Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Waar is die nuwe generasie swart Afrikaanse skrywers?

Nlleke de Jager*

You can only be a proper grown-up publishing house in this country if you publish the very best of home-grown fiction.
Nicholas Pearson, Britse uitgewer van Vikram Seth se A Suitable Boy en Jonathan Franzen se The Corrections*1

Fred Khumalo, n bekende rubriekskrywer en joernalis van Sunday Times, het n paar weke gelede n hond in die hoenderhok losgelaat met sy vraag: Waar is die nuwe generasie swart skrywers in Suid-Afrika? Is daar werklik n nuwe golf post-1994 swart skrywers wat dui op n nuwe literre bewussyn? Of misgis ons ons? Nogal gewaagde woorde, veral van iemand wat self lid is van die swart skrywersgeledere. Sy presiese slotwoorde: Personally, I think the new wave of black writing is still a mirage, still so far in the future that it would be premature to celebrate it now (21 Augustus 2005: 19).

Khumalo het n punt beet. Dit het my ook opgeval dat daar met die aankondiging van die 2005 Sunday Times-boektoekennings slegs twee swart*2 skrywers op die kortlys was, onder wie Chris van Wyk met sy hoogs leesbare Shirley, Goodness and Mercy (Picador Africa). Die wenners van albei kategorie was twee wit mans. En hiermee probeer ek geensins die meriete van di twee tekste bevraagteken nie beide Justin Cartwright en Jonny Steinberg is uitsonderlike skrywers maar die vraag bly staan: Het die kanoniserende hand van uitgewers, boekjoernaliste en keuringskomitees van literre pryse dan so min verander sedert 1994? Of l die probleem dalk elders?

Ek sou graag dat ons die kwelvrae wat Khumalo opper, ook rig op die huidige stand van die Afrikaanse boek- en skrywersbedryf. En ja, laat ek nou maar duiwelsadvokaat speel: Waar is die swart Afrikaanse skrywers van vandag? Kan ons in 2005 enigsins praat van n nuwe golf swart skrywers wat die Afrikaanse kanon in n nuwe rigting dwing?

Kwela Boeke is wyd bekend vir sy bydrae tot die groter Afrikaanse boekebedryf sedert sy totstandkoming in 1994. Danksy die verbysterende inisiatief en deursettingsvermo van stigteruitgewer Annari van der Merwe is verskeie voorheen verswe stemme tot publikasie gebring. Ek noem enkele voorbeelde:

Prosa
AHM Scholtz: Vatmaar (1995)
AHM Scholtz: Langsaan die vuur (1996)
EKM Dido: Die storie van Monica Peters (1996)
Karel Benjamin: Staan uit die water uit (1996)
EKM Dido: Rugdraai en stilbly (1997)
Clive Smith: Bly te kenne, Braam (1997)
AHM Scholtz: Afdraai (1998)
Joseph Marble: Ek, Joseph Daniel Marble (1999)
Karel Benjamin: Pastoor Scholtz trek sy toga uit (1999)
Kirby van der Merwe: Klapperhaar slaap nie stil nie (1999)
EKM Dido: n Stringetjie blou krale (2000)
EKM Dido: Die onsigbares (2003)

Posie
Loit Sls: My straat en anne praat-poems (1998)

Dan was daar ook n verskeidenheid kortverhaalbloemlesings (sien onder meer Die stukke wat ons sny, saamgestel deur Hein Willemse, asook Keerpunt en Stroomversnelling, saamgestel deur Linda Rode en Jakes Gerwel), waarin skrywers soos Willem Fransman, Diana Ferrus, Beverley Jansen en Melvin Whitebooi opgeneem is.*3

As n mens egter die statistiek van nader beskou, blyk dit duidelik dat die oorgrote meerderheid Afrikaanse fiksie deur swart skrywers by Kwela in die periode 1994 1999 verskyn het.*4 Hierna raak die stroompie al hoe minder: dis slegs Dido wat twee romans sedert 1999 die lig laat sien het.

Hoeveel werk van swart skrywers is die afgelope vier of vyf jaar deur ander Afrikaanse uitgewers uitgegee? Ek vermoed Rudi MR Venter van die program Uitgewerswese aan die Universiteit van Pretoria sal tydens die Derde Swart Afrikaanse Skrywersimposium met behulp van sy Produksiedatabasis van Afrikaanse fiksie meer detail kan verskaf, maar afgesien van enkele inisiatiewe van Lapa, Protea, Tafelberg en Human & Rousseau bly die hoofindruk waarmee n mens gelaat word, dat swart Afrikaanse skrywers in die jaar 2005 steeds nie n gentegreerde deel uitmaak van die gevestigde Afrikaanse literre bedryf nie.

Dit bring my terug na my aanvanklike vraag: Waarom het daar so min boeke van swart Afrikaanse skrywers sedert 2000 verskyn?

In Khumalo se genoemde artikel verwys hy onder meer na die redes wat Sandile Memela, skrywer van Flowers of the Nation (KZN Press, 2005), aanvoer vir die gebrek aan gepubliseerde swart skrywers: The scarcity of black writers has to do with the fact that the publishing world is not ready for some of the stories such writers have to tell. The truth in them is too bitter.

Vraag: Is Memela se woorde geldig, ook wat betref die gebrek aan swart Afrikaanse skrywers?

Miskien moet ons, om mee te begin, n oomblik stilstaan by die uitgewer as kanoniserende instrument.

n Redakteur moet noodgedwonge dag na dag bewus wees van die onderliggende ideologiese verwysingsraamwerk waarop sy/haar uitgeebesluite berus. n Mens kan nooit wegkom van die seleksie- en siftingsproses waarmee jy daagliks worstel nie. En hoewel jy nie as joernalis feite doelbewus of onbewustelik manipuleer nie, speel persoonlike voorkeur en denkpatrone sonder twyfel n rol. Sekere tekste, sekere stemme word gekies om in boekvorm uitgegee te word en die res word afgekeur. Die vraag is dus of die rede vir afkeuring, soos Memela dit stel, is omdat die waarheid te bitter is? Omdat die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf (en dus lesersmark) nie gereed is vir skrywers se stories nie? Omdat hul denkpatrone steeds te nougeset is?

Ek stem nie volkome saam met Memela se argument nie myns insiens is sy redes n oorvereenvoudiging van die dilemma. Ek sou s die meeste plaaslike uitgewers is maar te gretig om nuwe stemme wat ander, alternatiewe verwysingswrelde oopskryf uit te gee. Wat Kwela betref, ons sif daagliks deur die stapels manuskripte wat ingestuur word, op soek na verrassende, nuwe werk tekste wat, hoewel dit miskien aansienlike sorg en aandag nodig het n vernuwende bydrae tot die huidige kanon van Suid-Afrikaanse literatuur sal lewer.*5

Ek kan egter begryp waarom daar n mate van sinisme teenoor die bedryf by plaaslike swart (ook Afrikaanse) skrywers is. Hoeveel ht die profiel van die gemiddelde redakteur, bemarker, boekkoper, leser en resensent in die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf verander sedert 1994? Let byvoorbeeld op na die literre kritici se negatiewe reaksie op Niq Mhlongo se Dog Eat Dog (Kwela, 2004). Ja, die teks het inderdaad leemtes, maar hou in gedagte: dit is n debuut, en tweedens, let op watter positiewe reaksie Niq van jonger veral swart lesers ontvang. Hier verskyn uiteindelik n boek wat tot n jonger generasie swart lesers spreek, n roman wat hul denkwreld weerspiel en verwoord.

So, ja, daar is inderdaad groter transformasie nodig binne die algemene uitgewers- en wyer boekebedryf en, hiermee saam, ook groter deernis vir nuwe, ontluikende talent.

Maar ten spyte van di struikelblokke stem ek nie saam met Memela se veralgemening nie. Ek is vas oortuig daarvan dat die boekebedryf in 2005 veel meer bewus is van die aktiewe kanoniserende rol wat hulle speel as byvoorbeeld in 1985. En om weer eens direk na Kwela se uitgeefilosofie te verwys: dit is inderdaad ons missie om voortdurend die huidige hegemonie te probeer destabiliseer met die uitgee van andersdenkende, vernuwende werk van gehalte.

*

Naas bogenoemde kanoniserende faktore sou ek graag twee ander redes wou aanvoer vir die skaarste aan gepubliseerde swart Afrikaanse skrywers: te min manuskripvoorleggings, en tweedens: steeds n gebrek aan genoegsame skrywersontwikkeling en -begeleiding.

Van die sowat 30 of meer manuskripte wat ons per maand by Kwela ontvang, is slegs 15 persent of minder daarvan in Afrikaans, en hiervan is dikwels die helfte algemene niefiksie of posie.*6 Kwela se beleid was nog altyd, en is nog steeds, om nooit n manuskrip af te keur sonder meegaande lesersterugvoer nie. n Doelbewuste poging, dus, om herskrywing en skaafwerk aan n manuskrip aan te moedig. Daarbenewens word handgeskrewe manuskripte ook toegelaat en dis altyd interessant om te sien in watter mate die aard en inhoud van n handgeskrewe teks verskil van di van n getikte manuskrip.

Ek vind dit egter kommerwekkend dat daar oor die algemeen so min manuskripte van swart Afrikaanse skrywers voorgel word. Om en by 70 persent van Afrikaanse manuskripte wat gewoonlik na Kwela gestuur word, is deur wit skrywers. En van die swart skrywers wat wel voorleggings doen, is amper 85 persent mans.*7 Die vraag is natuurlik: Hoekom? Meen swart vroueskrywers dat skryf nie n geldige uitlaatklep is nie? Of dalk die teenoorgestelde dat swart vroue voel hulle het geen reg om hul tot papier te wend nie? Dit blyk n tjoepstil segment van die Afrikaanse samelewing te wees. Waarom, moet n mens jou afvra?

Interessant genoeg was di gebrek aan swart Afrikaanse skrywers ook iets wat my destyds by SkryfNet, NetFiksie en PosieNet op LitNet opgeval het. Hier moet n mens egter dadelik besin in watter mate die internet nog nie n toeganklike medium is vir die bre lesers- en skrywerspubliek nie. Dit kan moontlik die rede wees waarom voorleggings vir SkryfNet, PosieNet en LitNet oorheers word deur wit aspirantskrywers.*8

n Ander moontlikheid is dat die meeste swart Afrikaanse skrywers hul deesdae eerder tot Engels wend. Is skrywers so vervreem van Afrikaans dat Engels n meer toeganklike en minder verpolitiseerde medium verteenwoordig? Dit is byvoorbeeld opmerklik hoeveel van die jonger generasie Suid-Afrikaanse skrywers toenemend wegskram daarvan om in hul moedertaal te skryf. Tydens die Young Voices-skrywersberaad gedurende 2004 het verskeie van die Nguni- en Tsongaskrywers verkies om hul bydraes eerder in Engels as in hul moedertaal te lewer, ten spyte van die feit dat veeltaligheid tydens die beraad aangemoedig is. Is dit omdat hulle meer gemaklik voel in Engels, of omdat hulle meen meer lesers bereik sal word? En geld dit dus ook vir swart Afrikaanse skrywers?

Algemene uitgewerstatistiek dui daarop dat sowat een uit elke agt tot tien manuskripte wat deur die publiek ingestuur word, belofte toon. Doen n mens die nodige somme, lewer algemene manuskripvoorleggings deur swart Afrikaanse skrywers jaarlikse maar n handjie vol belowende talent op. En onthou, skaafwerk aan n manuskrip is nie net n asimptotiese proses nie, dis by tye n reusedobbelspel. Nie alle belowende manuskripte word uiteindelik boek nie. Kommerwekkend inderdaad.

Desnieteenstaande, of juis vanwe bogenoemde keuringstatistiek, kan plaaslike uitgewers slegs baat vind daarby om hand aan hand met skrywer en teks te loop in n poging om die algemene kanon van Suider-Afrikaanse literatuur te verbreed. Kwela Boeke bestee duisende rande per maand aan keuring. En as n mens die skryfgeskiedenis van verskeie Kwela-publikasies van nader ondersoek, blyk dit gou hoeveel van di boeke oor n periode van jare herskryf is in samewerking met n uitgewer/redakteur.

Daar is egter geen voorskrifte wat bepaal dat uitgewers skrywersbegeleiding hoef te doen nie. In Brittanje, byvoorbeeld, word die rol van skrywersbegeleier deur agente vervul, juis vanwe die ooraanbod van aspirantskrywers en natuurlik ook vanwe hul gesonde boekebedryf. In Suid-Afrika is die mark te klein vir agente, en dit plaas dus ekstra druk op alreeds oorlaaide uitgewers. Finansieel is dit ook n duur onderneming problematies in n bedryf waar winsmarges alreeds so klein is.

En tog, om te woon in n land waar dekades van onreg elke dag steeds vlak voor ons o afspeel, het n uitgewer myns insiens n verantwoordelikheid om verswe stemme te help praat. Ek sou dit graag as n uitdaging aan alle Afrikaanse uitgewerye wou stel Kwela inkluis om steeds meer intensiewe begeleiding aan skrywers te bied. Bowenal aan swart skrywers. Dit is miskien elf jaar sedert transformasie in Suid-Afrika n aanvang geneem het. Maar niks verander oornag nie. Ook nie n boekebedryf nie.

*

n Laaste paar opmerkings oor di vraagstuk. n Mens is geneig om heel eerste te praat oor swart Afrikaanse skrywers, maar as noodgedwonge kommersile uitgewer moet ek my ook afvra: Waar is die swart Afrikaanse lesers? Hoe lyk hulle? Wat koop hulle? En wat lees hulle? En miskien die belangrikste van alles: Wat lees die jonger lesers? Wie is hul skrywersrolmodelle, indien enige?

Daar is onlangs weer gerugte dat die Departement van Onderwys geen nuwe voorleggings gaan oorweeg vir letterkundige werke vir graad 11 en 12 nie.*9 Die argument wat aangevoer word, is dat skole met behulp van eie skoolgelde leesboeke kan aankoop, of kan staatmaak op huidige voorraad. En dit terwyl dieselfde stokou voorraad steeds jaar na jaar voorgeskryf word. Hoe affekteer n besluit soos di n ontluikende skrywersgemoed van graad 10 of 11? Watter indruk laat dit by jong skryftalent as daar, afgesien van enkele name, geen nuwe swart Afrikaanse skrywers is nie? Daar is in die verlede genoeg skade aangerig aan die opvoedkundige stelsel van hierdie land. Skrywers word nie oornag soos sampioene gekweek nie. Dit neem tyd en n hoogs kreatiewe milieu om nuwe talent te ontwikkel. n Mens kan net hoop en bid dat daar ook uit regeringsoorde meer toewyding tot n skryf- en leeskultuur sal wees. Nie net in Engels nie, maar ook in die ander tien Suid-Afrikaanse landstale.

Die verantwoordelikheid om die huidige Afrikaanse letterkunde te verruim, berus by uitgewer sowel as skrywer, en indirek ook by die boekkoper (insluitende die staat oftewel die Departement van Onderwys). Hopelik sal ons by die Vierde Swart Afrikaanse Skrywersimposium die oplewing van swart Afrikaanse skryfwerk kan vier. Ek is vas oortuig daarvan die talent is daar. Om terug te kom na Nicholas Pearson se woorde aan die begin van di dokument: n Uitgewer is slegs n volwaardige uitgewer wanneer dit die heel beste van inheemse fiksie uitgee. Ek dink ons het almal Kwela inkluis nog n entjie om te gaan.


1. The Bookseller, 9 September 2005:20.
2. Vir die doeleindes van hierdie dokument sal ek volstaan by die Derde Swart Afrikaanse Skrywersimposium se omskrywing van swart as insluitende beide swart en bruin skrywers, hoewel ek nie 100 persent met di definisie saamstem nie.
3. Ons moet egter ook in gedagte hou dat Kwela Boeke tot op hede aansienlik meer Engelse as Afrikaanse publikasies uitgegee het. Die onderskeid was tot en met 2004 sowat 80/20 persent tussen Engels en Afrikaans. Hopelik sal die lys geleidelik n meer eweredige verdeling toon.
4. Vir die doeleindes van hierdie dokument word slegs gefokus op volwasse Afrikaanse fiksie. n Deeglike studie kan gerus ook gemaak word van swart verteenwoordiging in Afrikaanse jeuglektuur, en ook niefiksie.
5. Een voorbeeld hiervan is Simo Kikamba se debuutroman, Going Home, wat pas verskyn het. Dit is geskryf deur n Angolese immigrant en sover ek weet, is dit die eerste keer dat n Afrika-immigranteverhaal plaaslik uitgegee word. Die skrywer het drie jaar lank geskaaf aan sy teks, onder begeleiding van destydse Kwela-redakteur James Woodhouse.
6. Hiermee probeer ek geensins suggereer dat ons huiwer om posie uit te gee nie inteendeel maar vanselfsprekend bereik n roman n wyer lesersmark.
7. Dit is iets wat my destyds ook by Tafelberg-Uitgewers opgeval het. Een uit elke tien manuskripte deur swart skrywers is deur n vrou.
8. Ek vermoed dieselfde geld by nagraade skryfskole soos di van Universiteit van Kaapstad, Stellenbosch en Potchefstroom. Hoe lyk die profiel van nagraadse aspirantskrywers, sou n mens kon vra? En indien merendeels wit, waarom? Is dit slegs vanwe die duur inskrywingsgeld?
9. Die jongste voorleggingsdatums vir graad 11-materiaal is 31 Januarie 2006.


Bibliografie

Bone, Alison. 2005. The fourth dimension in The Bookseller. 9 September 2005:20.
Khumalo, Fred. 2005. Free at last, but slow to fly in Sunday Times. 21 Augustus 2005:19.
Kwela Boeke. 2005. Keuringsdatabasis (19992005)
Kwela Boeke. 2005. Publikasielys (19952005).

*Nlleke de Jager is sedert Januarie 2005 uitgewer by Kwela Boeke. Sy was voorheen uitgewer van populre fiksie by Tafelberg, waar sy onder meer vier nuwe liefdesverhaaldrukname gevestig het. Gedurende di tydperk het sy ook die Nuwe Stemme-projek geloods. Sy was jare lank ook redakteur van PosieNet en NetFiksie op LitNet, en gedurende die tweede helfte van 2004 sameroeper van Young Voices: the 2004 South African Online Writers Conference, n LitNet-skrywersberaad waaraan 55 skrywers van 35 jaar en jonger deelgeneem het.


LitNet: 12 Oktober 2005

boontoe / to the top


NOT FOUND