanon en tradisie. Dus was die simposia 'n soort verset daarteen en daar is probeer om 'n verbreding teweeg te bring.

'n Aanduiding van die strydkragte wat op daardie stadium aan die gebeur was, kry mens in Patrick Petersen se bydrae tydens die eerste sessie van die simposium. As mens die bundel referate (Die reis na Paternoster) van 1995 lees, sal 'n mens juis van daardie fel en agiterende soort sentimente in die vorige simposia sien, wat hy verwoord het deur aan te voer dat die Afrikaanse letterkundige bestel nog nie is soos dit moet wees nie. 'n Groot voordeel van die simposia was egter dat swart Afrikaanse skryfwerk gevestig is binne die Afrikaanse letterkunde en dat mense dus op 'n unieke manier kyk na die eiesoortige temas en tegnieke, wat natuurlik ook nie veel anders is as die temas in die hoofstroom nie. Dieselfde temas word dikwels behandel in beide die hoofstroom en deur ander swart skrywers.

JC: Gegee die verandering in die politieke bestel tussen 1985 en 1995, was daar nie op die Tweede Swart Afrikaanse Skrywersimposium nog steeds hewige gesprek oor wat die konsep van 'n "swart" Afrikaanse skrywer behels nie?

SVW:
Daar was gesprek oor hierdie konsep op beide die 1985 and 1995 simposia. Die tweede simposium in 1995 het juis afgeskop met die kwessie van of dit nog geldig is om die verwysing "swart" te gebruik. In 'n groot mate het dit juis bevestig dat dit miskien nog waarde het om daardie omskrywing te gebruik, omdat dinge nog teen 1995 nie heeltemal genormaliseer het nie.

Ek dink 'n mens moet die gebruik van die konsep swart vir die doeleindes van hierdie simposia so 'n bietjie kontekstualiseer of omskryf. Dit gaan nie om 'n kleuraanduider nie, maar meer om 'n generiese omskrywing, en dus is dit 'n polities-ideologiese term wat verwys na mense wat hulle in verset teenoor die hegemoniese gebruike en praktyke gevind het. 'n Mens moet die konteks in 1985 en 1995 verstaan as een van kontestasie tussen hegemoniese en teenhegemoniese magte en die stryd om marginalisering teen te werk.

Die term swart het ook te doen met 'n tradisie van skrywers wat gevestig geraak het en dat daar 'n korpus van skryfwerk en kulturele uitings is wat die Afrikaanse letterkunde moes verreken.

Na 1995 was daar ook skrywers wat hulle gedistansieer het van die term swart. SP Benjamin het onder andere gesÍ: "Ek is nie swart of bruin skywer nie. Ek is gewoon skrywer." Dit is waarskynlik wat baie swart skrywers voel, naamlik dat hulle gewoon skrywers is en dat hulle op meriete beoordeel wil word as skrywers. Hulle wil nie met die etiket van swart, ontwikkelende of kwota verbind word nie, of skrywers wat spesiale behandeling moet kry nie. Hulle wil op gelyke voet staan met alle skrywers.

JC: So daar sal nog steeds vrae rondom die idee van identiteit wees tydens die Derde Swart Afrikaanse Skrywersimposium in 2005?

SVW:
Ja, ek dink daar sal gewis nog vrae wees oor identiteit. Die openingsessie op die Saterdag begin met Hein Willemse wat 'n toespraak lewer oor "Taal, identiteit: op pad na 'n ruimer belewing van Afrikaans", waarin hy verskeie opvattings wat tans oor Afrikaans bestaan, opweeg teen ontwikkelinge binne die Suid-Afrikaanse samelewing en sekere uitings daarrondom analiseer. Dit behoort 'n lekker gesprek rondom die taaldebat oop te maak.

JC: Tydens die tweede simposium was daar 'n sterker neiging om weg te kom van die idee dat die Afrikaanse letterkunde net vir wit Afrikaanssprekers was. Dink u dat daardie gevoel onder swart skrywers na die tweede simposium verander het? Word daar nog steeds teen die tradisionele geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde "in geskryf"?

SVW:
Ek dink in die afgelope tien jaar het swart Afrikaanssprekendes hul plek opgeŽis in die Afrikaanse taalgemeenskap en terselfdertyd 'n groot aandeel gehad in die vernuwende impulse binne die Afrikaanse kulturele landskap. Maar swart skryfwerk as 'n kleiner letterkunde sal altyd 'n bewussyn hÍ van wat in die dominante tradisie gebeur en waaksaam wees oor die invloede wat daarvan uitgaan.

Ek dink ook dat daar 'n verskuiwing gekom het van die vorige simposia, wat waarskynlik te doen het met gebeure op die internasionale literÍre toneel en verbind kan word met die opkoms van postkoloniale literÍre studies. Op die 1985-simposium het 'n mens die eerste generasie swart skrywers wat rassediskriminasie beklaag het, en daar was 'n verset teen die verontmensliking wat apartheidswetgewing teweeggebring het. Teen 1995 het daardie generasie skrywers weer veral geagiteer teen die onderdrukking van die apartheidskonteks, maar daar was ook duidelik hoop en verwagting oor die nuwe demokratiese bestel post-1994.

Ek dink dat daar veral in ons huidige konteks ander postkoloniale temas is waarvan hierdie skrywers hulle bedien - dinge soos die soeke na identiteit, historiese oorspronge, die waardetoevoeging tot gemeenskappe, en erkenning en viering van hulle kulturele tradisies en gebruike. Temas soos die soeke na 'n bepaalde groep se eie geskiedenis, en hoe gewone mense gedurende apartheid daagliks gelewe het, is ook van belang.

JC: Deelnemers aan die eerste simposium het seker gehoop dat daar groei en ontwikkeling sou plaasvind onder swart skrywers na die simposium? Kan 'n mens sien hoe hierdie simposia swart skrywers veral gebaat het?

SVW: Dinge het dramaties verander, wat mense moontlik mag toeskryf aan die 1995-simposium, want daar het 'n groot opbloei gekom in die skryfwerk van swart Afrikaanse skrywers, veral na die eerste demokratiese verkiesing in 1994. Daar was AHM Scholtz se debuut, ook diť van EKM Dido, SP Benjamin, Kirby van der Merwe, en 'n hele klompie skrywers wat deur Kwela Uitgewers uitgegee was; ook die verhale van oom Kallie Benjamin en van vroueskrywers soos Diana Ferrus. Na die 1995-simposium was daar ook die slypskool geborg deur Potch se ATKV-skryfskool, wat bygedra het tot die ontwikkeling van skrywers soos onder andere Willem Fransman (jnr) en ander wie se werk daarna in verskeie publikasies verskyn het, voordat hulle self werke uitgebring het.

JC: Na 10 jaar in 'n demokratiese Suid-Afrika, wat dink u gaan die doelwit van die 2005-simposium wees?

SVW: Verskeie onderwerpe sal tydens die simposium bespreek word. Een daarvan is "Swart/Afrikaans/skryf: die tweede dekade van demokrasie". Die hoop is dat die simposiumgangers sal reflekteer oor daardie tema. Gevestigde skrywers soos Peter Snyders, EKM Dido, SP Benjamin en Diana Ferrus sal spesifiek op die komende simposium gevra word om 'n kort inset te lewer oor wat vereis word van swart Afrikaanse skrywers in die komende jare, oor die belemmeringe, uitdagings, knelpunte en geleenthede wat vir swart skrywers bestaan om te skryf.

Ek dink dat 'n groot gesprekspunt sal wees waarom daar deesdae so 'n afplatting is in die skryfwerk van swart Afrikaanse skrywers. Daar was 'n groot opbloei na 1994, maar nou is daar so 'n stilte. Ek kan nie onthou wanneer daar laas 'n titel van 'n swart skrywer verskyn het nie. Daar is natuurlik mense wat wel aan manuskripte skryf, maar mense moet hierdie vraag op die simposium deurgrond waarom daar nie 'n opbloei van skryfwerk van swart Afrikaanse skrywers is nie, veral as 'n mens in gedagte hou dat daar in hierdie tyd groter geleenthede is vir die skrywers om manuskripte voor te lÍ.

Dan is daar ook 'n paneelsessie wat die vraag vra of Afrikaans 'n tuiste vir almal is.

Die een voordeel van hierdie simposium in 2005 is dat dit weer 'n keer 'n klompie stemme bymekaar gaan bring wat deel is van die Afrikaanse taalgemeenskap, maar wat nie dikwels met mekaar in gesprek tree nie. Mense reageer in verskeie media, maar daar is nie 'n eintlike gesprek met mekaar aan die gang nie. Dit is ook juis 'n antwoord op die vraag wat gestel word oor waar is die stem van die swart/bruin Afrikaanssprekendes? Hoekom tree hulle nie toe tot die Afrikaanse debat nie? Hoekom is hulle nie meer kragdadig ten opsigte van eise oor Afrikaans nie? Dit is 'n geleentheid om tot daardie gesprekke toe te tree.

Dit is belangrik dat verskeie leidende meningsvormers in die Afrikaanse diskoers op die simposium bymekaar gebring word om vanuit 'n ander perspektief oor gedeelde kwessies te praat.

JC: Watter nuwe en breŽr onderwerpe kan mense na uitsien op die komende simposium?

SVW: Ek wil nie die simposium vooruitloop nie, maar die organiseerders kan hoop dat mense sal bespreek hoe ontwikkelinge in die Suid-Afrikaanse maatskappy swart skrywers raak. Die groot debat rondom Afrikaans mag weer as punt voorkom op die simposium. Dit word in 'n groot mate nog oorheers deur wit stemme. Dit sal interessant wees om te sien hoe swart skrywers reageer op die debat. Die vrae rondom identiteit en die diskoers rondom "bruin" wees, teenoor "swart" wees, kan ook verwag word. Daar is baie stemme wat opklink vir 'n groter aanspraak op 'n "bruin" identiteit. So, die vrae rondom identiteit sal definitief nog op die voorgrond wees, maar daar is talle ander uitstekende temas wat bespreek gaan word. Ook die jonger stemme sal aan bod kom, met mense soos Denver Vraagom van 7de Laan en Jerome Topley van RSG wat vanuit hul ervaring sal besin oor wat die toekoms vir jong Afrikaanssprekendes inhou.

JC: Dink u dat daar by die jonger generasie Afrikaanssprekendes ín gebrek is aan kennis oor daardie ouer generasie swart Afrikaanse skywers weens 'n tekort aan blootstelling in die skole of die opvoedingsstelsel?

SVW: Ek dink dat in die uitbou van 'n literÍre korpus soos Swart Afrikaanse Skryfw ReisNet: Kobus Prinsoo se kampkoorserk, kanonisering en argivering van daardie diskoers 'n belangrike strategie is. Die manier waarop daardie korpus op skool en universiteit onderrig sal word, hoe leerders bewus sal word van die eiesoortigheid van Swart Afrikaanse Skryfwerk, sal ook help om 'n diskoers daaroor te ontwikkel. Die simposium bied juis geleentheid vir 'n aantal vakkundige referate van bekende literatore en sal dus die wetenskaplike beskrywing van die korpus 'n hupstoot gee.

JC: Baie dankie, prof Van Wyk, en voorspoed met al die reŽlings wat nog vir die simposium voorlÍ.

SVW: Baie dankie vir die onderhoud. Kan ek ook net noem dat mense wat die simposium wil bywoon, vir Janine Pekeur skakel by 021-9592112, of 'n e-pos stuur na jpekeur@uwc.ac.za of na my by svanwyk@uwc.ac.za.

Lees ook NŤlleke de Jager se bydrae: Waar is die nuwe generasie swart Afrikaanse skrywers?, en Willem Fransman Junior se antwoord: Verwyder net eers die struikelblokke vir swart Afrikaanse skrywers!





LitNet: 07 Oktober 2005

Wil jy reageer op hierdie onderhoud? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.